Ek werk al ‘n geruime tyd aan ‘n nuwe DVD. Hierdie een is besonders in die sin dat dit een is wat jy op jou rekenaar installeer. Dit lyk net soos ‘n internet webblad en het dieselfde funksies. Jy het egter nie die internet nodig nie tensy jy eksterne skakels wil volg. Daar is altesame 65 video boodskappe in “Windows Media Player” formaat met lering oor die laaste dae, misleiding, bekering, die doop en vele meer. Volgens my kennis bestaan daar nie so ‘n produk op enige christelike winkel se rakke nie. Daar is ongeveer 48 ure se Woordgebaseerde video lering, nie net vir kinders van die Here nie, maar ook vir ongereddes wat nognie die belangrikste stap van hulle lewe geneem het nie, naamlik bekering. As u al op my webblad was, dan sal u ‘n voorsmakie van die formaat hê. Al die boodskappe is van ons leraars, Pastoor Dries van As en Pastoor Roelof Grové, wat vir u die studie gebring het oor die okkultiese en onbybelse betekenis en oorsprong van die film, “The Passion of the Christ”. Die dvd wat ek in ons gemeente gemaak het is reeds wêreldwyd bekend en het mense se oë oop gemaak van wat REGTIG in die kerk besig is om te gebeur. As u ‘n wederkoms verwagting het dan is die DVD beslis vir u. As u nie weet hoe om ‘n geliefde na die Here te lei nie, dan sal u deur die DVD dit op ‘n Bybelse manier kan doen. Daar is BAIE nuwe titels wat u nog nooit gesien het nie rakende gebeure in die Midde Ooste, Israel en die wederkoms van Jesus Christus.
Romeine 13:11
“En dit te meer, omdat ons die tydsomstandighede ken, dat die uur vir ons reeds daar is om uit die slaap wakker te word; want die saligheid is nou nader by ons as toe ons gelowig geword het.”
BESTELLINGS
DVD is gratis. Moenie verder mislei word nie......die uur is reeds hier om uit die slaap wakker te word! Vertel u vriende en familie. Geen groter geskenk is daar as om die ewige lewe te beërwe nie.
Stuur e-pos met volledige besonderhede soos kontak nommer en posadres vir GRATIS dvd.





Reply With Quote




Bookmarks