Your Advert here
cure-real
Results 1 to 2 of 2

Thread: Jes. 19:19,20

  1. #1
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,147

    Jes. 19:19,20

    Verwys Jes. 19:19-20 na die groot piramide by Giza in Egipte?

    Jes. 19:19 In dié dag sal daar 'n altaar wees vir die HERE binne-in Egipteland en 'n gedenksteen vir die HERE by die grens.

    19:20 En dit sal wees 'n teken en 'n getuie vir die HERE van die leërskare in Egipteland; as hulle die HERE aanroep vanweë die verdrukkers, sal Hy aan hulle 'n redder stuur en 'n stryder wat hulle sal verlos.

    Is die piramides van Giza 'n gedenksteen vir die Here in Egipte?
    Is daar al enige verklaring gevind hoe solide granietblokke van 80 tot meer as 100 ton in die oertyd deur mense 500 km. van Giza af uitgegrawe is en met die gereedskap van daardie tyd in perfekte vlakke gesny is wat so inmekaar pas dat 'n lemmetjie nie tussen twee blokke ingedruk kan word nie? Dat die blokke dan op die Nyl vervoer is op bote wat sulke vrag kan dra, waarvan daar geen aanduiding gevind kon word dat sulke vragbote bestaan het nie?

    Is dit waar dat die klassieke grenslyn tussen die laer en hoër Egipte destyds deur Giza geloop het en dat die piramide vandag op die grens van die twee dele staan en dus terselfdertyd "op die grens" en ook "in Egipte" is soos die Bybel dit stel?

    Is dit waar dat pi as 'n verhouding tussen die omtrek van 'n sirkel en sy deursnee in die piramides ingebou is en dat pi eers baie lank na die bou van die piramides ontdek is?

    Is dit waar dat 'n lyn van noordpool tot suidpool wat vir die langste moontlike afstand oor vasteland loop, oor die groot piramide gaan en dieselfde met 'n oos-wes lyn?

    Is dit waar dat die die groot piramide se oos-wes lyn en noord-suid lyn perfek noord-suid en oos-wes loop en dat daar geen instrumente in daardie tyd bestaan het om dit te bepaal nie?

    Kan hierdie en ander feite in die nabye toekoms tot gevolg hê dat die hemelse oorsprong van die piramide, die status van hierdie enigste oorblywende "wonder van die klassieke wêreld", gaan verhef tot die "gedenksteen van God in Egipte" en dat dit tot gevolg gaan hê dat Egiptenare en ook Assiriërs tot die geloof gaan kom? Wanneer gaan dit gebeur?

    Jesus is die hoeksteen wat deur die bouers verwerp is. Die groot piramide het nie 'n hoeksteen (capstone) nie. Is dit dalk tekenend van die feit dat die totaal onmenslike en bo-menslike poging om hierdie piramide op te rig deur die eeue en deur die millennia nooit erken is nie. Die hoeksteen, die waarmerk van Jesus Christus, word nie daarin gesien nie. Gaan Jesus dalk by die wederkoms hierdie struktuur van 'n hoeksteen voorsien?

    Let op dat die tonnel wat skuins afloop na die kelderkamer of die diepste oorsprong van die piramide, teen 'n helling van 26 grade loop en dat 'n lyn 26 grade noord-oos van die piramide, deur die stad Bethlehem loop.

    Die vraag word op 'n ander draad in hierdie forum gevra waarom daar nie sigbare bewyse vir die bestaan van die geestelike dimensie hier op aarde is nie. Wel, miskien is daar, en dalk ook meer as wat ons gedink het!
    Last edited by David2; Aug 15th 2010 at 05:36 AM.

  2. #2
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,487

    Re: Jes. 19:19,20

    Interessant David en dankie vir hierdie draad, dit is iets wat my na aan die hart lê. Hier is nog 'n deel wat mens kan ondersoek,

    Gord dan soos ‘n man jou heupe—dan sal Ek jou ondervra, en onderrig jy My. Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? Gee te kenne as jy insig het. Wie het sy afmetinge bepaal? —jy weet dit mos! Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê?
    (Job 38:3-6 AOV)

    Vir Job sê die Here dat hy wat Job is, die afmetinge van die aarde ken, want, 'jy weet dit mos!', staan daar. Of wie het daaroor die meetsnoer gespan? Waar is sy fondamentklippe op ingesink? Of wie het sy hoeksteen gelê? Dit is vrae wat te doen het met die piramide van Giza, wat soos ek verstaan die aarde in rots gegiet is, met elke denkbare afmeting en detail daarin vervang. Daar is 'n DVD van pastoor Dries van As (mens kan Johnny kontak), wat elkeen maar in die hande kan probeer kry, wat heelwat inligting hieroor het.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •