Your Advert here
cure-real

View Poll Results: Wat het jy al deur gelees?

Voters
7. You may not vote on this poll
  • Net die Bybel

    3 42.86%
  • Die Bybel en boeke soos The Shack, Jabes, Da Vinci Code, ens.

    1 14.29%
  • Net boeke soos The Shack, Jabes, Da Vinci Code ens.

    1 14.29%
  • Nie die Bybel OF boeke soos gelys nie.

    2 28.57%
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 22

Thread: Wie het al die boeke deurgelees?

  1. #1
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,703

    Wie het al die boeke deurgelees?

    Wie het al die boeke van begin tot einde deurgelees......en kan onthou waaroor die hele verhaal gegaan het. Ek moet bieg......ek het ook nog nie een van hulle deur gelees nie.....ook nie die Bybel nie.....en ek kry skaam daaroor! Is dit nie verbasend hoeveel storie boeke, meestal valse stories oor die Bybel lees mense deur nie, maar nie die Bybel self nie? Boeke wat top verkopers by christelike boekwinkels is. Om aan hierdie draad deel te neem sal jy BAIE eerlik met jouself moet wees.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  2. #2
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Ek moet nog een boek in die bybel klaar lees, dan het ek al 66 gelees. En in 13 jaar.... Maar ek erken dit maak my skaam om te dink ek het Lord of the Rings al 13 keer gelees! Ek het selfs Stevan Koning se boek Shining deur gelees in twee weke, en so ook meeste van sy ander boeke...

    Ek dink dit is satan wat ons so probeer weg van die woord af hou!
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  3. #3
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    O ja... The shack in 2 dae gelees... Bella - my ma hulle se hond - het wel dit in 5 minute deur gewerk (en ek het haar dankie gesę daarvoor)
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  4. #4
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,703

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Quote Originally Posted by Francois Marais View Post
    O ja... The shack in 2 dae gelees... Bella - my ma hulle se hond - het wel dit in 5 minute deur gewerk (en ek het haar dankie gesę daarvoor)
    Slim hond hierdie.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  5. #5
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Ek het darem al eenkeer die Bybel reg van voor tot agter soos 'n storieboek deurgelees. Toegegee, ek sal dit nooit weer presies so doen nie. Dit het darem te lank geneem om deur die Ou Testament te kom en tot by die Nuwe. Nee, ek sal sterk aanbeveel dat jy 'n leesplan volg om 'n boek in die Ou Testament klaar te lees en dit dan af te wissel met 'n boek in die Nuwe. Die goeie nuus is dat jy dan meer as een keer die Nuwe Testamentiese boeke sal lees, voor jy die Ou Testament heeltemal deur is. Selfs e-Sword kan jou help met 'n leesplan. Beginne net en voer dit deur - die geestelike groei wat jy sal ervaar maak dit heeltemal die moeite werd. Lees wel die boeke as geheel en onthou dat boeke soos 1 Samuel en 2 Samuel eintlik een boek is.

    Die enkele grootste verweer teen dwalinge is juis om die Bybel as geheel te lees - nie soos 'n tydskrif hier 'n bietjie en daar 'n bietjie soos jou belangstelling geprikkel word nie, maar die hele Bybel.

    O ja, ek het darem so halfpad met die Shack gekom - gereken dit sal 'n goeie ding wees om mense se vrae daaroor te kan beantwoord. Ongelukkig het die winterkoue my toe ingehaal en weens 'n ernstige tekort aan kaggelhout ... kan die mense wat godslasterlike boeke skryf nie asseblief bietjie dikker boeke begin skryf nie?

  6. #6
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,703

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    kan die mense wat godslasterlike boeke skryf nie asseblief bietjie dikker boeke begin skryf nie?
    Miskien skryf hulle al hoe kleiner? Ek wil dit graag doen om die Bybel reg deur te bestudeer. Ons lewe is so gejaag dat dit regtig dissipline kos, veral vir 'n ou soos ek wat gladnie baie hou van lees nie. Ek sal eerder (buiten my Bybelstudie natuurlik) 'n dvd oor die laaste dae of Israel kyk.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  7. #7
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    758

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Ek dink die draad bevestig net hoe belangrik dit is om die Woord van God te bestudeer. Mense is geneig om alle ander boeke en studiehandleidings te bestudeer, maar hulle bestudeer nie die Bybel nie.

    Ek glo mens moet eers die Bybel bestudeer voordat jy ander boeke of hulpmiddels begin lees. Jou hulpmiddel kan dalk net die begin van 'n dwaling wees. Sonder 'n grondige kennis van die Bybel in geheel, kan mens nie beoordeel of dit wat jy lees (of kyk) Bybels is of nie.

    Ek is gelukkig dat ek die Bybel twee keer in drie jaar deurgelees het. Daarna het ek onderwerpe bestudeer of sekere boeke. Ek maak nou klaar met die Nuwe Testament in die ou vertaling dan begin ek weer voor in die Ou Testament. (het nog nie die Bybel in die ou vertaling deurgelees nie)

    Alhoewel ek die Bybel seker al vier tot vyf maal deurgelees het, bly dit belangrik om dit deurentyd te doen en nie vas te hak by net die gedeeltes waarvan jy hou nie.

    Groete
    Kalahari

  8. #8
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Op Bybelskool die hele Bybel deurgelees, Genisis tot Openbaring ..... Nuwe Testament al paar keer deur .....

    Tonne, tonne ander boeke, STORIES soos the shack ens ... Frank Perelli ( spelling ? ) se boeke verorber ...... lief vir stories gebasseer op Bybel verhale of persone ..... maar onthou darem altyd KONTEKS .... 'n storie is 'n storie .... ens ......

    Boeke oor Bybel konsepte met die Bybel self as verwysing altyd .... gooi nie 'n boek weg as daar iets is waarmee ek nie saamstem nie, maar volg darem die Gees in wanner om te stop lees, eenkant toe te gooi en 'n ander oop te maak ..... Strongs gewoonlik naby gehou, maar dis darem deesdae bietjie makliker met e-sword byderhand ........

    'n jong pastoor het al tiennertyd vir ons 'n goeie verwysingsraamwerk gegee : ek is mal oor hoender, maar eet nie die bene nie..... haal die kos uit 'n ander skryfsel, maar moet dit nie sommer net afskryf as daar iets onkoubaar in is nie ....... maak net seker dis vars en nie vrot nie ! ......

    nie juis lief vir "pienkboekies" nie - daai soort met al die blommetjie antwoorde op die wereld se modder .......

    iets wat altyd werk : if all else fail, read the Manual ..... ons lewens Manual is natuurlik die Woord .....


    bestudeer op die oomblik ons nuwe baaiks se workshop manuel .....

    PS : sorrie Johnny .... kan nie jou poll invul nie .... dis darem bietjie onesided, dan nie ? ......
    Bybel deurgelees en baie ander boeke en studiegidse , sendingstories, Bybelromanse ens... ens ..... en net een van die " ander" wat jy lys ......
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  9. #9
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,703

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    PS : sorrie Johnny .... kan nie jou poll invul nie .... dis darem bietjie onesided, dan nie ? ......
    Not to worry. Vir een of ander rede het al my "polls" altyd 'n opsie te min vir deelnemers. Pastoor Dries se gisteraand by die biduur: "Ons kan nie verhoed dat voels deur die bome se takke vlieg nie, maar ons kan keer dat hulle daar nes maak".
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  10. #10
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    "Ons kan nie verhoed dat voels deur die bome se takke vlieg nie, maar ons kan keer dat hulle daar nes maak".
    jy is natuurlik bewus daarvan dat hierdie 'n quote is en nie sy eie nie ....... ?!? .....?

    ( en in hierdie draad heel buite verband .... but anyway ......... oppas dat die voeels nie die appels bykom nie ...... ..... )
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  11. #11
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,703

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Dis 'n denne boom....
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  12. #12
    Join Date
    Oct 2009
    Location
    Pretoria.South Africa
    Posts
    273

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Ek het die Bybel al paar keer deur gelees.Van die ander boeke net die da vinci code maar dit was net toe dit uitgekom het en voor die fliek gemaak is.Teen die tyd dat almal daaroor begin praat het, was die storie so half al vergeet.

  13. #13
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,703

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Quote Originally Posted by trudie View Post
    Ek het die Bybel al paar keer deur gelees.Van die ander boeke net die da vinci code maar dit was net toe dit uitgekom het en voor die fliek gemaak is.Teen die tyd dat almal daaroor begin praat het, was die storie so half al vergeet.
    Ek sal moet plan maak anders gaan ek die enigste een wees wat nognie die Bybel deurgelees het nie.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)



    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  14. #14
    Join Date
    Jul 2008
    Location
    God se Provinsie (GP)
    Posts
    699

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    nou dan moet ons prof Horner se bybel lees program begin toepas, 10 stukke op rotasie basis en jy lees nooit weer dieselfde stukke nie ( sal help met die geslagsregisters en so ) Boet se dit bind goed saam soos wat hy nog nie voorheen gesien het nie as jy bv OT en NT en Psalms en Daniel in een sessie doen...

    http://www.facebook.com/group.php?gid=46416541831

    as dit nie vir die groot rooi afrikaanse kinner bybel was nie ( in kelur nogals !) het ek baie stukke van die bybel net geken uit preek 2 /3 versies op slag 8-(

    Toevallig dat so baie van die stukke wat ek gelees het laaste vier of so jaar nuwe testament en spesifiek Efesiers is ? ( die rabbis se glo dat coincidence nie kosher is nie )

    So van die draad af, wat leer Efesiers as boek ons? ( help asb ek mis die obvious goet baie keer )
    Dis alles net genade -Ma Grace
    "My genade is vir jou genoeg, want my krag word in swakheid volbring"

  15. #15
    Join Date
    Oct 2009
    Posts
    106

    Re: Wie het al die boeke deurgelees?

    Ek het vir die eerste klompie jare na my wedergeboorte net die Bybel gelees. (Die uitsondering was “he came to set the captives free” wat, die Here wou hę ek op daardie stadium moes lees om my vir ‘n spesefieke situasie voor te berei.

    Die afgelope tyd lees ek ook ander heilige geskrifte; Edras, Henog, Makabeers, die wysheid van Salomo en hier en daar ook die “gnostiese” geskrifte.

    Sou graag wou weet of iemand saam met my opgewonde hieroor is?

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Smul boeke ...
    By mari in forum Ester se Koffiehuis
    Replies: 3
    Last Post: Oct 27th 2010, 09:48 AM
  2. Bespreking Verwysings na nie-Bybelse boeke...
    By Die Filadelfieer in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 3
    Last Post: May 10th 2009, 08:20 PM
  3. Boeke - lees ons nog?
    By Antonvs in forum Alles en nog wat
    Replies: 13
    Last Post: Dec 28th 2008, 08:14 AM
  4. Apokriewe boeke
    By mari in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 24
    Last Post: Dec 18th 2008, 12:48 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •