
Originally Posted by
RR van Wyk
Baie keer raak ons gefrustreerd met die vooruitgang(of agteruitgaan) in ons persoonlike lewe. Baie keer
bid ons vir allerande dinge, net om dalk verder gefrustreerd te raak, want vir baie is dit soos 'n
eenrigting radio sonder enige gesprek vanaf die anderkant en dalk sonder enige resultate.
Maar verstaan ons ons Skepper reg?
Ons lees die Bybel. Maar gesels ons met mekaar, dan is dit asof elkeen 'n ander Bybel het, veral hier op
die forum. Elkeen het 'n ander mening of siening. Dit is natuurlik glad nie verkeerd nie, want interresante gesprekke kry sy ontstaan daaruit. Maar dit laat mens wonder. Verstaan ons alteid die Bybel, sy boodskap en doel?
Gaan staan ons partykeer stil, tree terug en wonder of ons op dieselfde golflengte met ons Skepper is?
Net om 'n voorbeeld te noem: Piet sak op sy knee neer, uit desperaatheid en mismoedigheid bid hy dat
God hom sal seën met finansiele welfaart, want hy is nou regtig moeg en keelvol om so te sukkel.
Intussen hoor Jesus elke woord van waar Hy sit in die Hemel. Jesus het groot simpatie vir die man, Sy
hart swel van liefde en kry hom vreeslik jammer. Maar terselfdertyd is Jesus ook teleurgestel.
Want Hy het 'n duur prys betaal, sodat Piet ALLES kan hê... 'n hele EWIGHEID. Maar Piet verstaan nie.
Hy wil sy vlees bevredig, inplaas van sy gees.
Ek is seker daar is honderde voorbeelde wat ons kan opnoem. Dit is hartseer dat ons ander dink, soos
wat Jesus graag wil hê ons moet.
Maar glukkig is daar hoop!! Ons het die Heilige Gees vir leiding! Ons moet leer om te luister. Ons moet meermale gaan stilstaan en die regte vrae vra, soos: Ek kan God natuurlik enige iets vra, maar is dit werklik tot voordeel, of het God iets groter in gedagte?
Ek sal graag ander se mening wil hoor. Veral op onderwerpe soos die volgende:
Wat is God se doel met Profesieë in die moderne lewe?
Watter rol is die Bybel veronderstel om te speel?
Wat sal Jesus waarlik bly maak om te hoor as ons bid?
Ek verstaan bogenoemde vrae kan heelmoontlik uiteenlopende menings tot gevolg hê, maar wat sê die
Gees in jou? Interresanter nog, gee die Bybel ons enige antwoorde?
Dit sal lekker wees om 'n rukkie stil te staan en te vergeet wat ons alteid wil hê, en wat na aan God se
hart lê, wat Sy belange is, wat Hy graag wil hê, of verwag van ons...
Bookmarks