Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 25

Thread: VROUMENSE!

  1. #1
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    VROUMENSE!


    Hoe moet mens met hulle saam lewe?

    Kan hulle ooit besluit wat hulle soek of nie! Soos ek nou voel bly ek die res van my lewe alleen tot Jesus kom.

    Hoe hou julle ander mense dit met vrouens? Genade. Mens kan nooit wen nie!
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  2. #2

    Re: VROUMENSE!

    'n paar goed wat ek al geleer het om te oorleef:

    Getroude mans kan nie hardkoppig wees nie. Al is jou vrou hardkoppig-meer rede vir jou om nie hardkoppig te wees nie

    As man moet jy maar alteid die sterk een wees, en ek bedoel nie fisies nie. Dit vat 'n man om eenkant te staan en jou vrou sekere besluite te laat neem, en veral in die huis is hulle baas(moet dit net nie vir haar sê nie, dis genoeg dat jy dit weet). Buite, in jou motor en enige ander plek op aarde kan jy maar baas wees, maar nie in die huis nie. Ek is seker jy gee inelkgeval nie om nie, want wat weet ons inelkgeval watse gordyne sal mooi pas by die sitkamerstel....

    Gewoonlik as sy met jou raas, is die kans baie goed dat jy skuldig is... erken dit maar. Jy weet mos nou al vuil klere kom in die mandjie....

    En as sy kwaad raak vir jou.... Hoe op aarde kan jy terug baklei?(in my geval). Dit is asof sy sommer tweekeer ouliker is, sy probeer regtig ernstig lyk terwyl sy jou uittrap, intussen swel my hart,kry 'n glimlag(wat teen my tel natuurlik, want dan dink sy ek neem haar nie ernstig op nie...)

    Hulle is geneig om onprakties en alteid nie baie logies op te tree of te dink nie. Maar dis maar net hoe dit vir ons lyk, want logika is ons sterkpunt.

    Ek weet mens kry waarlik moeilike vroue daar buite, maar die meerderheid is darrem meer as ok...

    Die vraag moet eintlik wees, hoe lewe mens sonder hulle?

  3. #3
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    962

    Re: VROUMENSE!

    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post
    Hoe moet mens met hulle saam lewe?
    Ja nee regtig, kan hulle nie net die toiletsitplek optel as hulle klaar is nie?

  4. #4

    Re: VROUMENSE!

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Ja nee regtig, kan hulle nie net die toiletsitplek optel as hulle klaar is nie?

    Ek het daardie een al voorgestel... die kyk wat ek gekry het het my goed genoeg geantwoord om nie verder daaroor uit te brei nie....

  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    962

    Re: VROUMENSE!

    Hie, hie , hie

    My vrou se oupa en ouma was meer as 60 jaar getroud. Hy het gesê dit is omdat hy 'n buigbare man was. Ek en my liefste is hierdie jaar 10 jaar getroud. Die 'sewe jaar jeuk' is oor en as die Here wil is ons ook getroud vir die langpad.

  6. #6

    Re: VROUMENSE!

    Ek en my vrou is nou maar eers twee jaar getroud. Om 60jaar lank getroud te wees is werklik besonders, dis nie altyd so maklik om so lank lewendig te bly nie...

  7. #7
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: VROUMENSE!

    Aai mens kan nie lank vir hulle kwaad bly nie kan mens.

    Ek kan nie wag tot die dag wat Vader die regte persoon op my pad stuur nie. Een persoon het my voorgestel aan die meisie kind. En ek hou regtig van haar. Maar ooh my world kan sy mens deurmekaar maak!

    Eendag is dinge fine die volgende is die hel op aarde los. Ek dink as mens diere naby haar bring op seker dae sal hulle net hardloop vir veiligheid. Maar tog kan mens nie kwaad bly nie.

    Ons gaan nou Saterdag die eerste keer ontmoet by 'n troue - don't even say it - en die laaste dae kon sy nie besluit of ek moet saam of nie.

    Al wat saak maak is dat sy 'n kind van ons Hemelse Vader is. So volgende week as ek 'n grumbling bear is - erger as gewoonlik - weet julle hoekom, en as ek 'n lente blommetjie is en oulik met almal is... weet net iemand het dalk iets van die hemelse Vader ontvang.
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  8. #8

    Re: VROUMENSE!

    Hi Francois,

    'n vrou is geneig om soos seisoene in een dag te verander. Dit hou ons op ons tone

    Die feit dat sy so onseker is, onthou dat dit vir haar ook 'n nuutjie is, sy ken jou glad geensens van geen kant af nie. 'n vrou vertrou 'n man nie baie vinnig nie, vertroue is iets wat verdien moet word(met goeie rede).

    Gee haar spasie. as jy haar 24 uur 'n dag pla maak jy haar skrik en hardloop sy soos 'n wildsbokkie weg. Maar moet haar ook nie te min pla nie want dan dink sy jy stel nie regtig in haar belang nie.

    Wees eerlik, oop en reguit. wees jouself. Geen geheime nie. Geen speletjies nie. As julle van mekaar hou en julle bedoel is vir mekaar, sal die res seepglad verloop.

    Indien nie, sy stel dalk nie belang nie, gooi haar nommer weg en moet haar nooit weer pla nie. Dit vat tyd om die regte een te kry. Ek is getroud op 30 en is nie 'n dag spyt daaroor nie. Alle goeie dinge in die lewe kom met tyd...

  9. #9
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: VROUMENSE!

    Dankie RR. Wel as ek op 30 wil trou sal ek my stert in rat moet kry

    Ek dink ek moet dan 'n vrou gewees het. Ek vertrou baie min mense tans. Nie eens my gesin nie.
    Beide van ons het 'n rowwe tyd agter die rug - of gaan nog deur die proses... so ek kan verstaan. Ek het lelik seer gekry in die laaste verhouding wat ek in was, en begin dink om soos Paul te wees. Maar dit is nie my besluit nie maar die Hemelse Vader.

    LOL sal haar nommer weg gooi as ek niks van hou nie. Tyd is nie te mors meer nie.
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  10. #10

    Re: VROUMENSE!

    'n goeie vrou is van onskatbare waarde. 'n man is maar nou net nie kompleet sonder 'n vrou nie. Om alleen te wees voel gedurig of daar iets skort, tot die dag wat jy die regte een ontmoet. Dit is moeilik om te beskryf... Die gevoel is werklik wat die Bybel sê die vrou is gemaak uit 'n rib van 'n man, dit voel kompleet so. Probeer 'n rib uithaal en weggooi?

    'n man en vrou is onskeibaar. Liefde en opoffering is die gom wat daardie verbinding aanmekaar hou. Om gelukkig te wees beteken somtyds om die minderheid te wees. Om verkeerd te wees.

    'n man is die hoof van die huis. Baie mense verstaan dit verkeerd. Juis as gevolg daarvan is die man die een wat buigbaar moet wees, wat vir almal moet dink(in meeste gevalle in vandag se lewe lyk my is dit egter die vrou wat daardie rol vertolk).

    'n man is verantwoordelik vir 'n vrou se geestelike lewe en opvoeding. Sy moet gelei word, meer uit dade as met die mond.

    Ek was baie gelukkig in my lewe, ek is nie deur moeilike verhoudings en snaakse dinge nie. Ek ken glad nie jou omstandighede nie, verbeel my ook nie ek het die vaagste idiee nie. Ek glo ook nie dit is regtig belangrik nie. Ek babbel tien teen een 'n klomp goed wat glad nie van toepassing op jou is nie.

    Al punt wat ek probeer maak is, lewe is 'n uitdaging. Mense het jou nodig. Daar is 'n vrou daar buite wat 'n steunpillaar nodig het, wat smag na liefde en beskerming. Op die einde van die dag gaan dit oor haar, nie jou nie. Ek sê dit, want dit is 'n goeie gesindheid om te hê.

    Niks in die lewe verskaf meer plesier as om dit jou lewenstaak te maak om haar te probeer verstaan nie.
    Onthou net, vrouens is geneig om elke tien jaar die reëls te verander, so sodra jy dink jy ken haar, doen jy nie regtig nie

    Ek wens jou alle sterkte toe, 'n man is nou wragtig nie gemaak om alleen te wees!!

  11. #11
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: VROUMENSE!

    Sjoe, maar jy nou 'n traan kraan hier los vandag.

    Iets wat ek moet sê wat ek mis is om vir iemand anders breakfast te maak. Dit is nie dieselfde om op 'n Saterdag op te staan breakfast te maak en terug in die bed te klim om dit self te eet nie. Dit werk net nie!

    Dankie RR... Jy praat sommer die enkel looper weer moed in.
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  12. #12
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: VROUMENSE!

    Aai maar vroumense is soms sulke oulike goed. Die ontmoeting het wel afgegaan. Sal graaag haar weer wil ontmoet, maar dit is in die hande van Vader van nou af...
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  13. #13
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    962

    Re: VROUMENSE!

    Uitstekend!

  14. #14
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,487

    Re: VROUMENSE!

    'n Ou oom wat ek geken het, het altyd gesê, 'vroumense..., daai nasie wat agteruit loop as jy met hom dans'.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  15. #15
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: VROUMENSE!

    LOL is ontrent 'n nasie op hulle se eie daai
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •