RR, hoe jy oor God dink en voel is nie noodwendig verkeerd en ons sienings reg nie. Soveel Christenne , soveel sienings oor God want elkeen ervaar Hom op n unieke manier. Is dit nie die rede hoekom dogma in kerke ontstaan het nie? Party het gevoel: ONS het die regte siening oor God en van nou af sien ons God SO in ons denominasie. En die wat nie daarmee verlief wil neem nie , moet nou maar vir hulle n ander kerklike heenkome soek? Ek gooi nie klippe nie ,maar vra net vrae oor sake wat vir my al lankal pla. En nou die groot gevaar: As die dogma groter gesag begin dra in jou denominasie as die Woord van God.... wat dan?




Reply With Quote


Bookmarks