Askies MODS
Ek is jammer, hierdie gesprek ontaard nou, ek gaan nie meer hier van die draad af gaan nie, indien julle dit nodig ag, ek sal nie sleg dink as julle al my plasings aan Johnny verwyder nie, dit voel of ek met 'n muur praat en dit maak my negatief en ek sien self dat die negatiwiteit besig is om oor te gaan in my plasings in.
Terug op die onderwerp:
Gisteraand verneem hier in Pietersburg is dit toe soos ek gevrees het. Dit klink my ons munisipaliteit is in 'n finansiële knyp, van wat ek hoor kan selfs die dames wat so mooi die strate skoon gehou het tydens die SWC nie eers betaal word nie. Vir nou erken ek, dit is hoorsê, ek sal probeer om agter die waarheid hier te kom en weer terugvoer lewer, maar dit klink vir my na 'n hartseer stand van sake, ek hoop werklik dit is nie die waarheid nie.









Bookmarks