Amillennialiste sê daar sal nie 'n duisendjarige vrederyk wees nie. Alles in die Bybel wat daarop dui, moet vir hulle in geestelike en nie-letterlike sin verstaan word en dan in ons tyd, vandag, ingepas word.
Post-millennialiste sê die wêreld gaan al beter en beter word en die Christendom al sterker en sterker totdat die millennium gekom het. Voor die twee wêreldoorloë was die siening baie populêr, maar die grootskaalse verwoesting en agteruitgang van alle standaarde deur oorlog het hulle weer laat dink. Post-millennialiste is vandag maar dun gesaai.
Pre-millennialiste is meestal diegene wat glo in die Messiasryk op aarde na die wederkoms, maar daar is ander pre-millennialiste wat ook glo dat die Messiasryk na die wederkoms sal wees, maar nie op aarde nie en wel in die hemel.
Hierdie draad is dus vir pre-millennialiste om uit te sorteer en uit die Skrif sin te maak of die millennium op aarde of in die hemel gaan wees.




Reply With Quote
Bookmarks