cure-real
Results 1 to 2 of 2

Thread: Die lewende Bybel

  1. #1
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    1,516

    Die lewende Bybel

    Ek het die stukkie gekry en deel dit graag met julle.

    Anoniem het geskryf:

    Die lewende Bybel Sy naam is Billy. Hy het woeste hare, dra 'n T-hemp met gate in, jeans en geen skoene. Dit was letterlik sy hele klerekas vir die hele vier jaar op kollege. Hy is briljant en baie slim. Hy het 'n gelowige geword terwyl hy op kollege was.

    Oorkant die straat van die kollege kampus was 'n baie netjiese en baie konserwatiewe kerk. Hulle wil 'n bediening begin vir die kollege studente maar weet nie regtig hoe om dit te begin en uit te voer nie.

    Een dag besluit Billy om die diens in die kerk by te woon. Hy stap kaalvoet in die kerk met sy gewone T-hemp, jeans en wilde hare.

    Die diens het reeds begin en Billy het in die paadjie afgestap opsoek na sitplek in die kerk. Die kerk was vol gepak en daar was nie 'n enkele sitplek beskikbaar nie.. Van die gemeentelede lyk al redelik ongemaklik oor die student maar niemand sę 'n woord nie.

    Billy kom al nader en nader en nader aan die preekstoel en toe hy besef dat daar geen sitplek beskikbaar is nie maak hy homself tuis op die mat voor die preekstoel.

    Teen die tyd is die gemeentelede alreeds baie opgetrek oor die situasie en die atmosfeer is al so dik jy kan dit amper met 'n mes sny.

    Op die stadium besef die prediker dat een van die ouderlinge, van heel agter in die kerk, op pad is na Billy.

    Die ouderling is reeds in sy tagtigs, het silwer-grys hare en 'n drie stuk pak aan. 'n Godvresende man, baie elegant, statig en hoflik. Hy stap met 'n kierie en terwyl hy sy weg baan na die jongman sę elkeen vir hulself dat hulle nie die ouderling kan kwalik neem vir dit wat hy van plan is om te doen nie.

    Dit neem die ouderling 'n lang ruk om uiteindelik die jongman te bereik

    Hoe kan jy verwag van 'n man van sy jare en agtergrond om 'n jong student wat op die mat sit te verstaan?

    Die kerk is doodstil behalwe die geklik van die ouderling se kierie op die vloer. Alle oë is vasgenael op hom en die gemeentelede haal skaars asem. Die prediker kan nie eens aangaan met die preek totdat die ouderling gedoen het wat hy moes doen nie.

    Toe die ouderling by die jongman kom laat val hy sy kierie op die mat langs die jongman. Met groot moeite sak hy af en gaan sit langs Billy om te aanbid sodat die jongman nie alleen sal wees nie.

    Die hele gemeente voel hoe die emosies in hul opwel.

    Toe die prediker uiteindelik beheer oor sy eie emosies het, se hy: "Wat ek vandag gaan preek, sal julle nooit onthou nie. Wat julle so pas gesien het, sal julle nooit vergeet nie."

    "Wees versigtig hoe jy leef. Jy mag dalk die enigste Bybel wees wat sommige mense ooit sal lees."

  2. #2
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Dankie Kalahari!
    Ons het gesprek by kerk gehad tussen klomp van ons wat by Angus was die jaar oor wat doen ons nou om uit te gaan en te begin dien en dink die is deels antwoord of begin punt? Dis leefwyse en omgee vir ander never mind my image..
    1 ek en God
    2 ek en my vrou en ons met God ( Hy het ons immers saamgevoeg en een vlees gemaak )
    3 ons kinders ( ons het belowe )
    4 my familie - pa ma, broers susters, ooms tannies ens....
    5 gemeente waar betrokke is / werkplek / skool

    As ek en God reg is en ek en vrou reg is , dan sal kinders volg en kan ons familie en mense om ons dien en vir hulle ook "bybel" of Sy liggaam wees.
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Inligting Die wonder van die Bybel
    By Johnny in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 0
    Last Post: Oct 22nd 2009, 11:54 AM
  2. bybel in mp3
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 0
    Last Post: Apr 20th 2009, 09:01 PM
  3. Bespreking Wat se die Bybel oor Vas?
    By MG Van Wyk in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 6
    Last Post: Feb 27th 2009, 11:24 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •