Your Advert here
cure-real
Results 1 to 2 of 2

Thread: Die RATE Projek.

  1. #1
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Die RATE Projek.

    Wie van julle het al gehoor van die RATE Projek?

    Ek het intussen daarop afgekom toe ek weer my Evolusie of Skepping? artikel hersien het, en dit bygevoeg:

    Uittreksel vanuit my artikel:

    Een van die sterkste argumente ten gunste van ‘n jong aarde is die sterk moontlikheid vir versnelde radioaktiewe verval. As die tempo van verval noemenswaardig verander het in die geskiedenis van die aarde, maak dit die hele stelsel van radiometriese datering in evolusionęre konteks waardeloos. ‘n Skeppingswetenskaplike navorsingsgroep genaamd RATE (Radioisotopes and the Age of The Earth) is in 2000 aangestel om die moontlikheid vir versnelde radioaktiewe verval te ondersoek.

    Hulle was ‘n span van 7 met doktorsgrade in geologie (X2), fisika (X2), geofisika, teoretiese fisika, en atmosferiese wetenskap. In 2005 het hulle ‘n dokument van 818 bladsye bekend gemaak.
    Sien http://en.wikipedia.org/wiki/Creatio..._Earth_project


    Hulle het gevind dat die mees waarskynlike periodes van versnelde radioaktiewe verval die eerste 2.5 dae van die skeppingsweek was, asook gedurende die vloed en kort daarna. Indien radioaktiewe verval al vir miljoene en miljarde jare aangaan, is daar onvoldoende argon- en lood diffusie vanuit gesteentes, daar is onvoldoende helium in die atmosfeer, en te veel helium in gesteentes.


    Die volgende 4 hoof-bevindings kan vanuit hulle navorsing geďdentifiseer word:

    a) Konvensionele radio-isotoop datering is wisselvallig en daarom nie betroubaar nie. By die datering van dieselfde rotslaag, het die radio-isotoop datering op 4 verskillende ouderdomme gedui.

    b) Baie van die aarde se uraan en thorium is teenwoordig in Zircon kristalle. Helium is ‘n produk van die verval van uraan na lood. Daar is gevind dat tot en met 58% van die helium nie deur diffusie die zircon kristalle verlaat het nie. Die persentasie verklein met diepte (druk) en temperatuur. Dr. Russell Humphreys het die tempo van diffusie van die uniformalistiese (evolusionęre) model en die skeppings-model met mekaar vergelyk, en gevind dat daar ‘n verskil is van ‘n faktor van 100 000. Die tempo van diffusie vanuit zircon kristalle is 250 000 te hoog vir die uniformalistiese model. Dit beteken dat die waargeneemde verval van uraan nie 1.5 miljard jaar kon neem nie, eerder duidende jare.

    c) Die teenwoordigheid van sg. “radiohalos” in rotse wat veroorsaak is deur die verval van uraan en polonium dui op versnelde radioaktiewe verval, nie graduele verval oor miljarde jare nie.

    d) Diamante, wat gewoonlik deur evolusioniste as miljoene jare oud beskou word, bevat noemenswaardige hoeveelhede koolstof-14. Omdat koolstof-14 vinnig verval, sou niks daarvan in diamante teenwoordig wees as evolusionęre datering korrek was nie.

    http://creationwiki.org/Accelerated_decay
    http://www.apologeticspress.org/articles/2770
    Sien ook die reaksie hierop vanuit evolusionistiese kringe:
    http://creationwiki.org/Response_to_...iffusion_dates
    Wat dink julle hiervan?
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  2. #2
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699
    Het al die "halos" raakgeloop , kan nie alles onthou nie ,dis nogal ineterresant , maar dit skiet redelik gate deur dating metodes... want wat daar is kan nie verklaar word deur teoriee en wetenskap nie.

    Vir gelowiges is dit egter Exodus 20:11 wat ons oor moet besluit (ou vertaling)
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Death rate for AIDS/HIV rises among women 15-42
    By moonglow in forum Women at the well
    Replies: 7
    Last Post: Dec 4th 2009, 10:13 PM
  2. Discussion Are Souls Burned Forever And Ever? Rate Topic - Moved from A&E
    By JWayne in forum Areopagus
    Replies: 18
    Last Post: Jun 24th 2009, 05:09 PM
  3. Afrikaanse Vertalings Projek 2016
    By Antonvs in forum Alles en nog wat
    Replies: 23
    Last Post: Apr 6th 2009, 01:28 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •