Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post
Ek dink ons mis die merk hier as dit kom by hoekom ons in die hemel nie weer sal val nie, dit is weereens niks toeskryfbaar aan die mens en sy kennis en sy heiligheid nie, maar aan die genade van die Een wat daardie redding tot vervulling in ons gebring het.

God se genade is wat ons in 'n verhouding met Hom hou soos dit sy genade was wat ons in 'n verhouding met Hom ingebring het, tot sy eer, tot sy verheerliking, sodat die volkome werk van Christus waardeur Hy ons losgekoop het van die mag van die sonde nie belaster word nie.
Ek stem saam met jou. Ons het niks waarop ons kan roem nie, nie nou nie en ook nie in die hiernamaal nie, behalwe om in Jesus te roem.