Your Advert here
cure-real
Results 1 to 10 of 10

Thread: Lewe na die dood - die hemel

  1. #1
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,283
    Blog Entries
    7

    Lewe na die dood - die hemel

    Ek het hulp nodig om te verstaan waarom ons as gelowiges glo dat ons eendag die hemel sal be-erwe. Daar is nie veel skrifte in die bybel wat die hemel beskryf nie, en as daar is weet ek werklik nie waar om dit te vind nie.

    Ek weet ons glo omdat die skrif vir ons stipuleer dat ons die ewige die lewe sal ontvang, maar wat beteken dit dan? Is dit moontlik dat ‘n Christen steeds die dood vrees, en waarom dan?
    Wat sê die skrif vir ons omtrent die hemel? Kan ‘n mens sekerheid hê dat jy wel reg is vir die oordeel?
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  2. #2
    Hi,
    Ek het eintlik gehoop een van die slimmer ouens sal jou help... Hulle doen seker eers hulle huiswerk oor die onderwerp...

    Jou vraag is darrem nie so moeilik om te beantwoord nie. Hoekom glo ons ons sal die Hemel beërwe? Want Jesus het so gesê. Hy het gesê dat Hy plek vir ons gaan voorberei.

    Is dit geloofwaardig? Beslis! Hy het gesê Hy gaan opstaan, en Hy het. Daar was meer as een getuie. En waarom getuig oor iets as dit jou lewe kan kos?

    Ek weet nie van skrif wat die Hemel in detail beskryf nie, behalwe in openbaring. Dan is dit ook net die "Troonkamer" waar God sit, met 'n menigte om Hom.

    In die boek Henog word daar heelwat egter oor die Hemel uitgebrei, maar die boek is nie amptelik deel van die Bybel nie, en hoe relevant die boek Henog is, glo ek sal heelwat van mens tot mens hier verskil..

    Ek weet nie of ander gelowiges die dood vrees nie, maar uit my ondervinding, ek self, tot 'n mate ja. Nie soseer om my lewe fisies te verloor so erg nie(alhoewel dit ook). Maar ter wille van my verpligtinge hier. Mense wat op my staatmaak.
    Die dood is nie iets wat ons moet vrees nie. Want ons het geloof in 'n ewigheid wat voorlê.

    Baie mense sal sê dat Jesus bang was, benoud was voor die kruisiging. Maar dan moet mens ook onthou dat God hom op daardie tyd verlaat het sodat alles vervul kon word.

    Wat bedoel jy met om sekerheid te hê dat jy reg is vir die oordeel? Ons is NOOIT reg vir die oordeel nie. Ons skiet ver te kort, punt. Glo jy in Jesus? As jou antwoord ja is, dan is jy deur Jesus reg vir die oordeel. Maar ek verstaan wat jy sê, ek het self gereeld daardie vraag in my. Ons voel van nature ons moet iets doen om dit te verdien(Ek dink dit is Gene wat dit genoem het)

  3. #3
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Johannesburg, South Africa
    Posts
    3,283
    Blog Entries
    7
    Baie dankie vir die antwoorde. Ek het skrifte gekry en plaas dit sommer hier. Ek is nie so seker of ek alles reg verstaan nie, maar ek plaas dit in elk geval.
    Ps116:15 Kosbaar is in die oë van die HERE die dood van sy gunsgenote.

    Openbaring 14:13 En ek het ‘n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf salig is van nou af
    die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle
    werke volg met hulle.

    J oh 14:1- 4 Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.
    In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesê
    het. Ek gaan om vir julle plek te berei.
    En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat
    julle ook kan wees waar Ek is.
    En waar Ek heengaan, weet julle en die weg ken julle.

    Hierdie is die skrif wat jy genoem het, ek dink dit is waarom ons kan sê dat as ons in God en
    Jesus Christus glo, wee tons dat daar vir ons ‘n plek voorberei is.

    2Pe 1:10-11 Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en
    verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie.
    Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van
    onse Here en Saligmaker, Jesus Christus.

    Ek besef ons kan niks doen om genade te verdien nie, maar die oordeel kom slegs eenmaal. Hoe kan mens seker wees jy het gedoen wat jy moes doen?
    Saved by Grace!

    Praying for Mieke and Charles
    Cor 5:17 Therefore, if anyone is in Christ, he is a new creation ; old things have passed away; behold, all things have become new.


    My testimony
    http://bibleforums.org/forum/showthread.php?t=149096

  4. #4
    Om jou laaste vraag te probeer antwoord... Gelukkig is God liefde. Ek glo as jy uit jou hart uit jou beste doen en Jesus liefhet, is Hy jou advokaat, jy sal moet ver gaan om een beter te kry(ietwat onmoontlik).

    Ons kan net ons bes doen. Ons streef daarna om in gees te lewe, maar bly gebind in vlees. Die duiwel sal ons om elke hoek en draai versoek. Geduld gaan opraak. kwaad gaan ons word....ongelukkig...maar ons streef hard terug om in gees te leef en Jesus se voorbeeld te volg. Nie omdat ons die Hemel dan uit verdienste uit gaan erf nie. Ons streef na heiligheid uit liefde en respek vir ons Hemelse Vader...

    Dankie vir jou verwysings wat jy geplaas het. Dis interresant hoe die Bybel die vermoë het om mens alteid op te beur en hoop te gee

  5. #5
    Join Date
    May 2009
    Location
    Hillcrest KZN
    Posts
    146
    Ek dink 'n mens se vrees vir die dood of liewers my vrees is dit is 'n onbekende gebeurtenis. Vir daarna is ek nie bang nie, ek weet waar ek gaan maar die manier waarop ek sal sterf. Ons leef in moeilike tye, en ek is bang vir die geweld en wat met my kan gebeur voor ek veilig in my Vaderhuis is. Tog glo ek dat ek in Sy volmaakte wil krag sal ontvang wat ookal gebeur. Hy sal my oorwinnend oordra en krag gee vir die einde.

    Ek bekommer my nie oor die oordeel nie want ek het die beste Advokaat in die wereld. Uit myself kan ek niks doen om regverdig in die oordeel bevind te word nie, want die goeie wat ek wil, die doen ek nie, maar die verkeerde doen ek so maklik. Jesus se eie woorde in Johannes 5 vers 24 Dit verseker Ek jule: Wie luister na wat Ek se, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan." In hoofstuk 6 vers 29 antwoord Jesus die dissipels op hulle vraag wat hulle moet doen wat God van hulle verlang. "En Jesus antwooord hulle: Wat God van julle verlang, is dat julle moet glo in Hom wat Hy gestuur het." Die mooiste vers ook vir my in die Bybel: Johannes 3 vers 16: God het die wereld so liefgehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maaar die ewige lewe sal he."

    Die grootste wonder van ons verlossing was nog altyd vir my dat ek nie hoef te presteer nie. Selfs al misluk ek met tye, my veiligheid berus in 'n baie meer betroubare Bron van Verlossing as in dit wat ek instaat is om te doen. My liefde vir my Heer en Saligmaker sal my aanspoor om my beste te doen op my lewenspad en die wete dat Sy bloed kosbaar en heilig is, sal my daarvan weerhou om willens en wetens te sondig, maar as ek struikel en val ................... Heer wees my arme sondaar genadig!!!!!!

  6. #6
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by MercyChild View Post

    Ek besef ons kan niks doen om genade te verdien nie, maar die oordeel kom slegs eenmaal. Hoe kan mens seker wees jy het gedoen wat jy moes doen?
    MercyChild, die antwoord op jou vraag is eenvoudig...... Jy KAN seker wees - dat jy NIE gedoen het wat jy moes doen NIE. Dis so eenvoudig, NIEMAND kan aan God se vereistes voldoen nie. Romeine 3:10-12 is duidelik " Daar is nie een wat regverdig is nie, selfs nie een nie. 11Daar is nie een wat verstandig is nie; daar is nie een wat na die wil van God vra nie. 12“Almal het afgedwaal, almal het ontaard. Daar is nie een wat goed doen nie, selfs nie een nie. En so entjie verder in vers 23: "...want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God" Jy sien, dis die wonder van die Evangelie. Nie een van ons kan ooit vrygespreek word op grond van wat ons gedoen het nie, nie Adolf Hitler nie en ook nie Moeder Theresa nie. Nie een het gedoen wat ons moet doen nie.

    Maar die wonderlike boodskap is natuurlik, soos jy reeds weet, dat Iemand anders reeds vir ons verkeerde dade gestraf is, en daarom is ons VOLKOME vrygespreek die oomblik wanneer ons Sy kruisdood vir onsself aanvaar en Hom aanneem as Verlosser en ons lewens aan Hom oorgee. Alhoewel ons voor die Regterstoel van Christus gaan verskyn, gaan ons NIE verordeel word nie. Romeine 8:1 "DAAR is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie" Ons hoef nie bekommerd te wees oor wat ons gedoen of nie gedoen het nie, as ons Christus het, dan is ons reeds vrygespreek. Wonderlik!!

    Ons gaan natuurlik elkeen loon ontvang (of nie ontvang nie) na gelang van ons dade op aarde, maar dit is 'n ander onderwerp

  7. #7
    Join Date
    May 2010
    Location
    Secunda
    Posts
    26
    MercyChild. ek stem saam met Gene se antwoord, maar wil by die dele uit Rom.3 wat hy aangehaal het net vers 24 byvoeg (let op daar is net 'n komma na vers 23, nie 'n punt nie):
    Rom 3:24 en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.

    'n Ander gedeelte wat baie belangrik is, is 1Joh.5:11-13

    1Jn 5:11 En dit is die getuienis: dat God ons die ewige lewe gegee het, en dié lewe is in sy Seun.
    1Jn 5:12 Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie.
    1Jn 5:13 Dit het ek geskrywe aan julle wat glo in die Naam van die Seun van God, sodat julle kan weet dat julle die ewige lewe het en kan glo in die Naam van die Seun van God.

    Ons hoef dus nie te wonder of ons hemel toe gaan nie, maar ons kan sekerheid hê, want ons het die Seun.

  8. #8
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    968
    Quote Originally Posted by MercyChild View Post
    Is dit moontlik dat ‘n Christen steeds die dood vrees, en waarom dan?
    Ek is sommer lus om die hele 1 Kor. 15 aan te haal, maar gaan lees maar gerus self, dan lig ek net eers hierdie deeltjie uit:
    Dood, waar is jou angel? Doderyk, waar is jou oorwinning? Die angel van die dood is die sonde, en die krag van die sonde is die wet. Maar God sy dank, wat ons die oorwinning gee deur onse Here Jesus Christus.
    (1Co 15:55-57)
    Dankie e-Sword!
    Mens hoor telke male getuienisse van gelowiges wat met 'n ongekende vrede heengegaan het. Tog is daar 'n mate van vrees vir die dood, of sal ek eerder sê, vir die doodgaan proses. Ek dink byvoorbeeld aan my eie oupa wat reeds vooraf bewus was van sy naderende dood. Ek kan 'n gesprek tussen hom en my Ma onthou waar hy dit opgehaal het. Die presiese woorde kan ek nie meer onthou nie, maar ek onthou nog die strekking. Hy het begin praat van hoe die vervoerstelsel toenterjare so seker was. Jy koop jou kaartjie, klim op die trein en jy weet jy sal by jou bestemming uitkom. As kind het ek gesnap dat hy figuurlik praat, maar ek dink nie my Ma het dit mooi verstaan nie. Nie lank daarna nie is hy oorlede in absolute vrede.

    Alhoewel ons in Jesus Christus seker kan wees van ons bestemming, is daar tog maar 'n vrees. Nie 'n vrees vir die bestemming nie, maar 'n onsekerheid oor die reis: 'n vrees vir die onbekende. Met hoeveel mense kan jy gaan gesels om te hoor presies hoe daardie reis verloop?

  9. #9
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630
    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Ek is sommer lus om die hele 1 Kor. 15 aan te haal, maar gaan lees maar gerus self, dan lig ek net eers hierdie deeltjie uit:Dankie e-Sword!
    Mens hoor telke male getuienisse van gelowiges wat met 'n ongekende vrede heengegaan het. Tog is daar 'n mate van vrees vir die dood, of sal ek eerder sê, vir die doodgaan proses. Ek dink byvoorbeeld aan my eie oupa wat reeds vooraf bewus was van sy naderende dood. Ek kan 'n gesprek tussen hom en my Ma onthou waar hy dit opgehaal het. Die presiese woorde kan ek nie meer onthou nie, maar ek onthou nog die strekking. Hy het begin praat van hoe die vervoerstelsel toenterjare so seker was. Jy koop jou kaartjie, klim op die trein en jy weet jy sal by jou bestemming uitkom. As kind het ek gesnap dat hy figuurlik praat, maar ek dink nie my Ma het dit mooi verstaan nie. Nie lank daarna nie is hy oorlede in absolute vrede.

    Alhoewel ons in Jesus Christus seker kan wees van ons bestemming, is daar tog maar 'n vrees. Nie 'n vrees vir die bestemming nie, maar 'n onsekerheid oor die reis: 'n vrees vir die onbekende. Met hoeveel mense kan jy gaan gesels om te hoor presies hoe daardie reis verloop?
    Dis beslis so dat 'n christen nie die dood hoef te vrees nie, maar soos jy tereg sê, die proses, of die wyse waarop dit gaan plaasvind, is iets wat mense dikwels vrees. Ek dink dat dit ook deel van Jesus se vrees was voor sy kruisiging, toe Hy in Getsemane gepleit het dat Sy Vader 'n ander uitweg moes vind, indien moontlik. Natuurlik het Hy ook geweet dat Hy die sonde van elke mens in hierdie wêreld op Homself sou moes neem, en dat Hy deur die Vader verlaat sou word, en was dit gewis die groot rede vir Sy vrees. Maar Hy was volkome mens, en ek dink die gedagte aan die marteling waardeur Hy sou gaan, het beslis ook 'n groot rol gespeel. Hy was angsbevange, om die minste te sê (sweet soos bloeddruppels...)

    EOm aan te sluit by die verhaal oor jou oupa, ek het ook 'n oupa wat jare gelede op 'n baie mooi, rustige manier gesterf het. My moeder het by sy hospitaalbed gesit en huil. Almal het geweet dat dit net 'n kwessie van tyd was... Hy het haar hand gedruk en sag gesê : "Please don't be sad. I know where i'm going, en I am not afraid..." 'n Paar minute later het hy sy laaste asem uitgeblaas. Dis wonderlik om 'n kind van die Here te sien sterf, in teenstelling met die wanhoop van iemand wat nie die Here geken het nie en verbete veg om aan die lewe te bly vashou.

  10. #10
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,536
    Blog Entries
    10
    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Met hoeveel mense kan jy gaan gesels om te hoor presies hoe daardie reis verloop?
    Ek glo nie daar is 'n resep oor hoe mens eitlik dood gaan nie...Besoeke uit die geestes wêreld, positiewe of negatiewe deel van die Geestes wereld is baie keer ook moontlik...

    Die gedagte oor om lou=warm te wees kom ook by my op...??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die Tweede Dood?
    By Louis F Brits in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 1
    Last Post: Aug 24th 2009, 08:08 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •