Kan ons dalk bietjie praat oor die praktiese sy van die man as hoof van die huis? Wat is die verskil tussen 'n hoof en 'n diktator?
Kan ons dalk bietjie praat oor die praktiese sy van die man as hoof van die huis? Wat is die verskil tussen 'n hoof en 'n diktator?
Karwats vs. sambok ?
Ek het half gehoop die ander manne werp ook 'n stuiwer hierso, want dit is nie asof ek al die antwoorde het nie, maar met hierdie onderwerp is dit, soos met eintlik alles in die lewe, belangrik om balans te hê. " Hoof" beteken nie om almal te hiet en gebied nie. Ek verstaan dit eerder dat 'n skip 'n kaptein moet hê, en dat daar wel tye kom dat iemand in die huis leiding moet neem en die "huweliksbootjie" in 'n rigting gestuur moet word.
Natuurlik is daar mans wat nie opgewasse is hiervoor nie, maar dit is 'n ander storie daardie ...............
Fila
Dankie vir die moeite wat jy doen met die draad, dit gaan nie vir my ongesiens verby nie, dis vir my jammer dat meer van die mans nie deelneem nie, lyk my ons wil eerder net met mekaar stry hierso en die praktiese dinge van die Christelike lewe is nie vir ons so lekker om oor te gesels nie. Maar wat, ons het seker maar almal verskillende dinge wat vir ons belangrik is, ek hoop net ek sal deur die genade van God eendag in die posisie kan wees waar ek vir iemand anders wat homself in 'n soortgelyke posisie as wat ek my nou in bevind, kan leiding gee en 'n voorbeeld wees, want ons sien dit nie meer baie onder mekaar nie.
Ek dink baie mans en vrouens daar buite is erg verward as dit kom by die huwelik en min mense wil hulle monde oopmaak en oor die praktiese dinge daaraan verbonde gesels.
Sedert ons getroud is, het ons mos nie meer 'n sê nie.
Ek het ook nie al die antwoorde nie, Phil, maar ek deel graag vanuit my eie ervaring. Moenie toelaat dat jou vrou die rol van priester op haar moet neem in die huis nie. Staan jou plek vol - in ons huis behels dit onder andere dat ek die ene is wat die Bybel nadertrek na aandete en voorlees. Stap een is dalk om weer 'n gewoonte in jou huis te vestig om saam aan tafel te eet.
Tien jaar gelede toe ons getroud is, het my vrou al wat 'n sepie is gevolg. Ons is nou TV-loos en my vrou het slegs behoefte aan daai lekker ruik tipe sepies wat Fila genoem het. Dit is iets wat ek lankal voorstaan, maar net die Here kan so 'n werk in julle lewe doen. Wat ek vir jou sê is dat 'n mens nooit sulke omwentelinge met die sweep sal regry nie, maar wel deur die Gees.
The Lord is our Shepherd
die Here sal voorsien
it’s the only method
glo dit en jy sal sien
The power of His glory
is the punch line of this story,
ek staan verwonderd en tog
het U alles volmaak besorg
Wie sou kon dink dat dit so 'n deurmekaar tyd in mens se lewe kan wees![]()
Ek sou sê die hoofskap het meer te doen met uiteindelike verantwoordelikheid voor God, as wat dit te doen het met uitvoerende mag. Maar ek dink ook dat iemand in die huwelik die laaste sê moet hê. God het dit so bedoel. Wanneer man en vrou verskil, moet iemand uiteindelik die leiding neem. Hoofskap vir my beteken ook dat ek my gesin moet dien en liefhê soos wat Christus sy lewe vir die gelowiges afgelê het. Dikwels is die leiding wat die meeste respek afdwing leiding deur diens en voorbeeld, en nie leiding deur jou magsposisie af te forseer nie. Om te lei deur jou "servanthood" help jy ook dat almal in die gesin vrywillig jou leiding soek en nie die hoof van die huis (wat uituidelik ook onder Christus se Hoofskap staan) gehoorsaam vanuit 'n opstandige of weersinnige hart nie.
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
Dankie Fila, ek dink altyd aan die voorbeeld wat ons Here aan ons gestel het:
Fil 2:6-8 "Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, (7) maar het Homself ontledig deur die gestalte van ‘n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; (8) en in gedaante gevind as ‘n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis."
Hierdie teks is altyd vir my 'n toets (en uitdaging) vir leierskap: vir die manier hoedat die leierskap "deurkruis" moet wees, as jy verstaan wat ek bedoel. Dis een ding om die boodskap van die kruis te verkondig, maar dis iets anders om dit te leef.
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)
Bookmarks