Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 27

Thread: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Unhappy Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Jesus het Sy 12 dissipels uitgestuur en hulle volkome bemagtig, op wie Hy ook Sy hele koninkryk gebou het... en Paulus som dit so op..., 'So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ‘n heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ‘n woning van God in die Gees.' (Efe 2:19-22 AOV) Ons word volgens hierdie beginsel, wat deur beide die profete en apostels as fondament (die basis van ons bestaan kan mens dit seker ook noem) vir ons gestel is, gebou tot 'n woning, van God in die Gees. Dít, is groot woorde, om gebou te word as 'n woning van God in die Gees!!! As mens miskien net kan terugkyk na waar alles begin het en wat Jesus gedoen het om Sy apostels te bemagtig, staan daar byvoorbeeld die volgende...
    En Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.
    (Mat 10:1 AOV)

    Jesus het hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en ook die vermoë om elke siekte en kwaal te genees. Dit is werklik eenvoudig en soos ek verstaan is dit net die volgende, geestestoestande en fisiese kwale is wat Jesus se apostels moes genees. As dit werklik so eenvoudig is, waar laat iets soos die ongelooflike kompleksiteit van psigiatrie ons dan?

    Hieronder is 'n uitstekende artikel op Philip se webblad, wat elkeen gerus kan lees om meer hieroor te wete te kom..., want ons leef in tye waar die waarheid lankal nie meer erken word nie en psigiatrie (ook bekend as sielsgeneeskunde) het ernstige leemtes wat mens van bewus moet wees, as jy werklik geloof in God nog belangrik ag...

    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  2. #2

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Ek is nog besig om die artikel te lees, maar ek vind dit uiters insiggewend. Dit kom maar net neer op die ou ou storie: Die mens, vervreemd van God a.g.v. sonde en 'n sondige natuur(wil), probeer om hul skande te verberg onder vyeblare en weg te kruip van God af.
    In moderne terme is die vye-blaar sielkundige verskonings soos chemiese wanbalanse, en hul kruip weg binne die dekmantel van filosofiese materialisme waarmee vandag se wetenskappe deurtrek is.

    'n Interessante artikel wat, ek dink, goed hierby aansluit is J Budziszewski se 5 furies of conscience.
    Die artikel is 'n studie van die morele wet, die menslike gewete en spesifiek die dinge wat mense doen om die aanklag van die gewete (en dus die morele wet) te probeer ontwyk of stil te maak.

    Hier is die artikel: http://www.touchstonemag.com/archive...id=16-07-027-f

  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Hi chisel,

    Wat mens nogal graag sal wil ondersoek, is of geestestoestande meer onder beheer is aan die een kant weens psigiatrie, maar belangrik aan die ander kant... of psigiatrie nie maar bloot in die denke toestande genereer wat 'opgespice' word om sielsgeneeskunde 'n gemanipuleerde tuiste as geneesmiddel te probeer gee, sodat God se antwoord tog net nie beskikbaar moet wees nie?

    Dit lyk werklik of geestestoestande erg toeneem en so kompleks gemaak word dat net 'geleerdes sogenaamd verstaan'.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  4. #4
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Quote Originally Posted by chisel View Post
    Ek is nog besig om die artikel te lees, maar ek vind dit uiters insiggewend.
    Een van die belangrike aspekte wat hierdie artikel aanraak, is die leuens wat psigiatrie in wese as wetenskap voorhou, wat nog van 'n eksakte wetenskap sou mens dit net meer wil beklemtoon. Dit is regtig een van die beste artikels wat ek nog hieroor gelees het en dit sal interessant wees wat Philip en ook miskien ook dr Callie Joubert hieroor kan byvoeg in hierdie draad.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  5. #5
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Ek sit nou en giggel oor die Parental Alienation Disorder! Die 'gehoorprobleem' wat ook hiermee gepaard gaan , word maklik met n warm agterwereld opgelos. DAN skiet die ore vinnig oop en sussie se kamer word vinnig in orde gebring!

    Op n ernstiger noot: Ek dink min van ons gewone burgers het geweet van soveel korrupsie en waninformasie in die psigiatrie veld. Want as hierdie kennis algemene kennis moet word , sit menige 'kopdokter' sonder n inkomste...

  6. #6
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Op n ernstiger noot: Ek dink min van ons gewone burgers het geweet van soveel korrupsie en waninformasie in die psigiatrie veld. Want as hierdie kennis algemene kennis moet word , sit menige 'kopdokter' sonder n inkomste...
    Ek kan net saamstem protea en dit wys mens net soos die Hollanders sê, 'n leuen hardloop snel, maar die waarheid agterhaal hom wel. Iemand het op die regte tyd die leuen blootgestel... Dit is soos met die evolusie debat, sonder leuens kan God se skeppingswerk nie 'aangevat' word nie en hier sien mens basies dieselfde tendens by psigiatrie of sielsgeneeskunde. Ons is eintlik bederf met ons taal, wat 'n term soos sielsgeneeskunde het om in een oogopslag te sien waarop dit poog om neer te kom, die genesing van die mens se siel. Wie is in beheer van die mens se siel en daardie antwoord sal wys Wie die ware Sielsgeneser is... Is die Bybel nie ook en veel meer beskrywend as sielsgeneeskunde nie?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  7. #7
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Ferdi, ek stem saam.
    Maar waag dit nou net om aan die mense die waarheid te vertel.....
    Snaaks dat as mens net eers skimp na bevryding as behandeling dan maak hulle sommer gou-gou 'n saak van belastering oop teen jou.... Vir God het sommige mense geen tyd nie want hulle glo nie meer in Hom nie, maar durf waag die Duiwel die skuld gee vir 'n sielesiekte dan is jy in die moeilikehid
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  8. #8
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Anneke,

    As mens die eenvoud wat God gegee het ignoreer, kompliseer mens iets later so, dat eenvoud die enigste logiese antwoord raak. God spot met die mens staan daar, maar die mens let dit nie op nie...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  9. #9
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Quote Originally Posted by protea View Post
    Ek sit nou en giggel oor die Parental Alienation Disorder! Die 'gehoorprobleem' wat ook hiermee gepaard gaan , word maklik met n warm agterwereld opgelos. DAN skiet die ore vinnig oop en sussie se kamer word vinnig in orde gebring!
    Hier is nog so paar belaglikhede...

    • Hou 10-jarige Jannie daarvan om sy wiskunde-huiswerk te doen? Volgens die DSM-IV (met sy 374 persoonlikheidsversteurings) het Jannie Development Arithmetic Disorder.
    • Miskien is hy ‘n outjie wat met sy ouers argumenteer oor wat belangrik en onbelangrik is vir hom. Jannie het nou Oppositional Defiant Disorder.
    • En as ‘n sielkundige of psigiater bevind dat sy ouers sy gedrag opmaak (“uit hul duime suig”), dan lei hulle aan Fictitious Disorder Syndrome.
    • Indien sy ouers weier om vir hulself professionele hulp in te win, dan is dit ‘n simptoom van ‘n onderliggende sielkundige abnormaliteit. Dit is daar, reg in die DSM: hulle het ‘n Noncompliance with Treatment Disorder (sien Hunt, 325-326).

    ... en dan hierdie een,

    Sover terug as 1972 het Stanislav Andreski in sy Social Sciences as Sorcery geskryf, “psychology is perhaps the most difficult of all the sciences…where, consequently, significant discoveries are rare… Most of the practitioners, however, do not like to admit this and prefer to pretend that they speak with the authority of an exact science…” (p. 25).
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  10. #10
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,442
    Blog Entries
    10

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Snaaks dat wanneer ouens geneeskunde studeer, moet hulle 'n geestes-vak neem,,,, want dit is bewys dat pasiente vir wie daar gebid word, beter herstel
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!




  11. #11
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Besoek gerus die webblad hieronder, waar hierdie mense 'n plek geskep het, om vele webblaaie wat psigiatrie ondersoek en blootstel, op een enkele webblad opgesom word en vir iemand wat vêrdere navorsing wil doen, is dit die ideale plek om te besoek...

    Psychiatry Exposed
    The Truth about Psychiatry
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  12. #12
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    In die video hieronder, kan mens geen ander afleiding maak, as dat psigiatrie nie 'n eksakte wetenskap is nie en selfs psigiaters erken dit...

    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  13. #13
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,480

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    In eie geledere word erken of skyn dit dat psigiatrie, bepaald, bedrog is...

    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  14. #14

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Een van die belangrike aspekte wat hierdie artikel aanraak, is die leuens wat psigiatrie in wese as wetenskap voorhou, wat nog van 'n eksakte wetenskap sou mens dit net meer wil beklemtoon. Dit is regtig een van die beste artikels wat ek nog hieroor gelees het en dit sal interessant wees wat Philip en ook miskien ook dr Callie Joubert hieroor kan byvoeg in hierdie draad.
    Dit laat mens nogal aan die sogenaamde oorsprongswetenskappe dink. Wetenskap begin deesdae te groot raak vir haar skoene, deur 'n rol aan te neem wat sy nie kan vervul nie. Sielkunde is gebasseer op dieselfde materialisme waarop evolusie gebasseer is. Trouens ek dink moderne sielkunde is 'n uitvloeisel van evolusie in vele opsigte.
    Evolusie probeer ons vertel dat ons nie geskape wesens in die beeld van God is nie, maar blote chemiese ongelukke is. Soos Ravi Zecharias sê, "a chance colocation of atoms".
    As hierdie waar is, dan moet sielkunde sin maak van ons gedrag vanuit 'n eksklusief chemiese oogpunt.

    "Neurowetenskap behels “the investigation of brains…born of the belief that nothing is out of bounds to science”"
    As niks buite die ruim van die wetenskap is nie, en die wetenskap soos ons vandag geleer word uitsluitlik kyk na die die materiele wêreld, dan is neurowetenskap gebasseer op die idee dat alles materie is. So van die intrapslag af, word die bonatuurlike uitgesluit by die studie van breine, nie deur obserwasie of logiese deduksie nie, maar as gevolg van 'n a priori filosofiese besluit. So, selfs al is 'n aspek van ons bestaan geestelik, weier die wetenskappe om dit te erken.
    Presies dieselfde wat mens sien met die oorsprongs-wetenskappe, soos kosmiese, chemiese, organiese en biologiese ewolusie.

    As ons hele bestaan blote chemie is, dan is die oplossing vir al ons probleme chemies. Maar hoe weet die wetenskappe dat ons hele bestaan blote chemie is? Vir dit om waar te wees moet die wetenskappe omvattende kennis oor elke liewe aspek van menswees hê, maar dit het dit nie. So alhoewel wetenskappe trots verklaar dat dit slegs op obserwasie en logiese deduksie staatmaak, is die hele fondasie daarvan gebasseer op 'n idee ('n 'belief') wat niemand gesien of logies bepaal het nie.

  15. #15
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: Psigiatrie of Sielsgeneeskunde

    Hallo ja. Hierdie artikel van dr. Joubert verwoord 'n baie belangrike aspek. Dieselfde tendens wat ingetree het in die antropologie (leer oor die mens) - naamlik dat die mens bloot as materie gesien word en dat bewussyn, wil, siel, gees en gedagtes bloot as funksies van sinapse en neurone gesien word - het gekom in die teologie - naamlik om die bybel te stroop van alles wat bonatuurlik is.

    Vir my persoonlik is dit belangrik dat die fisiese (natuurlike) en geestelike (bonatuurlike) geskei is. Op dieselfde wyse is die liggaam en die gees/siel van die mens van mekaar geskei - ("skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg" - Heb 4:12). Bv. ons gaan verheerlikte liggame kry maar ons siel en gees bly voortleef by die wederkoms. My bekommernis byvoorbeeld met die Hebrew roots movement is dat hulle die siel/gees en liggaam vermeng - en dit as "Joods" identifiseer, terwyl dit in wese Joods-kabbalisties is, dus okkulties / Babilonies en oosters (= New Age). Die New Agers sê mos ons is deel van God, en God is deel van ons. Dit is die volgende stap in die vermenging van siel en liggaam. Die Hebrew Roots ouens sê die sg. "dualisme" van Paulus is Grieks, maar dit is nie Grieks nie, dit is Bybels!

    Aan die ander kant nou weer ontken die naturaliste die geestelike / bonatuurlike dimensie en sien alles as materie.

    Dus, beide New Age Denke en naturalistiese (materialistiese) denke is MONISTIES = d.w.s. hulle erken NET EEN realiteit (hetsy materiëel of geestelik).

    Die bybelse wêreldbeeld behou egter 'n TWEELEDIGE REALITEIT, waarin die fisiese en geestelike (of te wel die materiële en nie-materiële) GESKEI is.

    Hoop dit maak sin.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •