Your Advert here
cure-real
Results 1 to 5 of 5

Thread: Praat is maklik

  1. #1
    Join Date
    Aug 2007
    Posts
    2,011
    Blog Entries
    6

    Praat is maklik

    Vanoggend is ek nogals beskaamd vriende, beskaamd oor hoe min ek bereid is om vir ander te doen terwyl ek getuig dat God my lewe aangeraak het. En a.s.b. ek het glad nie 'n gedagte in hierdie draad dat ons moet werke doen om regverdigheid te bekom of God te probeer behaag nie.

    Maar, ons as kinders van God praat maklik, maar hoe vêr is ons bereid om te gaan om 'n lig te wees vir ander mense.

    Ek is ook 'n lid van die SA 4x4 Community Forum en dievolgende storie wat ek gaan plaas het my werklik aangeraak, soveel so dat ek myself 'n paar vrae moes afvra, vrae soos hoe vêr is ek bereid om uit my pad te gaan om ander by te staan in hul oomblik van nood. Jy sien, vir my is dit maklik om hier op my stoel te sit voor my rekenaar en kritiek te lewer en ek kan maklik hier ook praat van wat gedoen moet word en hoe dit gedoen moet word.

    Maar, wanneer laas het ek werklik iemand se lewe aangeraak met ware liefde en deernis. Lees a.s.b. dievolgende draad op daardie forum, dit het my met 'n knop in die keel gelos en laat besef, daar is nog mense wat waarlik omgee vir ander.

    Urgent help needed

    Groete
    Phil

    NS! Ek vestaan BAIE goed die reël wat sê ek mag nie skakels plaas na ander forums toe nie, maar a.s.b. mods, ek vra of julle a.s.b. die meriete hiervan sal oorweeg a.g.v. die storie daaragter.

  2. #2
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Praat is maklik

    Die ekstra myl. Of 2000...

    Phil, ek het darem agter die kap van daardie storie gekom, maar miskien kan jy vir ons forum lesers die kort weergawe gee?

    Nog soveel meer beloning kom húlle toe wat vreemdelinge help waar niemand sien nie. Is gelowiges dan nie veronderstel om anders te wees en OM TE GEE nie?

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,444
    Blog Entries
    10

    Re: Praat is maklik

    Phil, dit vra 'n Spesiale mens om te kan gee, nie almal gee maklik nie, vir sommige mense is dit makliker om te gee as vir ander...

    Wanneer mens iemand kry wat so mooi help soos die ou, dan is dit soos wanneer God in menseklere rondloop..... daar is mense wat bereid is om God se hande en voete te wees, mense wie se harte oop is vir God se stem......

    Ek dink nou sommer aan wat my Ma eendag gese het..... iets van om brood op die water te sit
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  4. #4
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,444
    Blog Entries
    10

    Re: Praat is maklik

    Quote Originally Posted by Phil Fourie View Post

    Maar, ons as kinders van God praat maklik, maar hoe vêr is ons bereid om te gaan om 'n lig te wees vir ander mense.
    So ver soos as wat Romans 12:19 {Don't seek revenge yourselves, beloved, but give place to God's wrath. For it is written, "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord."} dit vir mens moontlik maak om iemand wat jou van R 1 000 000 beroof te vegewe en aan te gaan met die lewe......... Ons doodsrokke het nie sakke nie..... help daar waar jy nodig is....
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  5. #5
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630

    Re: Praat is maklik

    Verlede week lees ek weer die verhaal van Dawid en Goliat. Dawid, 'n jong seun met geen gevegsopleiding nie, kom toevallig op die toneel af waar Goliat besig is om sy God te verkeineer, en hy bied aan om teen Goliat te gaan veg. Saul is koning, hy het die hele weermag tot sy beskikking. Hy is die magtigste man in Israel. Wat meer is, hy ken die Here en weet dat die volk Israel God se volk is en dat God in beheer is. Tog is hy, soos sy hele weermag, te bang om iets aan die probleem te doen. Dan stuur hy vir hierdie jong kind sonder enige gevegsopleiding of behoorlike wapenrusting, weg in 1 Samuel 17:37 met die woorde: "Gaan, en mag die Here by jou wees..." Ewe vroom, "mag die Here by jou wees" maar self is hy nie bereid om iets te doen nie.

    En skielik besef ek, hier word van my ook gepraat. Hoe dikwels hoor ek nie van mense in nood nie. Hoeveel keer stuur ek hulle weg met die woorde: "Ek sal vir jou bid..." nie. Gebed is so maklike uitweg. Want dit beteken dat ek net gou 'n paar woorde kan bid, en daarna kan ek my hande in onskuld was, ek het mos nou my christelike plig gedoen. Maar wat beteken daardie gebed werklik, as ek nie bereid is om self my hande vuil te maak nie? Is ek bereid om my gebed te verander, en vir die Here te vra: "Wat wil U hê moet ek aan hierdie probleem doen?" En is ek bereid om gehoorsaam te wees wanneer die Here my antwoord? (Selfs al sê Hy vir my om al my spaargeldjies te gaan trek en die pad te vat om iemand wat duisende kilometer ver gestrand is, te gaan help?) Slegs dan kan so gebed betekenis hê.

    Ons praat gewis baie maklik, maar is ons bereid om ons geld te plaas waar ons monde is.....?

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Hoe praat God
    By Forgiven Sinner in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 11
    Last Post: Apr 21st 2010, 07:53 PM
  2. Is die Bybel maklik om te verstaan?
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 11
    Last Post: Jan 11th 2009, 04:34 PM
  3. Kyk hoe maklik word die Bybel se geloofwaardigheid bevraagteken...
    By Lanie in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 12
    Last Post: Oct 4th 2008, 09:06 AM
  4. God praat met jou/my
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 1
    Last Post: Sep 12th 2008, 09:04 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •