Een van die
sterkste argumente ten gunste van ‘n jong aarde is die sterk moontlikheid vir
versnelde radioaktiewe verval. As die tempo van verval noemenswaardig verander het in die geskiedenis van die aarde, maak dit die hele stelsel van radiometriese datering in evolusionęre konteks waardeloos. ‘n Skeppingswetenskaplike navorsingsgroep genaamd RATE (Radioisotopes and the Age of The Earth) is in 2000 aangestel om die moontlikheid vir versnelde radioaktiewe verval te ondersoek.
Hulle was ‘n span van 7 met doktorsgrade in geologie (X2), fisika (X2), geofisika, teoretiese fisika, en atmosferiese wetenskap. In 2005 het hulle ‘n dokument van 818 bladsye bekend gemaak.
Sien
http://en.wikipedia.org/wiki/Creatio..._Earth_project
Hulle het gevind dat die mees waarskynlike periodes van versnelde radioaktiewe verval die eerste 2.5 dae van die skeppingsweek was, asook gedurende die vloed en kort daarna. Indien radioaktiewe verval al vir miljoene en miljarde jare aangaan, is daar onvoldoende argon- en lood diffusie vanuit gesteentes, daar is onvoldoende helium in die atmosfeer, en te veel helium in gesteentes.
Die volgende 4 hoof-bevindings kan vanuit hulle navorsing geďdentifiseer word:
a) Konvensionele radio-isotoop datering is wisselvallig en daarom nie betroubaar nie. By die datering van dieselfde rotslaag, het die radio-isotoop datering op 4 verskillende ouderdomme gedui.
b) Baie van die aarde se uraan en thorium is teenwoordig in Zircon kristalle. Helium is ‘n produk van die verval van uraan na lood. Daar is gevind dat tot en met 58% van die helium nie deur diffusie die zircon kristalle verlaat het nie. Die persentasie verklein met diepte (druk) en temperatuur. Dr. Russell Humphreys het die tempo van diffusie van die uniformalistiese (evolusionęre) model en die skeppings-model met mekaar vergelyk, en gevind dat daar ‘n verskil is van ‘n faktor van 100 000. Die tempo van diffusie vanuit zircon kristalle is 250 000 te hoog vir die uniformalistiese model. Dit beteken dat die waargeneemde verval van uraan nie 1.5 miljard jaar kon neem nie, eerder duidende jare.
c) Die teenwoordigheid van sg. “radiohalos” in rotse wat veroorsaak is deur die verval van uraan en polonium dui op versnelde radioaktiewe verval, nie graduele verval oor miljarde jare nie.
d) Diamante, wat gewoonlik deur evolusioniste as miljoene jare oud beskou word, bevat noemenswaardige hoeveelhede koolstof-14. Omdat koolstof-14 vinnig verval, sou niks daarvan in diamante teenwoordig wees as evolusionęre datering korrek was nie.
http://creationwiki.org/Accelerated_decay
http://www.apologeticspress.org/articles/2770
Sien ook die reaksie hierop vanuit evolusionistiese kringe:
http://creationwiki.org/Response_to_...iffusion_dates
Bookmarks