Your Advert here
cure-real
Results 1 to 8 of 8

Thread: Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

    Iets wat my opval, is dat wanneer mens iemand ontmoet wat 'n ateïs is, dit sonder uitsondering iemand is wat meer as gemiddelde kennis besit. Nog nooit het ekself iemand ontmoet wat werklik net 'n eenvoudige dag tot dag bestaan voer nie en ook 'n ateïs is nie. Miskien het ekself maar net nie genoeg mense ontmoet om 'n werklik akkurate mening hieroor te vorm nie, maar dit wil tog vir my lyk, of mens nie 'n ateïs kan wees as jy nie meer kennis het van byvoorbeeld die wetenskap en veral evolusie, as die gemiddelde mens nie. Kennis tot mens se beskikking het verseker 'n wesenlike en kardinale invloed op die wêreldbeeld wat jy huldig en dit lyk of daar 'n verband tussen kennis tot mens se beskikking en/of geleerdheid aan die een kant en ateïsme bestaan.

    Sou daar wel so verband wees, dan blyk dit dat geen mens 'n ateïs kan wees, as sekere kennis tot hulle beskikking, dit nie so rig nie...

    Wat is julle ondervinding of mening hieroor?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2
    Join Date
    Sep 2007
    Location
    Lichtenburg SA
    Posts
    630

    Re: Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

    In Matt 11:25 sê Jesus: "Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het." Die evangelie is vir eenvoudiges geskryf. Sodra 'n mens jou verstand wil gebruik, dan gaan dit geen sin maak nie. 1 Kor 3:19 "want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God" Jesus het nie verniet gesê dat ons nie die Koninkryk van God kan be-erwe as ons nie soos kinders word nie....

    Eenvoudige (minder intellegente) mense sal nie sommer ateiste word nie, omdat hulle verstand nie in die weg kom nie - hulle aanvaar wat in die Bybel staan soos kinders. Wanneer 'n mens se verstand in die weg kom, dan ontstaan daar vrae wat nie beantwoord kan word nie...

  3. #3

    Re: Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

    Quote Originally Posted by Gene View Post
    Wanneer 'n mens se verstand in die weg kom, dan ontstaan daar vrae wat nie beantwoord kan word nie...
    Baie waar Gene, en een van die moeilikste dinge vir Christene om te aanvaar : daar gaan nie 'n antwoord vir alles wees nie, sekere dinge moet geglo word soos wat 'n kind dit sal glo en klaar.

  4. #4
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

    Om nie te praat van ateiste wat geweldig baie navorsing doen en boeke lees asof hulle die Evangelie en die Bybel verkeerd WIL probeer bewys nie. So baie van hulle gevolgtrekkinge kom neer op die verkryging van redding deur werke en deur jou eie bootjie te roei. Die genade boodskap is in die meeste gevalle afwesig.

  5. #5
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

    Quote Originally Posted by Gene View Post
    In Matt 11:25 sê Jesus: "Ek loof U, Vader, Here van die hemel en die aarde, dat U hierdie dinge verberg het vir wyse en verstandige mense en dit aan kindertjies geopenbaar het." Die evangelie is vir eenvoudiges geskryf. Sodra 'n mens jou verstand wil gebruik, dan gaan dit geen sin maak nie. 1 Kor 3:19 "want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God" Jesus het nie verniet gesê dat ons nie die Koninkryk van God kan be-erwe as ons nie soos kinders word nie....

    Eenvoudige (minder intellegente) mense sal nie sommer ateiste word nie, omdat hulle verstand nie in die weg kom nie - hulle aanvaar wat in die Bybel staan soos kinders. Wanneer 'n mens se verstand in die weg kom, dan ontstaan daar vrae wat nie beantwoord kan word nie...
    Mens kan dit seker nie beter en bondiger stel nie, goeie plasing Gene! Die Bybel bevestig dit sonder teëspraak, dat dit basies mens se eie verstand en wysheid is, wat lei na iets soos ateïsme..., ek dink nie mens hoef eers te twyfel daaroor nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #6
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    600
    Blog Entries
    4

    Re: Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

    Ongelukkig is dit waar. Meeste mense wat ek elke dag mee werk is van 'n Universiteit. Ek het nie baie mense ontmoet wat Christene is nie. Meeste van hulle glo hulle self is 'n god, en dat hulle 'n geskenk aan die wêreld is. Meeste dinge probeer hulle ook verwetenskaplik. Als volgens van hulle het 'n wetenskaplike verklaring. Gelukkig het ek nie genoeg kennis om daai mense aan te vat oor hulle standpunt nie, maar ek vertrou dat Vader my eendag die kennis sal gee om die goeie nuus tussen al die mense wat ek mee werk te versprei.

    Een ding wat ek wel kan sien is dat hulle vertrou op hulle titels, roem, aansien, naam, kennis en geld...
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  7. #7
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,702

    Re: Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

    Ek dink dadelik aan 1 Kor 8:1 wat sê "Kennis maak opgeblase maar die liefde stig."

    Dit is daardie obgeblasenheid wat later omsit in rebellie teenoor die gesag van God. Dit, sou ek sê is die wortel van ateïsme: "jy weet beter as God."
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  8. #8
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Ateïsme, nie vir eenvoudige mense

    Ons ekoloog Mirrelsis vertel dat daar so n klein persentasie uitgesproke Christenne in ekologiese kringe is. Mens sou verwag dat hulle wat soveel meer insig het in God se skepping veral die wonder daarvan sal kan insien en vir die Skepper daarvan die eer toebring. God het geskep en die mens het maar so in sy lewensverloop daarvan kennis geneem en daarvan geleer. Die mens kan nie lewe skep nie , maar kan dit slegs in stand hou in sommige gevalle. Wil die mens nie baiekeer vir homself die roem toe-eien wat hoegenaamd nie by sy adres tuishoort nie?

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Die ou mense sal droom...
    By Francois Marais in forum Alles en nog wat
    Replies: 2
    Last Post: Oct 23rd 2009, 11:48 AM
  2. Eenvoudige gebed
    By Tonton in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 10
    Last Post: Aug 24th 2009, 10:46 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •