Ek hoor vandag op die radio 90% van alle vroue se klerekaste is onderverseker. (Ek wou die draad eintlik daar by die koffiehuis geplaas het, maar nou mag ek mos nie!)
Hulle het nie een 'n idee van hoeveel al daai klere en skoene werd is nie! Maar, meen hulle, daar is waarskeilik 'n baie goeie verduideliking vir die toedrag van sake. Vroutjies koop partykeer (of baie keer) goedjies waarvan die prysetiket vir die man weggesteek word! Die beraming van wat dit werd is, is dus van die begin af onderwaardeer. Of gaan dit nie so by julle nie?




Reply With Quote



Bookmarks