cure-real
Results 1 to 5 of 5

Thread: n Groot waarheid.......

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    n Groot waarheid.......

    Laat ek nou maar met die 'bottom- line' begin: Anys beskuit wil GLAD nie rys as mens nie suurdeeg bygooi nie....

    Aangesien ek nou nie juis verknoggend lief is vir die kombuis vir lang periodes nie , het ek vir my vanoggend lekker Retha McPherson CD's opgesit en kombuiswerkies gedoen en was daarom baie verbaas dat die beskuit na n lang ruk nog nie gerys het nie.

    Om alles te kroon was daar buitekant genoeg aksie om my permanent uit die huis te lok. My man hulle het kalwers gelaai en nommer laaste het net verseg om gelaai te word. Die feit dat dit so n baster Brahmaan kalf was , vertel ook die hele verhaal.

    Nou wie is nou lus vir die huis as daar sulke opwindende dinge buite gebeur?! 'Methinks my lady doth protest too much?' Of toe ook maar wat.....

  2. #2

    Re: n Groot waarheid.......

    Sjoe, lus is ek nou vir daardie Anys beskuit en 'n lekker koffietjie Protea ! Jy gaan maak dat ek in die dorp rondry tot ek kry.

  3. #3
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    1,038

    Re: n Groot waarheid.......

    Jy sal maar hier moet kom kuier, Fila. Ons het 'n koffiewinkel wat mosbolle saam met boeretroos (in 'n blikbeker) bedien.

  4. #4

    Re: n Groot waarheid.......

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Jy sal maar hier moet kom kuier, Fila. Ons het 'n koffiewinkel wat mosbolle saam met boeretroos (in 'n blikbeker) bedien.
    Die skaal sÍ dankie dat daar nie so winkel hier by my is nie !

  5. #5
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: n Groot waarheid.......

    Ons kinders is 'grootgebring' (alias Fiela van' Fiela se Kind' faam) met beskuit en koffie. As daar mosbolletjie beskuit en koffie in die huis was , was daar KOS in die huis....

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Moenie waarheid en liefde skei nie
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 2
    Last Post: Dec 4th 2013, 07:40 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •