Your Advert here
cure-real
Results 1 to 5 of 5

Thread: "Ateïstiese Christenskap"?

  1. #1
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    "Ateïstiese Christenskap"?

    Dit lyk my dit is nou mode om 'n sg. "nie-teïstiese" of "ongelowige" Christen te wees en ek het 'n artikel daaroor geskryf. Dit is nou om nie in God as werklike Persoon te glo nie, maar wel jouself as "Christen" te bly identifiseer. Dit is veral biskop Spong van die Anglikaanse Kerk, wat sodanige standpunt het. Spong het ook in die Kerkbode al gefigureer.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  2. #2
    Jip .... en die skare gaan elke keer mal oor sulke "vernuwe" denke ........

  3. #3
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,146

    Re: "Ateïstiese Christenskap"?

    En wat van die Christene wat nou sê dat Jesus 'n toordokter was. Vir my is hulle al lankal by ateïsme verby.

    prof. Pieter Craffert van Unisa se boek: "The Life of a Galilean Shaman". Hy het homself tot die kulturele antropologie gewend om 'n argument op te bou dat Jesus binne die kultuurverband van 'n primitiewe samelewing as 'n sjamaan (of toordokter) opgetree het. Hy sê dat Jesus en sy dissipels gereeld in 'n transtoestand was, wat hy as 'n alternatiewe bewussynstoestand beskryf. Volgens hom is Jesus tydens sulke "sessies" onder andere ook deur sy voorvadergeeste beset. Sy genesings, duiweluitdrywing en waarsêery oor die toekoms (divinasie) was volgens hom ook tipies sjamanistiese aktiwiteite.

  4. #4
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Re: "Ateïstiese Christenskap"?

    Net vanoggend lees ek hierdie artikel raak, 'Christelike ateïs'. Hieronder is ook 'n aanhaling in die inleiding van hierdie artikel..., wat mens so bietjie beter help verstaan wat presies dit behels. Philip het ons attend gemaak van hierdie verskynsel en mens gaan dit meer en meer teëkom...

    In die hedendaagse teologie is daar ’n stroming wat die bestaan van ’n metafisiese of bonatuurlike werklikheid ontken. Vir hierdie teoloë bestaan daar nie metafisiese wesens soos God, Satan en engele en plekke soos die hemel en hel nie. Wetenskaplike bevindings word geredelik deur hulle aanvaar en wonderwerke verwerp. In soverre God se bestaan erken word, is hy ’n hierdie wêreldse God, nie ’n transendente wese nie. Hy word as identies met die sintuiglik-waarneembare werklikheid geag (bv panteïsme) of as ’n immanente God voorgestel wat in die diepste wese (of gemoed) van die mens teenwoordig is. Vroeër vanjaar het ek op SêNet die aandag op die opvattings van drie sodanige teoloë gevestig: Julian Müller (3 Jun), Don Cupitt (7 Jun) en John Shelby Spong (8 Jun), gevolg deur ’n oorsig van hierdie verwêreldliking of sekularisasie op 9 Junie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,467
    Blog Entries
    10

    Re: "Ateïstiese Christenskap"?

    Quote Originally Posted by Philip dT View Post
    Dit lyk my dit is nou mode om 'n sg. "nie-teïstiese" of "ongelowige" Christen te wees en ek het 'n artikel daaroor geskryf. Dit is nou om nie in God as werklike Persoon te glo nie, maar wel jouself as "Christen" te bly identifiseer. Dit is veral biskop Spong van die Anglikaanse Kerk, wat sodanige standpunt het. Spong het ook in die Kerkbode al gefigureer.
    Het jy die boek gelees?? Hier is 'n Youtube oor die boek....
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Replies: 25
    Last Post: Mar 21st 2013, 10:41 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •