'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
[May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
[May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'
Bemidbar 6:24-26
[Numbers 6:24-26]
Dsi nie oor seermaak nie, Gene, dis oor hoe die duiwel dit sal gebruik om hulle aan te kla en oor die rand te probeer dryf, dis wat ek oor wonder....
So die voorberei saam met wat Jesus aan kruis vir elkeen van ons gedoen het.. dan na bevestiging van Gees af met gebed en vertroue in Hom uitstuur dat Hy dit sal seen tot Sy eer en hmmm onthou ek nou ( sal ek se herinner die Heilige Gees my ) daar is die ding van die gesag in Jesus se naam wat ons HET wat die duiwels moet gehoorsaam..ons volg 'n Koning wat reeds oorwin het en alle gesag HET en altyd sal HE
Dankie Gene, die wysheid word opreg waardeer en as ek ok kry.. NEE sal begin werk en as ok kry uitstuur want dan WEET ek TYD is reg en Hy het mense ontvanklik daarvoor gemaak. sal baieen leiding nodig he want self sal ek dit opmors..
Dis alles net genade -Ma Grace![]()
"My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"
Gister in die Vaalmall loop ek en my dogter en hier kom 'n groot seun saam met sy ma aangestap en hy het 'n duiwelsvurk in sy hand. Seker by CNA gekoop want hulle is vol Halloween goodies. Ek wou hom toe stop en vra of hy die rol van die duiwel op hulle "party" gaan speel en dan sommer vir hom se maar Halloween IS van die duiwel. Was te laat om hom voor te keer.
Een van ons vriendinne se dogter bel my vrou en vra haar of sy haar naels sal swart maak vir hulle Halloween party. My vrou doen naels in haar vrye tyd en het toe geweier om haar in haar kwaad te ondersteun.
Laasweek gaan tel ek my dogter by die naskool op. Sy is hierdie jaar in graad 8. Ek sien toe onder op die veld staan stoele in 'n halfmaan gepak en "goeters" le oral rond. Wat het hier gebeur vra ek? Nee....hulle het die nuwe leerlingraad vir volgende jaar ingewy. Die hele skool MOES daar wees om te kyk, behalwe die onderwysers. Daar was blykbaar een of twee. Hulle het die seuns en dogters met cable ties aan die stoele vasgemaak en bloed en binnegoed van diere oor hulle gegooi. Satanistiese gebruik en dit in die maand van Oktober wat bekend staan as satan se maand. Een meisie moes hulle 2 keer losmaak om te gaan braak. Nou vra ek jou. WAAR IS DIE HERLEING. WAAR IS AL DIE DUISENDE BEKEERDE OUERS (MANS EN VROUENS) VAN AL DIE MASSA BYEENKOMSTE?
Twee maande gelede het die skool se personeel 'n opvoering vir die kinders gehou een Woensdag aand. Die hoof ingesluit wat die vulgerste was, het ook deelgeneem. Die hele opvoering was van voor tot einde "onder die belt". En ek weet meeste van hulle gaan Greytown toe as die geleenthied daar is.....of na Greta Wiid toe. Ek het 'n lang brief vir die ouervereenging geskrf. Raai wat.....hulle kan niks doen nie want ek was die enigste ouer wat gekla het. So......ek is verkeerd!
Mag die Here gou kom!
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
Skokkend ! Ek dink ons kry die horries as ons moet uitvind wat in sommige skole aangaan. Ten minste is jy een van bitter min ouers wat belang stel in jou kind se lewe en besorg is oor wat in haar skool aangaan.
Sy sal seker nooit regtig besef hoe gelukkig sy is nie ! As mens van die gruwel stories hoor kan mens nie help om die kop te skud en te vra " maar waar was die ouers dan ? " nie. Die antwoord in meeste gevalle, hartseer genoeg, is dat hulle daar was, maar net nie genoeg omgee of belang het nie.
Komplimente vir jou Johnny, ek wens daar was meer ouers soos jy; en moet ook nie ophou kla nie, dit is JOU kind, en die Here het haar JOU verantwoordelikheid gemaak, en geen apatiese onderwyser/hoof het die reg om jou anders te vertel nie. Kyk maar na al die stories wat nou skielik uitkom van onderwysers in afrikaanse skole wat kinders molesteer ( sonder om te veralgemeen ) dan hoef jy nie verder te wonder of jou besorgdheid misplaas is of nie. Daar IS rede to kommer, en basta met enige iemand wat jou iets anders as dit wil wys maak.
Dankie Fila vir die bemoediging. My ander groot vraag is as daar so baie ouers hulle verryk by chriselike byeenkomste, mannekampe, vrouekampe, ens, ens.......hoekom gaan dit nie beter met ons kinders, skole, huise, geweld, ongeregtigheid, ens, ens nie? Is dit nie omdat die Bybels se dat dit so sal wees in die laaste dae nie? VERSEKER!.
".......and go into the land of Israel:" (Matthew 2:20)
Skakels:
Persoonlike Webblad
Gemeente Webblad
Video op Youtube
Ek gaan nou regtig my groot toon hier indruk en sê dat as mense na die massa gemors toe gaan, gaan dit meer oor emosie as oor G-d!
Ek kan nou 13 mense noem wat vals confersions was. Dit is net daai moment van almal steek hulle hande op.
Weet julle hoe is ek uitgekyk toe ek by een van 'n massa preker se preke nie my hand opggesteek het nie? Kan julle dink aan die vra wat gevra is vir my na die tyd? Hoekom gee jy nie jou lewe vir Jesus nie!
WHY SHOULD I DO IT AGAIN AND AGAIN AND AGAIN! Sê ek nie so dat Jesus se bloed die eerste keer genoeg was nie.
En jammer as een van julle ouens of vrouens hulle lewe by so massa event vir Jesus gegee het. Ek glo dat dit eg is.
Dan die ding by die skool maak my so hartseer. Nou verstaan ek hoekom ek nooit my onderwys graad kon klaar maak nie.
En ek stem saam. Mag Jesus gou kom!
'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
[May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
[May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'
Bemidbar 6:24-26
[Numbers 6:24-26]
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks