
Originally Posted by
Son of the South
Ek is sommer lus om die hele 1 Kor. 15 aan te haal, maar gaan lees maar gerus self, dan lig ek net eers hierdie deeltjie uit:Dankie e-Sword!
Mens hoor telke male getuienisse van gelowiges wat met 'n ongekende vrede heengegaan het. Tog is daar 'n mate van vrees vir die dood, of sal ek eerder sê, vir die doodgaan proses. Ek dink byvoorbeeld aan my eie oupa wat reeds vooraf bewus was van sy naderende dood. Ek kan 'n gesprek tussen hom en my Ma onthou waar hy dit opgehaal het. Die presiese woorde kan ek nie meer onthou nie, maar ek onthou nog die strekking. Hy het begin praat van hoe die vervoerstelsel toenterjare so seker was. Jy koop jou kaartjie, klim op die trein en jy weet jy sal by jou bestemming uitkom. As kind het ek gesnap dat hy figuurlik praat, maar ek dink nie my Ma het dit mooi verstaan nie. Nie lank daarna nie is hy oorlede in absolute vrede.
Alhoewel ons in Jesus Christus seker kan wees van ons bestemming, is daar tog maar 'n vrees. Nie 'n vrees vir die bestemming nie, maar 'n onsekerheid oor die reis: 'n vrees vir die onbekende. Met hoeveel mense kan jy gaan gesels om te hoor presies hoe daardie reis verloop?
Bookmarks