Laat ek nou maar met die 'bottom- line' begin: Anys beskuit wil GLAD nie rys as mens nie suurdeeg bygooi nie....![]()
Aangesien ek nou nie juis verknoggend lief is vir die kombuis vir lang periodes nie , het ek vir my vanoggend lekker Retha McPherson CD's opgesit en kombuiswerkies gedoen en was daarom baie verbaas dat die beskuit na n lang ruk nog nie gerys het nie.
Om alles te kroon was daar buitekant genoeg aksie om my permanent uit die huis te lok. My man hulle het kalwers gelaai en nommer laaste het net verseg om gelaai te word. Die feit dat dit so n baster Brahmaan kalf was , vertel ook die hele verhaal.
Nou wie is nou lus vir die huis as daar sulke opwindende dinge buite gebeur?! 'Methinks my lady doth protest too much?' Of toe ook maar wat.....![]()




Reply With Quote


Bookmarks