cure-real
Page 2 of 5 FirstFirst 12345 LastLast
Results 16 to 30 of 65

Thread: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

  1. #16

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    .....of onder 'n boom
    My gunsteling plek vir kerk-hou : onder 'n boom, in die veld !

  2. #17

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    My gunsteling plek vir kerk-hou : onder 'n boom, in die veld !
    Myne is op die Berg van Saligspreking. 'n Asemrowende uitsig oor die See van Galilea.


  3. #18
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Ek dink julle skiet vir Johnny bietjie vinnig hier af. Daar is in my opinie meriete in sy bekommernisse. Is die kerk die plek vir die kommersile wreld of moet dit 'n kern wees waar mense lering ontvang en toegerus word om die evangelie te verkondig?

    Vriende, ek weet ons s maklik hier ons moet nie die baba met die badwater uitgooi nie, maar waar begin mens die streep trek? By partytjies in die kerk? Partytjies onder alkohol? Dis tog seker reg, of soos een van ons vorige deelnemers hier wat in my dorp woonagtig is of was my eendag met ontsteltenis ingelig het van my vorige gemeente waar hy 10 uur die oggend by die kerk aankom tydens hulle basaar en die dominee met 'n bier in die hand kry.

    Wat verstaan ons onder heilig wees, is die feit dat ons as as gemeentes (ek praat nie van geboue nie) heilig moet wees enigsins nog relevant? Wat is dit om heilig te wees in die tyd waarin ons lewe? Heilig wees is om eenkant gesit te wees, nie net eenkant gesit nie maar ook diensbaar vir iets. Vir wat is die kerk eenkant gesit en diensbaar gemaak? Vir God, vir sy evangelie, dit moet die kern wees van ons bestaan as gemeente, as globale kerk, nie om die wreld te vermaak nie, maar om die wreld te bedien met die transformerende evangelie van ons Here Jesus Christus. Maar ons is so besig om die bokke te voer binne ons kerkgeboue, dan die skape besig is om honger te ly.

    Vriende, dis tyd om ons te bemoei met die evangelie en die lering en voeding van God se kinders, net met elke nuwe foefie wat op die toneel verskyn nie. Ja ek verstaan, die SWC was "A once in a lifetime". Maar wat gebeur wanneer die volgende "Once in a lifetime" verbykom, daar gaan altyd iets anders wees om die aandag af te trek van ons roeping en beleidenis as 'n heilige algemene Christelike kerk.

    Nee, sport is nie verkeerd nie, maar hierdie land verafgod sport en dit was vir my meer as duidelik gedurende hierdie SWC, ek geniet my sport soveel soos enigeen hier, ek het byna elke wedstryd gekyk, maar daar is 'n lyn en jy sal binne jou verhouding met God weet waar daardie lyn vir jou getrek is. Johnny trek die lyn in die verband vir my op 'n baie gesonde (voorkomende) plek, ek ondersteun hom daarin, vir jou is die lyn dalk elders, ek stem nie saam met jou nie, maar gaan jou nie daaroor aanval nie, hoekom moet julle die een wat die konserwatiewe lyn trek aanval?

    Komaan mense, is dat wat ons as gemeenskap van heiliges op hierdie webwerf geword het?

    Ek kan my nie indink ons maak so met mekaar nie.

    Dit is natuurlik van my kant af net 'n observasie, jy mag van my verskil, ek val nie aan nie, dis bloot 'n poging om 'n ander perspektief te bring na 'n draad wat in my opinie baie eensydig is. Skies Tante A, daar kook ek toe nou seker weer die ketel oor

  4. #19

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Phil,
    Wat jou plasing betref het alles wat jy skryf met betrekking tot "die kerk" meriete. Ek praat hier net van myself as ek s dat ek verby die punt is waar ek 'n bestaande kerk wil verander in iets wat ek dink miskien reg kan wees. Ek het daardie paadjie probeer stap met 'n kerk so 'n jaar terug, en is so ontnugter in die proses dat ek die kerk waarin ek groot geword het verlaat het, om tot vandag toe nie weer my voete daar te sit nie. Dit was, om dit sagkens te stel, 'n traumatiese ervaring.
    Die proses het egter my denke rondom die begrip "kerk" radikaal verander. Vir my gaan kerk nie oor die gebou, die dogma of die liturgie nie. Vir my is die kerk, die ware kerk, daardie kern van ware gelowiges wat natuurlik versprei is oor duisende gemeentes, denominasies, volke en tale. Ek glo nie dat ek afgestomp geraak het vir die waarheid nie, dit is meer 'n geval dat ek dit wat nog kosbaar en suiwer is onder die mense graag wil koester en so wil hou, al is dit net in my onmiddelike sfeer van invloed waar ek dit reg kry.

    Om egter met gif om die lippe al wat 'n kerk is sleg te wil maak, raak vinnig oud, en al wat bereik word is om mense weg te dryf, en in die proses 'n geleentheid om die Waarheid met hulle te deel te laat verlore gaan. Ek vermoed dit is wat jy raaksien hier op Lighuis : nie 'n ontkenning nie, maar eerder 'n reaksie op iets wat in honderde poste oor en oor geskryf word : die gif sonder die tegif as te ware. ( Alles bogenoemde is egter my eie opinie en moet glad nie as dogma aanvaar word nie ! )

  5. #20
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Fila

    Ek hoor wat jy s en begryp baie goed die konteks waarbinne jou laaste paragraaf geskryf is, ek kyk egter na hierdie draad op sy eie meriete en dit gaan nie oor die persoon wat die standpunt neem nie, maar oor die standpunt hier. Ek verdeding die benadering tot hierdie saak vanuit 'n meer konserwatiewe beskouing, een waar ek met my eie ontnugtering uit die kerk is waarin ek groot geword het oordat die lyne heeltyd geskuif is en kompromie later meer sigbaar geword het as om standpunt in te neem.

    Daar is sekere goed wat vir my nie in die kerk hoort nie, en een van daardie goed wat my nogals grief is vermaak. En ek praat hier van kerk in die sin van 'n byeenkoms van belydende gelowiges. Ons probeer mense bymekaar hou deur die vir hulle aangenaam te probeer maak om met "kerkdinge" besig te wees. In my vorige gemeente (ja, die een waar ek laaste was, ek is alweer in ballingskap ) was ons meer mense bymekaar vir gemeente etes op Saterdae as wat daar Sondae in die kerk was. Ek het dit in jeugbediening ervaar, as die vermaak nie daar is nie, dan kom die kinders nie, dit spruit bloot net voort vanuit hul ouerhuise waar vermaak die sentrale punt geword het. Nou weier ek om 'n kompromie te maak Vrydaeaande deur te speel en nie lering vir die kinders te gee nie, en die mense rondom my word kwaad, want die getalle is nie daar nie.

    Ons moet vermaak uit die prentjie haal in totaliteit. Die wat dienste toe kom waar nie vermaak word nie, maar waar lering gegee word, is die wat 'n begeerte het na redding of lering en geestelike groei, gee vir hulle lering, nie vermaak nie. Voer die skape.

    Die wat dan nie kom nie, wou gekom het vir die vermaak, hulle is jou gemeente se onmiddelike sendingveld, bedien hulle met die evangelie en bid die Here vir 'n werking van die Heilige Gees in hul lewens. Tyd is min vriende, tyd is min, daar is nie tyd vir speletjies speel meer nie.

  6. #21

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Phil,
    Ek kan allerhande dinge kwytraak soos dat vermaak per se' nie 'n slegte ding is nie, en ek glo daar is baie hier wat so voel, maar omrede ek presies dieselfde dinge as wat jy beskryf ervaar het, en nog steeds ervaar, kan ek nie anders as om 100% saam met jou te stem nie. Om realiteite in die gesig te staar is nie altyd 'n lekker ding nie.

  7. #22
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Phil ...

    ... as ek mag vra ..... as ons as gelowiges nie vermaak onder mekaar kan deel nie, en kan gebruik as evangeliesasie geleentheid nie, waar moet ons dit kry ? ... ( LW ek praat nie van eredienste in vermaaklikheid omstel nie, maar ander geleenthede skep waar ons rustig kan saamkuier ) .......

    shalom
    m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  8. #23
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    En daarin stem ek ook 100% met jou saam Fila, vermaak is nie 'n slegte ding nie, maar lering bly primr. Ek is eerder bereid om vir tyd en wyl vermaak weg te pak en net lering te gee, sodat die bokke van die skape geskei kan word en ons die geestelike posisie van ons gemeentes kan herevalueer. Die alternatief van vermaak hou en lering wegpak, is vir my 'n ......... wag, hier kom dit.................. fatale fout . Maar ek is ernstig, die alternatief is gevaarlik.

    Hoe sou jy voel as ek byvoorbeeld sou voorstel mens doen juis so 'n doelbewuste skuif, juis as 'n siftingsprojek? Dit is nou teoreties natuurlik, ek kan nie pa staan vir elke gemeente in hierdie land nie.

  9. #24
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,018

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Net so klip in die bos, oor ons vryheid in Christus en wat dit prakties op neerkom. Daar is dinge wat my persoonlik net so bekommer soos wat Johnny voorhou en inderwaarheid verskil ek nie een aks met hom nie, maar iets wat soms afwesig is by mense, is om die kwaad te kan verdra en in daardie konteks kan mens maklik verby mekaar praat sou mens nie hierdie vryheid in ag neem nie. Omstandighede gaan soms bepaal hoe mens moet dink en optree, want alles is nie in graniet gegiet nie, want as dit was, kon die wet ons maar regverdig, maar nou moet mens in 'n verhouding met die Here staan en dan sal Hy jou wys, wanneer kan presies dieselfde ding reg wees en wanneer nie. Dit kan wees dat mens in 'n kroeg moet ingaan per geleentheid, om iemand daar aan te raak, maar as 'n rel kan gelowiges nie in kroe l nie. Alhoewel mens die kwaad moet en ook kan verdra en ook net soms soos nodig, beteken dit nie mens keur dit goed nie...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    its the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  10. #25
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Om aan te sluit by jou Ferdi, dit is die hele punt, elkeen moet getrou bly aan sy oortuiging en daarom is dit nie goed vir my om 'n ander te kritiseer wanneer hy 'n fermer lyn trek op 'n seker gebied nie, soos ek s, ek trek in baie opsigte redelike konserwatiewe lyne, volgens my oortuiging is dit gevaarlik om daardie lyne te oorskry, maar ek gaan nie skree heiden of afvallige wanneer iemand nie wandel binne wat ek noem my gesonde lyne van geestelike beskerming nie, so is dit ook nie reg vir iemand wat daarbuite beweeg om te skree wettisisme en uit die ouderdoos wanneer hulle nie saamstem met my op bepaalde normes en waardes nie.

    Ek moet net besef, aan die einde van die dag is dit 'n pad wat ons elkeen stap, ons noem dit heiligmaking en eendag sal ander wel besef ek is reg gewees............................................ ......asseblief, dit was absoluut tong in die kies ges, net 'n grappie

  11. #26
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,018

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Hi Phil,

    Hoe jy dink en redeneer is wat myself betref 100% in die kol. Ek glo egter dat geen enkele mens deurgaans oor alles reg kan dink, doen en redeneer nie en daarom moet daar balans wees, sodat alles in 'n liggaam kan funksioneer. Soms gaan een ou bietjie aan die slaap wees met 'n dwaling en soms gaan 'n ander een weer te gou wees om alles as dwalings af te maak. Dit is presies hier waar versigtigheid en omsigtigheid aan die dag gel moet word, want baie van hierdie verkeerde aanslae waarin almal van ons minder of meer skuldig is, kan goed hanteer word as daar lankmoedigheid is om te verstaan hoe iemand voel of redeneer. Elkeen moet besef dat mens as gelowige in 'n liggaam moet funksioneer en dat ons mekaar aanvul, waar een soms te verdraagsaam mag wees en miskien 'n 'false burden' dra en ander weer 'false burdens' skep, omdat hulle te gou tot konklusies kom. Dit werk maar na weerskante toe vir elkeen van ons en mens moet tog op 'n punt vertroue in mede-gelowiges vind, sodat mens op die regte tyd vermaan en op die regte tyd opbou. Al hierdie dinge is net moontlik, as Jesus in ons leef en Hy leef net in ons op die wyse wat bestem is Hy moet leef, as mens elke liewe dag by die kruis kom, sodat Hy vrder in jou kan leef. Mens moet die Here in mense vertrou en tog het Jesus vir Petrus ges, gaan weg agter my satan, toe Petrus buite God se wil was.

    Ons bly afhanklik van die Here en as mens hierdie afhanklikheid kan leef teenoor ander (dis maar 'n toets vir almal van ons), sal mens veel minder sensitiwiteit wek in mense wat met lang tone rondloop waarop almal trap...




    (NS: Sien die lang tone net in konteks, want as die evangelie onverdund verkondig word, trap mens maar op tone...)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    its the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  12. #27

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Ek glo dat die waarheid nie vandag meer die aanvaarbare norm in 'n kerk is nie.

    1.) Hoe sterker waarheid gepreek word, hoe kleiner word die gemeente.
    2.) Hoe minder "entertainment" aangebied word, hoe kleiner die gemeente.
    3.) Hoe meer daar oor sonde en bekering gepraat word, hoe kleiner die gemeente.

    Iemand noem dat die skape van die bokke geskei word. Daar kom 'n tyd wanneer God die skape van die skape gaan skei. Hy se self as die gelowige KWALIK gered gaan word, want van die ongelowige. Ons weet ook dat net deur gelowig te wees nie goed genoeg is nie. Om gelowig te wees beteken nie iemand ken die GOD van die BYBEL nie!

    Ek is bevrees daar kom 'n MASSIEWE ontnugtering vir die "kerk" en baie "christinne" as hulle gaan uitvind hulle was nie waardig bevind nie.

    (Mat 25:12) Maar hy antwoord en s: Voorwaar ek s vir julle, ek ken julle nie.
    (Luk 13:25) Wanneer die eienaar van die huis opgestaan en die deur gesluit het, en julle begin buitekant te staan en aan die deur te klop en te s: Here, Here, maak vir ons oop—sal Hy antwoord en vir julle s: Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie.
    (Luk 13:27) En Hy sal s: Ek s vir julle, Ek ken julle nie waar julle vandaan is nie. Gaan weg van My, al julle werkers van die ongeregtigheid!

    Soos Phil se en wat ek al BAIE op die forum gese het......"Dit is tyd vir ons om uit die slaap wakker te word"

  13. #28
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    4,018

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Soos Phil se en wat ek al BAIE op die forum gese het......"Dit is tyd vir ons om uit die slaap wakker te word"
    Ek dink jy is 100% reg Johnny. Mense is werklik naef oor hoe dinge afspeel in die werklikheid, maar ek wil ook half en half glo dat daar mense is wat naef is oor die oordele wat hulle fel, wat soms prematuur is. Die mes sny na beide kante toe, maar dat jy reg is oor mense wat aan die slaap is en wat nie besef hoe laat dit geword het nie, kan mens sekerlik nie mee argumenteer nie...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    its the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  14. #29
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    1,994
    Blog Entries
    6

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Ek verstout myself en gaan nou bietjie van die draad af, maar wil dit tog net noem aangesien ek seker is dit is relevant tot hierdie draad.

    Ons moet versigtig wees om dieselfde liefde byvoorbeeld te gee aan die wreld as wat ons veronderstel is om aan ons broeders en susters in Christus te gee. Hierdie is 'n liefde waarvan Johannes baie duidelik melding maak in sy 3 sendbriewe, dit is 'n liefde IN WAARHEID. M.a.w. , hy praat hier vir 'n liefde wat funksioneer slegs binne die gemeenskap wat in die waarheid, in Christus is. Hierdie is 'n eksklusiewe liefde, wanneer iemand in wese begin afdwaal van die waarheid en op kern evangeliese punte verskil met die waarheid, dan kan ons nie daardie persoon met dieselfde terende vermaning benader soos vir 'n broer in Christus nie. Ons moet hom benader met die suiwer evangelie dan en toelaat dat die Gees van God hom tot oortuiging van sy verlore toestand bring. Dit is sover ons liefde tot daardie persoon strek, 'n bekommernis oor sy siel en in liefde word hy met die evangelie bedien, maar ek gaan hom nie vermaak binne die kring van die wat in die waarheid is om sodoende hom te probeer "wen" vir Christus nie, dit is die werk van die Heilige Gees.

    Met alle eerlikheid, 'n bok hoort nie binne die liefdes raamwerk van die skape nie, hy is nie deel van daardie trop nie, hy is nie in die waarheid nie, daar is 'n eksklusiewe liefde tussen die skape, tussen mekaar en met hul Herder, dit is wat Johannes na verwys as liefde in waarheid, om mekaar in waarheid lief te h, om mekaar lief te h in Christus, as mede erfgename van Christus. Dit is die hele konteks byvoorbeeld van 1 Joh 2 Joh en 3 Joh, hy skryf vir die ware kerk en hoe ek kan weet of ek deel is van daardie ware kerk en hoe daardie ware kerk kan herken wie nie deel is van daardie kerk nie, selfs al het hulle tussen die lede van die ware kerk uitgekom, hy waarsku ons om nie gemeenskap te hou met die valse nie, maar gemeenskap met die waarheid en die wat in die waarheid is.

    My kinders, laat ons nie liefh met woorde of met die tong nie, maar met die daad en in waarheid.
    1 Johannes 3:18

    Die ouderling aan die uitverkore vrou en aan haar kinders -- wat ek in waarheid liefhet, en nie ek alleen nie, maar ook almal wat die waarheid leer ken het;
    2 Johannes 1:1

    As iemand na julle kom en hierdie leer nie bring nie, ontvang hom nie in die huis nie en groet hom nie.
    Want die een wat hom groet, het gemeenskap aan sy bose werke.
    2 Johannes 1:10-11

    Die ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in waarheid liefhet.
    3 Johannes 1:1


    Ek dink dit is tyd vir onderskeiding, ons moet ophou bokke skape noem en die twee appart bedien, nie een met vermaak byvoorbeeld nie, maar die skape met voedsel vanuit die Woord en die bokke met die evangelie vanuit die Woord.

  15. #30

    Re: Wat is jou bydrae tot 2010 Sokker??

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Ek dink jy is 100% reg Johnny. Mense is werklik naef oor hoe dinge afspeel in die werklikheid, maar ek wil ook half en half glo dat daar mense is wat naef is oor die oordele wat hulle fel, wat soms prematuur is. Die mes sny na beide kante toe, maar dat jy reg is oor mense wat aan die slaap is en wat nie besef hoe laat dit geword het nie, kan mens sekerlik nie mee argumenteer nie...
    CFJ......ek bid elke dag vir genade dat ek waardig bevind sal word, want selfs ek twyfel baie keer of ek dit gaan maak. Selfs ek twyfel of ek "wakker genoeg" en gereed is vir daardie dag.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Mmc 2010
    By Francois Marais in forum Alles en nog wat
    Replies: 15
    Last Post: Jan 28th 2011, 05:35 AM
  2. Formula 1 2010
    By kistan in forum Solomon's Porch
    Replies: 3
    Last Post: Apr 28th 2010, 06:08 PM
  3. Asteroid 2010 GA6
    By napsnsnacks in forum End Times Chat
    Replies: 10
    Last Post: Apr 10th 2010, 02:34 AM
  4. A Blessed 2010 to you and yours
    By paidforinfull in forum Christian Fellowship
    Replies: 11
    Last Post: Jan 1st 2010, 05:50 AM
  5. Vee offerande? vir 2010 sokker??
    By Ta-An in forum Alles en nog wat
    Replies: 13
    Last Post: Nov 3rd 2009, 02:24 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •