Your Advert here
cure-real
Results 1 to 6 of 6

Thread: Bid vir Mesiaanse Jode

  1. #1
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700

    Bid vir Mesiaanse Jode

    Hulle is ook ons broers en susters in Christus. Ongelukkig is daar 'n "stigma" op die afrikaanse forum dat ALLE Jode Jesus verwerp. Hartseer.....

    Shalom Chaverim,

    Hierby aangeheg is 'n hartseer-verhaal van 'n Messiaanse Jood wat deur sy gemeenskap verwerp word net omdat hy Y'shua (Jesus) aangeneem het in sy lewe. Hierdie is een van baie sulke soortgelyke verhale wat werklik plaasvind. Baie Jode kom die afgelope jare tot bekering en besef dat Y'shua (Jesus) is hul Messias. Maar hierdie mense word soms deur wrede maniere deur hul families, vriende en gemeenskap verwerp. Tog is daar 'n toename in Messiaanse Jode veral in Israel in die laaste jare soos daar nog nooit voorheen was nie. Alles tekens van die naderende einde.......

    Ek self het in die hartjie van Jerusalem een aand so 'n Messiaanse gemeente se diens bygewoon. Wat 'n belewenis. As Jode hul Messias ontdek, is daar geen keer aan hulle nie en gaan hulle voluit vir Y'shua (Jesus) ten spyte daarvan dat hulle alles (hul gesin, hul familie, hul vriende, hul werk ens.) in die proses kan verloor.

    Ons as gelowiges moet ernstig bid en intreë vir elke Jood wat Y'shua as Sy Messias aanneem maar ook moet ons bid vir die Jode wat nog geblinddoek is. Veral moet ons bid vir die Messiaanse Jode se families en vriende. Soms word hierdie Messiaanse Jode selfs met die dood gedreig. In die IDF (weermag van Israel) is daar baie Messiaanse jong mense wat hul land beskerm en dien en so ook is daar Messiaanse Jode oral in die land se landbou, besighede ens. Meeste van hulle is stil hieroor omdat hulle nie verwerp wil word nie. Ons moet egter ook besef dat 'n Jood wat Y'shua ha Masiach as sy Messias aanneem word nie nou skielik 'n "Christen" nie. Nee, hy bly 'n Jood maar dien Y'shua (Jesus) met sy volle hart. En by hulle kan ons as Christene baie gaan leer - en nie andersom nie. Christene kan hoe opreg maar soms so opreg verkeerd met hierdie nasie handel. Messiaanse Jode is ons voorbeeld en ons as gelowiges kan baie by hulle gaan leer - Christene moet veral waak teen arrogansie as dit by die Joodse volk kom. Wees gewaarsku dat Vader ons fyn dophou wat betref sy lieflings-volk.

    Eending moet ons weet en onthou en dis dat nie alle Jode in Israel Y'shua (Jesus) verwerp nie. Baie van hulle, alhoewel nog aan die minderkant, het al Y'shua (Jesus) volkome as hul Verlosser en Messias aanvaar. En daagliks kom steeds van hulle tot bekering. Party wik en weeg nog en kon nog net nie volkome oorgee nie, ander wil egter hardkoppig niks weet nie. Ons moet egter steeds vir alle Jode bid, omdat hierdie nasie steeds Abba se oogappel bly en is.

    --

    BET SHALOM Bediening
    Jesaja 62:1
    "Ter wille van Sion sal Ek nie swyg nie en ter wille van Jerusalem nie stil bly nie.."
    Epos: betshalomzv@gmail.com

    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  2. #2
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4
    Een vrou op FB het my aangevat omdat ek wat 'n Jood gebore was, Y'shua as die Messias aangeneem het. Ek wil my nie 'n christen noem nie, want al wat ek my hele lewe ervaar het is haar van mense wat hulle Christene genoem het.

    Ek bid dat meer Jode Jesus se liefde sal ervaar en die regte pad sien
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  3. #3
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700
    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post
    Een vrou op FB het my aangevat omdat ek wat 'n Jood gebore was, Y'shua as die Messias aangeneem het. Ek wil my nie 'n christen noem nie, want al wat ek my hele lewe ervaar het is haar van mense wat hulle Christene genoem het.

    Ek bid dat meer Jode Jesus se liefde sal ervaar en die regte pad sien
    .....en min besef sy dat ons evangelie juis van die Jode af kom!
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  4. #4
    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    .....en min besef sy dat ons evangelie juis van die Jode af kom!
    "Ons evangelie" is definitief nie 'n mens-uitgedinkte ding nie Johnny, maw die Evangelie kom van God af, nie mense nie. Die Evangelie lê soos 'n goue draad regdeur die Bybel, en is deur God beplan lank voor daar 'n Israel of Jerusalem was.

  5. #5
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,700
    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    "Ons evangelie" is definitief nie 'n mens-uitgedinkte ding nie Johnny, maw die Evangelie kom van God af, nie mense nie. Die Evangelie lê soos 'n goue draad regdeur die Bybel, en is deur God beplan lank voor daar 'n Israel of Jerusalem was.
    Ek stem saam met jou, maar as hulle nie die opdrag uitgevoer het wat Jesus hulle beveel het nie het ons nie 'n evangelie gehad vandag nie.

    Mar 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.
    Mar 16:16 Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word.

    Meer nog.....hier se Jesus uitdruklik: "Hy wat glo en hom laat doop....". So, waarvoor wag julle......laat julle doop! Dit is te se as julle glo?
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  6. #6
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,146
    Johnny
    So tussen ons gesê, ek dink nie die 12 het die opdrag uitgevoer nie. Hulle het dit net nie in hulle gehad nie. Ek lees nêrens in die Bybel dat die 12 na heidene gegaan het en die evangelie van verlossing aan hulle oorgedra het nie. Bv. die hele ding met Cornelius. Petrus het toe al lankal die opdrag gehad dat hulle na "die hele wêreld" moes gaan, maar hy sou nooit na Cornelius gegaan het nie. Die Heilige Gees moes hom in 'n verrukking van sinne bring en hom losruk uit die vaste ingewortelde Joodse voorskrifte van die wet en hom teen sy sin stap vir stap na Cornelius toe vat. En selfs daarna het Petrus nie weer na heidene gegaan nie en net in Jerusalem gebly. Die Katolieke sê Petrus het die kerk in Rome onder die heidene gestig, maar daar is geen getuienis daaroor nie.

    Feit is, met hierdie 12 sou die evangelie nooit by 'n heiden uitgekom het nie. God het toe 'n ander plan gemaak. Hy roep toe 'n ander apostel buite die kring van die 12 en toe hy op die pad na Damaskus tot bekering kom, sê hy vir hom wat sy opdrag is. Hy sou die een wees wat die evangelie na die heidene sou neem. Sien ook Rom. 11:13 en Rom. 15:15,16. Let ook op Gal. 2:7-9. Daar vind 'n ooreenkoms plaas tussen Paulus en die 12. Paulus gaan na die heidene en die 12 bly by die Jode.

    Goed, Paulus was strenggesproke aanvanklik ook 'n Jood, maar hy het eintlik ter wille van die evangelie sy "Joodskap" afgelê. Hy het in Fil. 3: 5-8 duidelik aangetoon dat hy wel na die vlees 'n Hebreër was ('n Hebreër, nie 'n Jood nie) het hy daardie goed alles ter wille van Christus afgelê en van homself af weggestoot om Jesus Christus as wins te verkry. Paulus het nie meer na homself as 'n Jood verwys nie, op die uiterste wel net 'n Hebreër. En daar is beslis 'n verskil. "Jood" is die term wat Jesus op aarde vir die verdwaalde Fariseërs en Skrifgeleerdes gebruik het. Maar Paulus het hierdie goed van hom af weggestoot en opgehou om 'n Jood te wees sodat hy Jesus as wins kon verkry.

    Ons moet ook deeglik kennis neem van Hebreërs 13:11-13

    13:11 want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word--hulle liggame word buitekant die laer verbrand.

    13:12 Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.

    13:13 Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.


    Veral hierdie laaste vers 13. As 'n Jood by Jesus wou uitkom, moes hy die lear verlaat. Ons as Afrikaners hoef nie die lear van Bloedrivier te verlaat om Christene te kan word nie, maar die Jood moes dit doen. Paulus het dit verstaan en het dit self ook gedoen.

    Dus die vraag: Het die evangelie deur 'n Jood by ons uitgekom? Nee, sekerlik nie! As dit van die Jode afgehang het, sou die evangelie nooit as te nimmer by ons uitgekom het nie. Paulus het uitgegaan om die evangelie van die kruis na die heidennasies uit te dra, maar nie voordat hy sy Joodskap van hom afgewerp het en Jesus ver buite die laer van Israel ontmoet het nie (op pad na Damaskus).

    Nee Johnny, ons kry nie die evangelie by 'n Jood nie, ons kry dit by die Heilige Gees, en by monde van 'n man wat sy Joodskap van hom afgegooi het om Jesus Christus ten volle as wins te verkry - ver buitekant die laer van Israel.
    Last edited by David2; Jun 19th 2010 at 12:37 PM.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Tekse verlang oor Jode se terugkeer en dat vandag se ongelowige Jode God se volk is
    By Philip dT in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 49
    Last Post: Mar 5th 2010, 10:14 AM
  2. Bespreking Terugkeer van die Jode
    By Johnny in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 6
    Last Post: May 8th 2009, 08:35 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •