Francois het op 'n ander draad gekla oor 'n ou wie se (middel) vinger korter as syne is. Miskien was dit die ou sin?
Dominee laat waai met sy middelvinger
deur Prof. Deon Visser
2010-10-27 21:06
Ek wil graag my dank uitspreek teenoor my NG Kerk-dominee van weleer vir die inspirerende wyse waarmee hy gisteraand (Sondagaand) moeite gedoen het om my vrou en kinders die dieper betekenis van die middelvinger te leer. My arme vrou is nou nog in skok en suikerwater het nie gewerk nie, ek het toe maar whisky gebruik.
Dit het nie gewerk vir haar skok nie, maar ten minste het dit dinge vir my makliker gemaak toe ek haar na ligte-af getroos het – nogmaals dankie, Dominee.
My ou enigste het Sondagaand gou winkel toe gery toe sy in die verkeer voor u ingesny het. Natuurlik het sy te vinnig gery – sy doen altyd! Maar sy vat nie onnodige kanse nie, eintlik bestuur sy baie goed. Ek is dus verbaas dat u reaksie so heftig was. Volgens haar en my jongste seun (wat terloops deur u eie hande gedoop is!) het u u middelvinger vreeslik rondgeswaai in ’n poging om u afkeer ten toon te stel.
Dit het geslaag. My seun glo nou dat as die dominee sy vinger kan gebruik, kan enige iemand. Ek is nogal bekommerd oor wat sy juffrou vandag gaan ervaar, maar ek sal maar bid daaroor.
Dis verstaanbaar dat enigiemand kan kwaad word, selfs dominees. Gits, ek het self laasweek my hande in die lug moes gooi toe ’n antie met ’n wit Mazda 626 bo-oor die vierrigting stop ry, selfoon op die oor en salig onbewus van my wat al begin wegtrek het! Ek het selfs vir ’n nano-sekonde oorweeg om haar agterna te sit en uit te skel, maar gelukkig het ek nie. My middelvinger was ook nie geïsoleerd in enige stadium van ons woordelose kommunikasie nie.
Dominee, ek gaan nie jou naam hier noem nie, want jy is baie bekend en ek weet jy lees Volksblad. Maar ek gaan ’n broederlike vermaning en ’n lewensles in jou rigting gooi. Neem dit ter harte.
As vrouens voor jou inry, moenie vloek of skel nie; gooi jou hande in die lug en bid vir hulle. Die middelvinger, en joune as dominee veral, is nie ’n beskaafde vorm van kommunikasie nie. En nou vir die lewensles, Dominee. Die antwoord is? Wag vir dit. Wag vir dit ... Whisky.
Whisky vat jou stres weg, verlaag jou bloeddruk en kans op ’n hartaanval – en ek is reeds so bekommerd oor jou hart vandag! Moet assebloublief tog net nie bestuur nadat u ’n sopie geneem het nie. Ons wil nie van u lees in die koerant nie.
Prof. Deon Visser
Bloemfontein
http://www.volksblad.com/MyVolksblad...inger-20101027





Reply With Quote

Bookmarks