Your Advert here
cure-real
Results 1 to 9 of 9

Thread: Is God liefde?

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Is God liefde?

    Hierdie draad sluit bepaald aan by 'n ander draad ("Ateïstiese Christenskap"?), met 'n ander invalshoek en juis oor die feit dat mens dit so baie hoor. Daar is baie liberale Christene wat net op een noot hul geloof uit basuin en dit is, God is liefde en die hele waarheid is volgens hulle liefde. Dit kom basies daarop neer dat mens niemand mag veroordeel of enige oordeel mag fel oor hulle handel en wandel nie, want doen mens dit, is jy liefdeloos en veroordeel mens. Maar hoe benader mens so iemand? Ek het lank gewonder en in ‘n gesprek het dit sommer spontaan uitgekom en elkeen kan hier byvoeg en aanvul soos nodig, want mens kry dit nodig van tyd tot tyd. Is God werklik liefde, wil mens vra en veral as mens in ons liberale samelewing dit so baie hoor van mense wat Hom werklik nie ken nie. JA, moet elke gelowige se antwoord wees, want dit is tog wat die Bybel leer.

    Geliefdes, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde.
    (1Joh 4:7-8 AOV)

    Tog bekommer dit mens dat daar mense is wat God 'lief' het, maar Sy Testamente wat Hy nagelaat het, verag. Hoekom sou dit wees? Dit kan net wees omdat hulle nie God se liefde ken nie en uiteraard kan mens seker redeneer dat hulle Hom ook nie ken nie.

    Ek deel bloot my hart soos ek liefde verstaan en veral geloof verstaan, want beide liefde en geloof se uiteindelike doel, is om ons vlekkeloos voor God te bring om vir ewig en altyd saam met 'n Heilige God te kan wees. As God nie ons eerste liefde is nie, is daar nie liefde nie en dit is wat ek graag sal wil oorbring in hierdie skrywe. In Openbaring 2:4 staan daar in die brief wat Johannes volgens die opdrag wat hy van Jesus self ontvang het, dat Jesus dit teen die gemeente in Éfese het, omdat hulle hul eerste liefde verlaat het. Hulle het liewer vir die wêreld en wêreldse dinge geword, as vir Jesus self. Jesus sê onomwonde dat as ons lief is vir Hom, sal ons Sy gebooie bewaar.

    Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
    (Joh 14:21 AOV)
    Daar is verskillende soorte liefdes en liefde persé, is nie noodwendig die antwoord om die waarheid te ken nie. Vergelyk die Griekse betekenisse, waar slegs 'agapé' 'n morele liefde is en hierdie liefde alleen verheerlik God.Om te weet Wie God is, het Hy die Heilige Gees en die Heilige Skrif vir ons gelaat, sodat ons Sy dieptes kan ondersoek. God het emosies, net soos wat ons emosies het en haat by God, het nie te doen met ‘n slegte gesindheid nie, maar het te doen met wat verkeerd is. God haat nie om destruktief te wees nie, Hy haat juis die slegte, sodat ons Sy liefde kan smaak, want slegte dinge het Hy nie vir ons bedoel nie. God is heilig en daarom moet ons ook heilig wees, ons moet ons eerste liefde eerste stel en eers dan, sal liefde, die ‘agapé’ liefde van God, ons deel word.

    Mens kan net glo, dit wat jy weet en die Bybel se hele doel is bloot dit, om ons te stimuleer in ons geloof, want dit gee substansie aan ons geloof. Om liefde alleen as die maatstaf te gebruik vir die volle waarheid, is juis nie liefde nie. Hoekom sê mens so? Ons almal het of kan byvoorbeeld goeie ateïstiese vriende hê (ek het self ook ‘n paar) en mens wonder bloot, hoe lief is mens vir hulle, as jy nie die waarheid met hulle ronduit deel nie? Waar gaan ‘n ateïs eindig, as hulle nie dit wat jyself glo oor God, ook as liefde leef nie? Baie mense hou hierdie deel voor as die rede hoekom God liefde is, maar sien nie dat liefde eerstens begin by God en om Hom lief te hê nie…

    En Jesus antwoord hom: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en groot gebod.
    (Mat 22:37-38 AOV)
    Ken ateïste God, is hulle lief vir God? Is dit liefde, is natuurlik die groot vraag, as liefde by God begin, watter liefde het ‘n ateïs dan?

    Jy kan nie vir jouself lief wees of vir ander mense lief wees, as jy nie heel eerste vir God lief het nie (jou eerste liefde) . Alles begin by God en daarom ook by die Bybel, want dit is God se Testamente wat Hy in geskrewe vorm agtergelaat het, sodat ons kan lewe in oorvloed. Daar is natuurlik veel meer in die Bybel as net die opsomming van die liefdes-gebooie, want dit wat veel meer is plaas perspektief op wat liefde werklik is. In Mat 22 staan daar die volgende,

    Gaan dan op die kruispaaie en nooi almal wat julle mag vind, na die bruilof. En daardie diensknegte het uitgegaan op die paaie en almal versamel wat hulle gevind het, slegtes sowel as goeies, en die bruilofsaal het vol gaste geword. En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ‘n bruilofskleed aan het nie. En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ‘n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie. Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
    (Mat 22:9-13 AOV)
    Hoe nooi ek en jy mense na die bruilof in LIEFDE, as ons nie aan hulle wys, hulle moet ‘n bruilofskleed aanhê nie? Gaan dit LIEFDE wees as God hulle bevind sonder ‘n bruilofskleed aan? Hier is die belangrike opdrag wat Jesus gegee het, seker die belangrikste opdrag wat suiwer en 100% net oor liefde gaan…

    Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees; en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het.
    (Mat 28:19 AOV)
    Leer hulle om alles te onderhou wat ek julle beveel het, staan daar. Dit is om die volle boodskap van die Bybel aan mense te leer, sodat God se liefde hulle deel kan word, want die Here self weet daar kom ‘n dag, waar niemand leeg voor Hom waag staan nie, jy sal ‘n bruilofskleed van liefde aan moet hê, want daar staan…

    Want ons ken Hom wat gesê het: My kom die wraak toe, Ek sal vergelde, spreek die Here; en weer: Die Here sal sy volk oordeel. Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God.
    (Heb 10:30-31 AOV)
    Vreeslik is dit om te val in die hande van ‘n lewende God, want God is heilig en Hy eis dat ons ook heilig lewe en slegs ‘n vrees vir Hom, m.a.w. respek vir Hom, maak Hom jou eerste liefde. Geen man en geen vrou kan lief wees vir hulle wederhelfte, as hulle nie ‘n vrees het om hulle wederhelftes se respek te verloor nie.

    Huwelike werk net as die eerste liefde (die liefde tussen ‘n man en ‘n vrou), die heersende liefde is, want die kinders sal die vrug daarvan pluk. So kan ons huwelik met God net standhou as eerste liefde, sodat ander mense die vrug daarvan kan pluk. God voel so sterk oor hierdie eerste liefde, dat Hy die volgende daaroor kon sê…

    HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie,
    (Jes 45:5 AOV)

    Maar die HERE is waarlik God, Hy is die lewende God en ‘n ewige Koning; vir sy toorn beef die aarde, en die nasies kan sy grimmigheid nie verdra nie—
    (Jer 10:10 AOV)

    En Jesus antwoord hom: Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag. Dit is die eerste gebod. En die tweede, hieraan gelyk, is dit: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Daar is geen ander gebod groter as dié nie.
    (Mar 12:29-31 AOV)
    Jesus self verklaar net voor die liefdesgebod, Hoor, Israel, die Here, onse God, is ‘n enige Here(!) en dit sluit perfek aan by wat reeds in die Ou Testament gesê is, in slegs twee van duisende voorbeelde, naamlik Jes 45:5 en Jer 10:10 hierbo en vergelyk dit met die eerste gebod, jy mag geen ander afgode voor My aangesig hê nie! Dit alleen is liefde, as ons nie ons eerste liefde verlaat nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    758

    Re: Is God liefde?

    Ferdi

    Die liefde waarvan die meeste mense in die verband van praat is nie die liefde van God nie. Om te weet wat liefde regtig is moet jy eers vir God ken. Die liefde wat hulle so noem is humanistiese liefde. Liefde vir die mens en nie liefde vir God nie.

    Dit is hoekom die oordeel van God vir hulle so verskriklik klink, want dit plaas God eerste en nie die mens nie. Hulle wil ook niks anders as dit glo nie en is duidelik 'n dwaling.

    Die bruilofskleed sien ek as die bloed van Christus. As ons in Hom glo en Hom aanneem, is ons reg aangetrek en deel van die bruilof.

    Kalahari

  3. #3
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10

    Re: Is God liefde?

    Ferdi ek is so bly jy gebruik juis die Matt Skrif verwysing..... dit begin met HOOR..... wat my laat dink aan : Kinders, hoor julle, EK het gepraat....
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  4. #4

    Re: Is God liefde?

    Ek dink die groot fout wat soms gemaak word is dat God baie eendimensioneel voorgestel word. God is liefde ja, maar as jy gaan kyk na die geskiedenis wat in die Bybel vervat is, en ook wat in die toekoms voorspel word, is God verseker nie NET liefde nie. Woorde wat by my opkom is begrippe soos wraak, vergelding , geregtigheid ............ ensovoorts. Dit is egter daardie een eienskap, liefde, wat maak dat ons enigsins Sy kinders genoem mag word.

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10

    Re: Is God liefde?

    Ek stem Fila, deur te se dat God liefde is, beteken dit nie dat mens al God se ander eienskappe weg redeneer nie.....
    Maar, die Liefde is streng en sterk, dit is nie foe-fie nie.... Omdat jy jou kinders lief het, tugtig jy hulle .... Omdat jy hulle lief het, beskerm jy hulle, Omdat jy hulle lief het is daar grense gestel vir hulle........................., Omdat jy hulle lief het raak die lysie lank..
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  6. #6
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Is God liefde?

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek dink die groot fout wat soms gemaak word is dat God baie eendimensioneel voorgestel word. God is liefde ja, maar as jy gaan kyk na die geskiedenis wat in die Bybel vervat is, en ook wat in die toekoms voorspel word, is God verseker nie NET liefde nie. Woorde wat by my opkom is begrippe soos wraak, vergelding , geregtigheid ............ ensovoorts. Dit is egter daardie een eienskap, liefde, wat maak dat ons enigsins Sy kinders genoem mag word.
    Ja, jy kan God nie dien sonder Sy wraak, vergelding, geregtigheid ....ensovoorts nie, want sonder dit sou Hy nie die God van die Bybel wees nie. Ek dink selfs daardie eienskappe kan herlei word na Sy liefde. Hy het ons te veel lief om toe te sien dat ons Sy skepping verder besoedel met ons sonde. Hy het mense te lief om ongeregtigheid toe te laat...ens.

  7. #7
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: Is God liefde?

    Ek dink die probleem kom in wanneer liefde gemeet word aan menslike verstaanskategorieë. Ons menslike logika bly gebroke. Die wêreld meet God se liefde aan hierdie gebroke, menslike logika. Ons mense wil té maklik God in een of ander mensgemaakte kategorie indruk. Die wonder van die liefde lê juis daarin dat ons nie op hierdie aarde volkome kan verstaan en verwoord nie. Ek stem saam met Kalahari dat mens liefde slegs beter kan verstaan as ons vir God beter ken (persoonlik).
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  8. #8
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699

    Re: Is God liefde?

    Hi Ferdi,

    baie goeie plasing! God is Liefde...PUNT.... MMMMAAAAARRR wat ons so lekker wil vergeet is dat God ook Heilig is, Regverdig is ,Getrou is , dink mens kan selfs so ver gaan dat elke ding wat ons dink goed is, 'n verwronge swak beeld is van hoe God daarvolgens is, want Hy is immers GOD en perfek/te Liefde/Genade/Heilige ens. E-sword bietjie God is en begin lees en dan dink ek gaan ons almal plat sit en besef hoe min ons weet... daai boke oor die name van God ( Vader Seun Gees ) beperk tot 250 tussen die drie van hulle/hom maak my nog steeds elke nou en dan stil staan en ek het die maand laas oopgehad...

    En ek stem 100% met jou saam dat ons nie met ateistiese vriende net kan praat sonder om te se wat bybel se nie... want dan gee ek nie om of hulle weet hulle gaan hel toe of nie en het ek klinkende simbaal geword... ons probleem is ons wil hulle nie seermaak nie ( gevoelens ) en vergeet dus van altyd...
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  9. #9
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,449
    Blog Entries
    10

    Re: Is God liefde?

    1 Kor 13:7-8 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie opgeblase nie,

    Die liefde vergaan nimmermeer;
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Vul ons met U Liefde ('n gedig)
    By paidforinfull in forum Alles en nog wat
    Replies: 2
    Last Post: Mar 19th 2010, 07:54 PM
  2. Die Liefde
    By Ta-An in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 0
    Last Post: Dec 20th 2009, 05:51 PM
  3. Need Advice: Vrygewige Liefde
    By Trudie Myburgh in forum Poetry
    Replies: 0
    Last Post: Sep 2nd 2008, 01:06 PM
  4. Moenie waarheid en liefde skei nie
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 0
    Last Post: Nov 12th 2007, 01:02 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •