cure-real
Results 1 to 4 of 4

Thread: Mammas wees versigtig !

  1. #1

    Mammas wees versigtig !

    Wat op dees aarde wou die man met die babatjie gemaak het ?
    Ons kry al hoe meer berigte van kinders wat probeer steel word, veral by plekke soos winkelsentrums waar 'n kind baie vinnig kan wegraak.
    Mamma : moet nooit ooit jou kind meer as 'n armlenge van jou laat dwaal nie, en moet nooit jou kind onder jou o uitlaat nie. As jy kan sit jou kind in die inkopiewaentjie, al hou hulle glad nie daarvan nie. (My kind is altyd ongelukkig daaroor, maar hy word nie die keuse gegun nie. )


    Ma red kind van grypdief

    2010-05-31 09:41







    Virginia Keppler

    n Jong ma van Mooikloof in die ooste van Pretoria het histeries geskreeu terwyl sy verbete aan haar seuntjie (2) se voetjie vasgeklou het om te keer dat n man hom deur haar stukkende motorvenster steel.

    Volgens die ma (22), n sielkunde-student wat uit vrees nie gedentifiseer wil word nie, was haar kind se hele lyf al deur haar motorvenster toe sy hom aan die voetjie gryp.

    Haar ma (42) het gister ges haar dogter het Vrydagaand tussen 18:00 en 18:30 in De Villebois Maruilweg by n rooi verkeerslig agter n ander voertuig stilgehou.

    ?n Man het van agter haar voertuig gekom, maar sy het gedink dit is n bedelaar. Haar deure was gesluit en haar vensters was toe, het die ouma huilend vertel.

    Volgens haar het die man tot by die voorste venster aan die passasierskant geloop en in die motor geloer.

    Die baba het op die voorste sitplek gel en was met die veiligheidsgordel vasgemaak. Hy wou net aan die slaap raak toe die man die venster met n vonkprop stukkend slaan en hom gryp. My dogter het hom aan die een voetjie beetgekry en hom teruggeruk.

    Sy het aanhoudend geskreeu terwyl sy aan haar baba se voetjie vasgeklou het. Sy het ges mamma, die Here was in die kar en het gehelp trek, want ek sou dit nie alleen kon doen nie.

    Sy het ges niemand, ook nie die mense in die motor voor haar, het probeer help nie.

    Terwyl die ma en die boef oor die kind baklei het, het sy aanhoudend geskreeu.

    Die man moes toe geskrik het, want hy het die baba gelos en weggehardloop. My dogter het dadelik na ons huis in Garsfontein (in die ooste van Pretoria) gery. Sy het my gebel en geskreeu: Maak oop die hek! Toe sy hier stop, het sy en die baba gehuil. My kleinkind was vol glasstukke.

    Sy het ges haar kleinkind was definitief die teiken, want haar dogter se skootrekenaar en handsak op die agterste sitplek was onaangeraak.

    My kleinkind is nou te bang om in n kar te klim. Hy kan nie slaap nie en s die heeltyd moet my seblief nie vat nie.

    Ek dink totdat die sokker verby is, is kinders nie veilig nie. Ons wil mense waarsku om versigtig te wees met hul kinders, het die ouma ges.

    A.o. Duane Lightfoot, polisiewoordvoerder, het ges die polisie was by die toneel. n Saak van opsetlike saakbeskadiging en aanranding word ondersoek.

  2. #2
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954
    Die motief van hierdie gryp-poging slaan my dronk . Soos enige poging tot 'human traficking' my dronk slaan. Ek dink so baie aan Madeline Mc Cann wat so 2 jr gelede as 3 jarige ook ontvoer is en net van die aardbol af verdwyn het. SO baie mense het wereldwyd gebid ,maar sy is nooit gevind nie... Al antwoord aan ouers met klein ( EN groot!) kinders: Vou hulle toe in gebed!!! Want die beskerming van die Allerhoogste is TOTAAL!

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,994
    Blog Entries
    10
    Indien jou kinders onder jou oe moet uit .... bedek hulle met gebed

    Ps91:11 want Hy sal sy engele aangaande jou bevel gee om jou te bewaar op al jou we.
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  4. #4
    Hierdie geval bevestig dit mooi dat daar "'n storie agter die storie" is. WAT WIL HIERDIE MENSE MET DIE KINDERTJIES MAAK ?
    Mamma kan nie regtig sonder een of ander vorm van selfverdediging rondbeweeg nie, pepersproei werk die beste en het min opleiding nodig om reg te gebruik. As julle meer inligting rondom dit wil h kan ek dalk 'n draad daarvoor oopmaak, of dit dalk hier bespreek.


    Kleuter byna by die skool ontvoer
    2010-06-09 09:36



    Virginia Keppler
    Beeld

    Johannesburg – 'n Ma van Rooihuiskraal in Centurion het kliphard gegil toe ’n man haar tweejarige dogtertjie voor haar kleuterskool in die parkeerterrein probeer gryp het.

    Die 33-jarige vrou, wat nie haar identiteit bekend wil maak nie, het Vrydagmiddag net n 16:00 haar dogters, vier en twee jaar oud, by die kleuterskool gaan oplaai.

    “My oudste dogter was ’n halwe meter voor my en die jongste was ’n halwe meter agter my. Die volgende oomblik het die man op my kind afgestorm en haar probeer gryp.

    “Ek het kliphard begin gil. ’n Ander ma wat in daardie stadium net by die kleuterskool se hek ingestap het, het omgedraai en na ons toe gehardloop.

    “Die man het ges hy wil my kind met haar sak help, maar ek het hom nie geglo nie en het aanhou gil. Toe die ander ma by ons kom het die man net verdwyn,” het sy vertel.

    Die eienaar van die kleuterskool het ges al die kinders by die kleuterskool se ouers is reeds gewaarsku om ekstra versigtig te wees.

    Intussen het die vakbond Solidariteit Helpende Hand ouers gewaarsku teen die gevare wat WB 2010 vir kinders inhou.

    “Suid-Afrikaanse skole sluit mre vir die duur van WB 2010. Baie kinders, veral in minderbevoorregte gemeenskappe waar min toesig is, gaan uitgelewer wees aan uitbuiting gedurende di tydperk,” het dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van Helpende Hand, ges.

    Volgens hom is kinders oor die algemeen meer blootgestel aan mishandeling, verwaarlosing en uitbuiting gedurende vakansietye wanneer daar niemand tuis is om na hulle om te sien nie.

    Langner het ges daar is ook ’n gevaar dat weerlose jong meisies in arm gemeenskappe as kinderprostitute gewerf kan word.

    Helpende Hand het opnuut geis dat die kinderbeskermingseenhede (KBE) heringestel word.

    Die KBE is in 2006 uitgefaseer om, volgens die regering, die diens meer toeganklik te maak vir gemeenskappe.

    ( BRON )

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Wees onderdanig...
    By Lanie in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 20
    Last Post: May 26th 2009, 09:27 AM
  2. Wees eensgesind!
    By Gene in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 4
    Last Post: May 8th 2009, 09:13 PM
  3. Kort getuienis vir alle mammas en oumas...
    By Lanie in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 2
    Last Post: Jan 28th 2009, 03:46 PM
  4. Pa wees en balans
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 22
    Last Post: Oct 14th 2008, 11:12 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •