Ons leef in tye waar depressie so algemeen soos teerpaaie is en dit lyk of sommige mense heeltyd op hierdie pad van depressie is. Dit lyk soos 'n pad wat nooit gaan ophou nie, maar soos met alle teerpaaie, is daar 'n begin en 'n einde en daar is hoop en ook genesing vir depressie!

As jy iemand is wat self aan depressie lei, gaan ons probeer om in hierdie draad of onderwerp 'n paar goeie wenke te gee en oor tyd hoop mens om 'n waardevolle bydra te lewer. Sou jy graag hulp wil h van een van ons, weet dat 'n hele paar van ons beskikbaar is, maar ons het 'n aanlyn berader, wat spesifiek vir jou hier is. Jy kan meer oor hom lees in hierdie draad en ook hoe om hierdie forum tot jou eie voordeel te kan gebruik, sou jy hulp nodig h.

Weet een ding, die Here bied volkome genesing vir enige geestes-toestand, enige siekte of enige kwaal en dit behoort alle mense se vertrekpunt te wees, in 'n wreld waar die lewende God op die agtergrond geskuif word, oor veral aansprake in die wetenskap en wysheid van die mens. Mense vergeet ook dat ons 'n praktiese God dien en baie keer is wonderwerke nie nodig om 'n saak te beredder nie, maar bloot praktiese logika. 'n Mens wat byvoorbeeld genoeg slaap inkry, waar die liggaam herstel word en die regte kosse eet, is al reeds in die regte rigting om iets soos depressie te oorwin. Ek dink mens onderskat reg eet en genoeg slaap en veral die eenvoud daaragter.

Hou gerus hierdie draad dop en enige iemand wat graag 'n bydrae wil maak is meer as welkom...