Re: Sal die Messias op aarde of in die hemel regeer?

Originally Posted by
Eben
David as ek Openbaringe 20 lees dan is dit baie duidelik dat die aarde steeds sal bestaan met al die nasies wat oorgebly het na die verdrukking. Wanneer die Satan weer los gelaat word sal hy weer Gog en Magog gebruik om teen die Here op te trek. Dit is op aarde, nie in die Hemel nie.
Rev 20:7 En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word;
Rev 20:8 en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. Rev 20:9 En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind.
Kyk ook na die vorige verse:
Op 20:4-6 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. (5) En die ander dode (ongelowiges) het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit (verwysend na vers 4: diegene wat opstaan as Christus kom) is die eerste opstanding. (6) Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank.
Hier is twee opstandings en twee dode.
Die ongelowiges staan op by die tweede opstanding. Hulle (in opgestane vorm) gaan dan reg oor die aarde weer lewe. Dit is hulle wat die oorlog van die Gog en Magog gaan voer. Waarskynlik sal demone ook deel hiervan wees, want die Satan gaan dan ook ontbind word om deel te neem aan hierdie oorlog.
Die tweede dood impliseer ook dat hulle eers dood was (tydens die 1000 jaar), maar weer sal herlewe aan die einde daarvan om die geestelike oorlog van die Gog en die Magog te voer.
Dit is soos ek dit verstaan.
Groete
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
Bookmarks