
Originally Posted by
Phil Fourie
Dis dan heel eenvoudig, moenie gaan nie
Ek het 'n wesenlike probleem met so 'n uitlating, dit is arrogant, hoogmoedig en afbrekend teenoor die bediening van elke ware Christen in diens van God wat durf vir een oomblik sport kyk of ondersteun. Johnny, oppas dat jy nie die bruggie van heiligheid reeds oorgesteek het na skynheiligheid toe nie.
Maak moeite met die evangelie, geniet jou vryheid in Christus (en dit behels om sport ook te mag kyk, Paulus verwys baie na sport in vergelykings), klim van jou troontjie af en werk saam met ander in die koninkryk van God, jy is nie hierdie super Christen eiland nie, almal is altyd in 'n ander klas as jy, hoe nou? Romeine 14 leer ons, elkeen staan en val m.b.t. tot sy eie heer, en ons as kinders van God staan en val m.b.t. tot Hom en Hy sal ons staande hou. Ons word vermaan in daardie teksgedeelte om nie te oordeel oor die vryheid van 'n ander wat verantwoording doen voor sy eie Heer nie.
Bookmarks