Vanoggend is ek nogals beskaamd vriende, beskaamd oor hoe min ek bereid is om vir ander te doen terwyl ek getuig dat God my lewe aangeraak het. En a.s.b. ek het glad nie 'n gedagte in hierdie draad dat ons moet werke doen om regverdigheid te bekom of God te probeer behaag nie.
Maar, ons as kinders van God praat maklik, maar hoe vêr is ons bereid om te gaan om 'n lig te wees vir ander mense.
Ek is ook 'n lid van die SA 4x4 Community Forum en dievolgende storie wat ek gaan plaas het my werklik aangeraak, soveel so dat ek myself 'n paar vrae moes afvra, vrae soos hoe vêr is ek bereid om uit my pad te gaan om ander by te staan in hul oomblik van nood. Jy sien, vir my is dit maklik om hier op my stoel te sit voor my rekenaar en kritiek te lewer en ek kan maklik hier ook praat van wat gedoen moet word en hoe dit gedoen moet word.
Maar, wanneer laas het ek werklik iemand se lewe aangeraak met ware liefde en deernis. Lees a.s.b. dievolgende draad op daardie forum, dit het my met 'n knop in die keel gelos en laat besef, daar is nog mense wat waarlik omgee vir ander.
Urgent help needed
Groete
Phil
NS! Ek vestaan BAIE goed die reël wat sê ek mag nie skakels plaas na ander forums toe nie, maar a.s.b. mods, ek vra of julle a.s.b. die meriete hiervan sal oorweeg a.g.v. die storie daaragter.




Reply With Quote



Bookmarks