
Originally Posted by
paidforinfull
1. Is jy van mening dat Hebreers 6:4-6 slegs werklike wedergebore Christene aanspreek;
Ja verseker. Dit is onmoontlik om 'n geredde twee keer te red en om as 'n ongeredde twee keer verlore te wees. Die kruis hoef net een keer waar te wees en is net een keer waar, want Christus is net een keer gekruisig. As ons twee keer gered kan word omdat ons twee keer verlore was, dan was Christus se versoeningswerk onvolledig.

Originally Posted by
paidforinfull
2. Is jy van mening dat die skrywer van Hebreers hierdie Christene (indien jy glo hy spreek ware Christene aan) waarsku dat hulle heeltemal hulle saligheid kan verloor en dan nooit ooit weer na die Here kan terugkeer nie;
In vers 9 van Heb 6 staan, 'Maar, geliefdes, ons is aangaande julle van beter dinge oortuig, dinge wat saamhang met die saligheid, al spreek ons ook so'. Paulus was ongelukkig met hierdie mense se geestelike stand en waarsku hulle daaroor, maar tog sê hy dat nie een van hulle verlore is nie en dat hy van dinge oortuig is, wat saamhang met die saligheid. Hy skryf oor hierdie dinge waarvan hy oortuig is...,
Daarom het God, omdat Hy nog kragtiger aan die erfgename van die belofte die onveranderlikheid van sy raad wou toon, dit met ‘n eed gewaarborg; sodat ons deur twee onveranderlike dinge, waarin dit onmoontlik is dat God sou lieg, kragtige bemoediging kan hê, ons wat ontvlug het, om vas te hou aan die hoop wat voorlê; en ons het dit as ‘n anker van die siel wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel waar Jesus as voorloper vir ons ingegaan het, Hy wat volgens die orde van Melgisédek ‘n hoëpriester geword het vir ewig.
(Heb 6:17-20)
As dit oor ons gaan is daar nie baie sekerheid nie, maar dit is goed vir die mens om te weet die Here hou ons vas en sal ons nie uit Sy hand laat nie. Ek sal eerder fokus op God wat my vashou, as ek wat God probeer vashou...

Originally Posted by
paidforinfull
3. Na aanleiding van vers 9, dink jy die skrywer van Hebreers se dis nie op hulle van toepassing nie omdat hy eintlik glo hulle is almal gered en kan nie wegval nie, en dat hy hulle eintlik maar net wou 'hard aanspreek' en bangmaak omdat hulle so lank baba Christene wou bly?
Dis hoe ek dit verstaan, sien punt 2...

Originally Posted by
paidforinfull
4. Is jy van mening dat daar 'n verskil is tussen 'terugval' (backslide) en 'wegval' (apostasy)? (Dis nou nie in Hebreers 6 nie, maar tog iets wat ek wil weet.)
Die probleem is, as mens nie naby die Here is nie, sondig mens. Elke liewe keer as mens nie vashou aan Jesus nie, sondig jy. Die keer toe jy jou humeur verloor het, toe jy vir maande of selfs jare lank nie kon vergewe nie ensovoorts. Wanneer verloor mens dan jou redding? Ek is van mening dat daar 'n verskil is tussen redding en verhouding en dat mens wel jou verhouding met die Here kan verloor, maar nie jou redding nie. Ons is dan verseël deur die Heilige Gees en die Heilige Gees is die onderpand van ons redding. Ons word dus verloof aan Jesus as ons wedergebore word en ek lees in die Bybel dat verlowing en die eg, met presies dieselfde erns benader moet word. Toe Josef hoor dat Maria swanger was, was hulle nog net verloof en hy wou in die geheim van haar skei, maar die Here het in 'n droom hom anders oortuig.
'n Droom is nie iets wat ons kan kies nie en deur 'n droom wat 100% net God alleen is, het Josef nie van Maria geskei nie en hierdie hele gebeurtenis waar Jesus ons almal se voorbeeld moes wees, om uit 'n normale huis te kom, kon veel anders gewees het, want Josef het rede gehad om Maria te skei. So het God rede om ons te skei en ek is werklik nie so seker dat dit sommer net kan gebeur nie. Om te glo dat mens jou redding kan verloor, sou dit enigsins moontlik wees, is werklik 'n baie, baie, baie klein moontlikheid. Dit is wat myself betref so klein dat ek dit nie eers kan glo nie, maar ek kan toegee, dat mens so afleiding uit die Skrif kan maak. Tog moet mens dit teen 'n groter prentjie lees en nie altyd in die vers self nie, want daar is vele beloftes en bemoedigings soos byvoorbeeld hierdie een...
Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort. En alles wat myne is, is uwe; en wat uwe is, is myne; en Ek is in hulle verheerlik. En Ek is nie meer in die wêreld nie, maar hulle is in die wêreld; en Ek kom na U toe. Heilige Vader, bewaar in u Naam die wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons. Toe Ek saam met hulle in die wêreld was, het Ek hulle in u Naam bewaar. Oor die wat U My gegee het, het Ek gewaak; en nie een van hulle het verlore gegaan nie, behalwe die seun van die verderf, sodat die Skrif vervul sou word.
(Joh 17:9-12)
Al wie verlore gegaan het was die seun van die verderf, want die Skrif moes vervul word. Mens moet Hebreërs 6:4-6 ook sien teen dit wat aan die einde van Hebreërs 6 staan (vers 17-20) en dit weer vergelyk met wat hierbo in Johannes staan. Vir myself gaan dit oor wat God belowe en hoe Hy my sal bewaar en dat as nie een oor wie Hy hierbo gewaak het verlore gegaan het nie, ek dit ook mag glo. Dit het nie oor die dissipels se getrouheid gegaan nie, maar oor Christus wat oor hulle gewaak het en vir hulle voorspraak gemaak het, soos Heb 6:17-20 aandui Hy dit wel doen, vir ons ook.
Die gelykenis van die saaier belowe dat wanneer jou grond voorberei is, jy vrug sal dra en wortel sal skiet. Hoe word vrugbare grond weer onvrugbaar, as God self die grond voorberei?
Bookmarks