Your Advert here
cure-real
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 27 of 27

Thread: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

  1. #16
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Randburg, JHB
    Posts
    3

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Ek wil graag by Philip inhaak deur twee dinge by te voeg. Eerstens, "a small boat in a big sea is all right, but a big sea in a small boat, is all wrong". Ek dink dit word belangrik dat Christene hul verhouding tot die wysheid van die wereld behoort te heroorweeg, veral ten aansien van "sielsgeneeskunde" en die derglike meer. Tweedens, die idee dat die Hebreers net 'n monistiese wereld geken het en dat 'n sg "twee-terreine" leer die uitvloeisel is van Griekse denke, laat my wonder of ons nie iets misverstaan omtrent kennis nie. Aan die een kant, as ek byvoorbeeld iets geleer het by 'n ongelowige Hindoe, en dit die waarheid is, dan sal dit verkeerd wees om my nou sondermeer te beskuldig dat ek ongelowiges se waarhede my eie maak. Bv is 2+2=4 waar, ongeag plek, tyd of mens. Aan die ander kant, LANK VOOR Sokrates, Plato en Aristotel op die verhoog van menslike lewe verskyn het, het die bybel na God verwys as die "God van die geeste van alle vlees!" (Num 16:22; 27:16). Meer nog, die bybel gee kennis van die wisselwerking tussen daardie twee verskillende ontologiese werklikhede: "[V]an verdriet het my oog mat geword, my siel EN my liggaam" (Ps 31:10). Dit sal dus 'n fout wees as iemand ons en al ons probleme tot die biologiese en breinchemie vernou.

  2. #17
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Baie welkom by ons Callie! Dankie ook vir jou bydra en ek dink dit kom in 'n tyd waar dit nodiger as ooit is, om veral gelowiges te versterk aan die een kant, maar om mense ingelig te hou oor die algemeen. Mense word so gebombardeer met bevooroordeling wat die media betref, dat mense amper nie eers agterkom hoe skeef die skaal weeg nie..., so asof wetenskap en menslike wysheid alles in pag het. Ek hou van hierdie een!

    "a small boat in a big sea is all right, but a big sea in a small boat, is all wrong"
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #18
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Hi Callie,

    Hierdie is 'n onderwerp wat my na aan die hart lê en dit was al geruime tyd dat mens iets gesoek het wat werklik die toue na die oppervlak bring en dit lyk werklik of jy iemand is wat baie moeite met hierdie saak gedoen het. In kort, wat sou jy reken is die meriete van psigiatrie? Is daar enigsins iets hierin vervat wat die mens nodig het of is dit iets wat liefs nooit moes gewees het nie?

    Ek vra juis hierdie vrae, want na ek jou artikel gelees het, het ek bietjie gaan kyk wat kan mens nog vind op die internet en dit is oorweldigend hoe gekant mense teen psigiatrie oor die algemeen is en watter skade dit al berokken het. Wat my veral opgeval het is die houding wat sekere psigiaters teen hul eie professie inneem...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  4. #19
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Randburg, JHB
    Posts
    3

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Geagte CFJ

    Op jou vraag of psigiatrie enige meriete het (voordele vir mense inhou) sal ek soos volg antwoord. Eerstens, dit is nie net psigiaters (en sielkundiges) wat mense met hul persoonlike probleme kan help of kan vertel wat fout is met hulle nie. In my artikel het ons geleentheid gehad om te sien dat ongeleerde "persone in die straat" net so suksesvol is met diagnose as psigiaters. Maar dit beteken nou nie dat psigiaters en/sielkundiges morele "monsters" is nie. In ander woorde, of psigiatrie meriete het gaan afhang by watter persoon se deur jy gaan aanklop en hoe hy of sy jou laat voel - en dit is 'n uiters subjektiewe saak (kyk weer na die sg "placebo-effek" in die artikel). Wesenlike vrae is onder andere die volgende: Hoe verstaan hy/sy 'n persoon? Is 'n persoon 'n brein in 'n skedel of wesenlik anders? Tweedens, mense verkeer ook onder die indruk dat elke psigiese ongemaklikheid 'n biologiese oorsaak het, dus met een of ander tablet of stropie "genees" kan word. Die probleem is egter soos Philip du Toit tereg opgemerk het in 'n persoonlike e-pos aan my. Wat begin het as 'n psigiese probleem kan na medisinale "behandeling" eindig as 'n liggaam-brein probleem. En as dit eers begin "snowball" het, dan word dit moeilik om te besluit wat eerste was, die hoender of die eier. En hierdie keuse word al moeiliker om te maak na langdurige gebruik van psigiatriese medisyne. Derdens, en dit is belangrik, mense moet nooit dink dat iemand se beursie of mediesefonds en iemand anders se kontantvloei nie 'n rol speel wanneer dit by diagnose kom nie. Sielkundiges sal weet waarvan ek praat as ek byvoorbeeld sal verwys na oordiagnose en die kodifisering van mediese eise wat nie die werklike stand van sake reflekteer nie.

    Wat betref jou opmerking rakende psigiaters (en sielkundiges) wat krities staan teenoor hul eie professie kan ek slegs twee dinge noem. Een, dit sal 'n fout wees om hulle te ignoreer. En twee, hierdie is besondere mense; hulle is besorgd en soek nie hul eie voordeel nie.

    Ek hoop jy vind die bogenoemde van waarde.

  5. #20
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Dankie Callie. Ek kan maar net hoop en vertrou dat meer mense kennis neem hiervan. Ek wil graag iemand skakel wat ek so rukkie terug mee gesels het hieroor, wat werklik glo dat depressie 'n mediese siektetoestand is. Wat ek biddend oorweeg, is om miskien jou artikel uit te druk en dit net aan te bied as iets wat hierdie persoon kan besin oor.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  6. #21
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Ferdi ....

    verwant hieraan is 'n vriendin se storie ...... sy is op 14 met post traumatic stress disorder gediagnoseer en op pille gesit, gepaardgaande met sielkundige behandeling ( wat die probleem bespreek het, maar nie oplossings anders as medikasie kon bied nie ) ...... ja, die trauma wat sy deurgemaak het was erg en haar liggaam het in 'n oordrewe angs reaksie reageer met geringe stress, en natuurlik die gepaardgaande depressie ...... na 'n klompie jare het sy behoorlike pastorale berading ontvang en die oorsaak van die probleem is hanteer volgens die Woord ...... sy het heeltemal verander in 'n stralende gelowige met 'n besonderse getuienis van vergifnis - die sleutel van haar genesing ......

    maar daar was 'n probleem ....... sy kon nie die pille los nie ...... later is vasgestel dat sy te jonk te sterk medikasie ontvang het en haar brein dus die vermoee om sy eie chemiese balans te behou / herstel heeltemal verloor het ....... sy is nog steeds op medikasie - baie ligter dosis, maar kan nie daarsonder finksioneer nie - soos 'n diabeet met insulien .......

    .........................

    aan die ander kant moet ek as autie ma darem so 'n bietjie vir die kopdokters opkom .... nie alle vorme van psigiatrie is seker darem kotteljons nie ........... my kind word gereel ge-evalueer met sielkundige / neurologiese metodes en die inligting help ontsettend met sy ontwikkeling ....... 'n paar jaar gelede is autistiese kinders as "geestesversteurd" gesien - danksy neurologiese navorsing weet ons vandag beter en kan die spesiale outjies gehelp word om hul potensiaal te bereik ......... maar ja, daar is oor medikasie ens. ook maar 'n tameletjie - ouers met fensie mediese fondste worstel met bottels stropies en pilletjies ..... terwyl onse ou gewone ma's en pa's elke ding vat soos hy kom in geloof vir beter dae ......

    .... hoe eet jy 'n olifant ....... ? .... 'n hap op 'n slag ..... met of sonner pille ......

    ... shalom

    .... m
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  7. #22
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,709

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Mari, dit is so. 'n Dipressie wat waarskynlik nie 'n biologiese oorsprong het nie, word met pille behandel, die pille is afhanklikheidsvormend, en nou is die depressie beslis biologies. M.a.w. dit wat die depressie biologies maak is die pille. Tog dink ek kan God mens weer heeltemal herstel dat jy ook nie die pille nodig het nie. Maar ek het begrip vir mense wat afhanklik geword het van die depressie-pille en ek het nie 'n probleem daarmee as hulle op die pille bly nie.

    En ek stem saam, nie alle psigiatrie is kotteljons nie! Ek dink ook nie dis wat Callie impliseer nie.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  8. #23
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Quote Originally Posted by mari View Post
    Ferdi ....

    verwant hieraan is 'n vriendin se storie ...... sy is op 14 met post traumatic stress disorder gediagnoseer en op pille gesit, gepaardgaande met sielkundige behandeling ( wat die probleem bespreek het, maar nie oplossings anders as medikasie kon bied nie ) ...... ja, die trauma wat sy deurgemaak het was erg en haar liggaam het in 'n oordrewe angs reaksie reageer met geringe stress, en natuurlik die gepaardgaande depressie ...... na 'n klompie jare het sy behoorlike pastorale berading ontvang en die oorsaak van die probleem is hanteer volgens die Woord ...... sy het heeltemal verander in 'n stralende gelowige met 'n besonderse getuienis van vergifnis - die sleutel van haar genesing ......

    maar daar was 'n probleem ....... sy kon nie die pille los nie ...... later is vasgestel dat sy te jonk te sterk medikasie ontvang het en haar brein dus die vermoee om sy eie chemiese balans te behou / herstel heeltemal verloor het ....... sy is nog steeds op medikasie - baie ligter dosis, maar kan nie daarsonder finksioneer nie - soos 'n diabeet met insulien .......

    .........................

    aan die ander kant moet ek as autie ma darem so 'n bietjie vir die kopdokters opkom .... nie alle vorme van psigiatrie is seker darem kotteljons nie ........... my kind word gereel ge-evalueer met sielkundige / neurologiese metodes en die inligting help ontsettend met sy ontwikkeling ....... 'n paar jaar gelede is autistiese kinders as "geestesversteurd" gesien - danksy neurologiese navorsing weet ons vandag beter en kan die spesiale outjies gehelp word om hul potensiaal te bereik ......... maar ja, daar is oor medikasie ens. ook maar 'n tameletjie - ouers met fensie mediese fondste worstel met bottels stropies en pilletjies ..... terwyl onse ou gewone ma's en pa's elke ding vat soos hy kom in geloof vir beter dae ......

    .... hoe eet jy 'n olifant ....... ? .... 'n hap op 'n slag ..... met of sonner pille ......

    ... shalom

    .... m
    Dankie vir die bydrae Mari! Ek dink dit is juis die tipe insette wat mens wil sien en meer spesifiek dinge wat in die praktyk kan gebeur, want wat myself betref het ek wel 'n opinie oor die groter prentjie en glo ek psigiatrie is oor die algemeen ontoereikend, maar die feit van die saak is dat dit deel van ons wêreld is en mens moet dit in gedagte hou en die meriete wat daar wel in is kan raaksien...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  9. #24
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Ferdi .....

    Ons mensekinders hou maar van vasklou aan pendilum idees - aan die een kant is enigiets wat met jou kop skeefloop 'n demoon of een of ander "geestelike" deurmekaargeit ...... dan staan die slimme kopdokters heel aan die anderkant en wil alles afbring tot 'n "chemiese" vlak en met pilletjies die "wanbalanse" probeer korregeer .........

    ..... en iewers in die middel is die balans tussen gees, siel en vlees .......

    die beste "sielkundige" raad vind ons in ons geliefde Bybel ! ........ ( agge nee, waar's Bible search ?! ) ....... :

    Be transformed by the renewing of your mind = vernuwe jou denke - verander jou denkpatroon oor 'n situasie .......
    As a man thinks, so he is = jou denke bepaal jou optrede ...... verander dit en jou optrede verander
    leer vergewe pleks van vashou aan bitterheid .........
    die Waarheid maak vry .......

    .... maar binne dit het God ook die slimmes die wysheid gegee om te onderskei wanneer iets wel "chemies" of " nerologies" is ..... dat hulle die kluts kwyt geraak en alles tot 'n amoeba vlak wil afbring, is maar wat ons wat glo in gedagte moet hou .......

    Baie van dit wat ons as "wetenskaplike" feite beskou rondom outisme, werk nie so wanneer geloof en geestelike prinsiepe toegepas word nie : .......
    die slimmes sê kinders met die toestand het nie geestelike insig nie, want hulle denke is te hier en nou en het nie juis plek vir "verbeelding" nie ..... maar het hulle al gesien hoe 'n outistiese outjie wat nie regtig kan praat nie, saam van Jesus sing ?????? ...... of dat kleinman verstaan Ouma is nou nie meer siek nie, maar by Jesus ?? .......
    hulle skryf pille en stropies voor vir die "fits" wat outies kry weens hul erg sensitiewe sintuue wat in "overdrive" gaan ......... ons seunskind het juis weens sy sensitiviteit 'n chemies toksiese reaksie teen die medikansie ontwikkel en pa het dit simuur in die wasbak weggespoel ...... hom styf vashou, saggies in tale sing en hom omvou met die vrede van Jesus werk baie beter ! .......... ( hy is nou al amper 'n jaar "fitloos" .... ) ......
    " ouers met outistiese kinders is geneig tot chemies verwante depressie weens die gedurige hoë vlak van stress " .... nope ! .... al gehoor van die vrede wat alle verstand te bowe gaan wat jou hart en verstand in Christus bewaar ? ..... DIT WERK !

    en so aan .... en so aan ..... en so aan .......

    maar aan die ander kant het neurologiese navorsing die beeld van outisme heeltemal verander met breinscans en behoorlike psigiatreise toetsing .......... die kinders se eintlike probleem is nie 'n vorm van vertraagdheid of geestelike versteuring nie ...... wat eintlik gebeur is dat dele van die brein te vinnig werk, wat nie die res kans gee om op te vang nie ...... en die bisare emosionele optredes het te doen met sintuie wat baie sensitiewer as die gewone mens s'n is, en nie alles kan deur 'n alreeds ooraktiewe breintjie verwerk word nie .......
    in die verlede is hierdie kinders as vertraag en geestesversteurd behandel met die gevolge dat die besige breintjie hier by tiener begin afskakel het en die kind dan wel as vertraagde volwassene opeindig ...... vandag is daar psigiatriese en ander terapiee wat hulle help om breinfunksie te integreer .... en desensitasie tegnieke met arbeidsterapie wat die wereld bietjie draagliker maak ...... nou kry ons al outiste in Amerika wat as volwassenes tot professors en doktors uitpop waar hul potensiaal van hoë intellegensie en sensitiewe sintuie tot hul voordeel gebruik kon word ......

    ..... anyway ...... hoop julle verstaan wat ek probeer oordra ......... psigiatrie in balans het wel sy meriete, maar enige van die uiterstes is maar ewe van die brug af ......... ons denke / gemoed is nie suiwer net die een of net die ander nie ........ sielkundiges wat alles met pille probeer uitspoel sonder werklike insig van die gees / siel, sit die pot heeltemal mis en pasiente moet bedag wees daarop ( veral die met die mega bucks mediese fondse ) ........ maar "geestelikes" wat alle deurmekaargeit as demonies of wat ook al probeer benader, moet ook maar hulle koppe laat lees .........

    en dan kry jy nog die new age lot wat alles in overdriwe vat met kossies en olitjies en klippies ! -

    aai, ons mensekinders kan darem deurmekaar raak as ons ons oë van die LIG af wegdraai ! ..... g'n wonder die wetenskaaplike kopdokters koteljons so onder ons nie ! .......
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  10. #25
    Join Date
    Nov 2010
    Location
    Randburg, JHB
    Posts
    3

    Help Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Geagte Mari (en Ferdi en Philip)

    Ek moet bieg, ek het lank gewik en weeg hoe om te reageer op die paar dinge wat tot dusver oor en weer tussen ons berig is. Aan die een kant is dit omdat die inhoud van Mari se persoonlike omstandighede my tot trane dwing, en aan die ander kant omdat die hele affêre oor sielsgenesing vir my ‘n persoonlike aangeleentheid geword het. Ek verduidelik. Ek is van oortuiging dat ons hemelse Vader SPESIALE kinders aan SPESIALE OUERS toevertrou. Ek voel ontsettend klein in vergeleke met hulle, en (2) omdat ek self bekend is met smarte wat my soms soos ‘n hoë muur omring. My oudste dogter (nou 26 jaar oud), was deur vyf mans verkrag toe sy 16 jaar oud was. Ek kan nie begin om die omvang daarvan te beskryf nie, maar wat relevant is tot ons gesprek is dat sy later as ‘n bipolêr-versteurde gediagnoseer was sodat ‘n sekere antidepressant aan haar voorgeskryf kon word (geen diagnose, geen medisyne!). Ongeveer twee maande terug, twee weke nadat die dokter haar ‘n pil voorgeskryf het, sny sy toe haar polse (en gelukkig is sy betyds gevind). My hartseer is dat ek BAIE DINGE WEET, maar min omtrent dit doen, veral ten aansien van die effek van dinge wat in die naam van die wetenskap plaasvind (onder andere, om ons anders te laat dink oor ons Vader, Jesus Christus en die bybel).

    Dit is daarom belangrik dat ek net weer sê wat ek voorheen gesê het. Ek gaan dit so effe anders stel: ‘n Masjien-geweer is opsigself nie gevaarlik nie, maar die oomblik as hy deur die mens gehanteer word, kan ons enigiets verwag. So werk dit met die wetenskap. As ek die analogie ‘n bietjie mag rek, NIE alle persone skiet ewe goed NIE. Dit volg, ons mag NIE dink net omdat die woord “wetenskap” gebruik word, dit outomaties INSIG, VEILIG en REG beteken NIE. Om my punt te illustreer sal ek die volgende voorbeelde gebruik, almal aankondigings oor ‘n periode van nege dae.

    • Neurowetenskaplikes het onlangs bevind dat persone wat gedurende wintermaande gebore word, ‘n hoër risiko het om neurologiese versteurings op te doen, soos bv “seisoenale affektiewe versteuring”, bipolêre depressie en skisofrenie (webartikel: 6 Des 2010). Proefnemings op muise bewys dit! “Seisoenale affektiewe versteuring”??? Dit is iets wat meer by sterrewiggelary hoort as die wetenskap.
    • Neurowetenskaplikes het onlangs bevind dat anti-depressante het “side-effects” op persone wat aan depressie lei (NOU EERS???). Die nuwe antwoord is ‘n proteïn wat die verbinding tussen reseptore “disrupt” – dié het skynbaar dieselfde uitwerking as ‘n anti-depressant. Hier is hul “bold claim”: “After we administered the [protein] peptide, we saw a marked improvement on depression related behavior”. Wie (of wat) se gedrag is waargeneem? Muise! (webartikel: 7 Des 2010).
    • Neurowetenskaplikes het bevind dat OORMATIGE alkohol by jeugdiges lei tot depressie tydens volwassenheid (NOU EERS???). Oor vrae soos sonde sal ons eerder swyg (webartikel: 7 Des 2010).
    • Neurowetenskaplikes het onlangs bevind dat “Yo-Yo” diëte lei tot depressie. Die proefnemings op muise het gelei tot die volgende aanname: “Now we have the reason why a pizza or a chocolate cake seems such an enticing prospect after a stressful day at work. ‘n Ander studie: “A new animal study [on mice, of course!] has found that exposure to stress post dieting can increase chances of binge eating” (vraatsug???) (webartikel: 7 Des 2010).
    • Neurowetenskaplikes het onlangs bevind dat die atmosfeer waarbinne ‘n persoon aan lig blootgestel word, lei tot veranderinge in die brein en “bad mood” soos bv depressie. Bv, soos om in die nag onder lig te werk. Ek kan nie help nie, ek moet vra: HOE ANDERS WERK IEMAND IN DIE DONKER? Wie (of wat) was die “proefkonyne”? Twee mannetjie hamsters (webartikel: 7 Des 2010).
    • Neurowetenskaplikes het onlangs bevind dat bullebakke (“bullying”) op skool daartoe lei dat neurochemiese veranderinge in ander kinders se breine ontstaan, en dat dit slagoffers kan predisposisioneer tot depressie, angs en selfmoord. Weereens, ek kan nie help om te vra nie: Is dit wetenskaplik of “commonsense”? Breine wat “ge-scan” is van volwassenes wat “gedokumenteer” het dat hulle tydens skooljare geboelie was, het getoon “they had observable abnormalities in a part of the brain…” (webartikel: 28 Nov 2010).
    • Neurowetenskaplikes het onlangs bevind “my brain made me buy it”; “we shop because of our innate primal instincts, because it creates a pleasurable response in our brains…”. Die benaming vir dié verskynsel is: “Neural shopper” (webartikel: 7 Des 2010).
    • Neurowetenskaplikes het onlangs die “mommy brain” ontdek. Studies het getoon (gedokumenteer in die akademiese joernaal Behavioral Neuroscience) dat moeders se breine direk na geboorte in volume toeneem. Hoe so? Dit help hulle onder andere “to find their babies”, om hulle te VERSORG en te VOED! Hule slotsom: “[N]ew moms are more emphatic creatures… What’s interesting are the causes of all this emphathy” (webartikel: 1 Des 2010).
    Dit is wat die media aan die man op straat vertel word in die naam van die neurowetenskap. Anders gestel, die boodskap is dat die neurowetenskap die antwoord het vir elke menslike skeet, gier, “afwyking” en probleem. MAAR LET OP waar die OORSAAK van PROBLEME GESOEK en GEVIND word: die BREIN!!!!!!!!!! En wat moet ons dink is die ANTWOORD op dié “goeters”? PILLE!!!!!! Om die minste te sê, ek voel vernederd, want as DIT wetenskap is, dan het ek ‘n probleem van my eie: ‘n VERSTEURING VAN MY COMMONSENSE! Dink julle daar is al ‘n pil op die rak? Laat weet seblief!

  11. #26
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,531

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Ek moet eerlik met myself hier wees Callie, dat as ek 'n keuse moet maak vir of teen psigiatrie as voorbeeld, ek nie vir een enkele oomblik sal huiwer om daarteen te wees nie en jou skrywe hierbo eggo my eie gevoel daaroor. Die rede is juis dat sonde se effek op die mens negeer word en allerlei ander redes gesoek word om die mens se aksies te regverdig, net om hulle in 'n muisvalletjie (PILLE en sogenaamde gesag van die wetenskap binne die raamwerk van menslike nietigheid) te laat beland. Ek glo die mensdom is in wese naïef, oor hoe hulle 'n speelbal van satan geraak het...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  12. #27
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,709

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Quote Originally Posted by Callie View Post
    Om die minste te sê, ek voel vernederd, want as DIT wetenskap is, dan het ek ‘n probleem van my eie: ‘n VERSTEURING VAN MY COMMONSENSE! Dink julle daar is al ‘n pil op die rak? Laat weet seblief![/FONT]
    Ja nee kyk, dit is juis omdat daar nie pille is vir stupidgeit nie, dat die populêre wetenskap opdis wat dit opdis!
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •