Re: e-boek : Skepping en Evolusie - onversoenbaar !

Originally Posted by
Die Filadelfieer
Hierdie boek, geskryf deur Hennie Mouton, kan gratis
hier afgelaai word.
Ek het so vinnig "deurgeblaai" en dit blyk nogals baie interesant, en volledig (amper 500 bladsye !) te wees.
Dalk 'n goeie onderwerp om te bespreek so rondom die kersfeestafel ?

Fila, dit lyk my hierdie link werk nie meer nie. Ek het die boek op die internet gaan opsoek, en al wat ek kry is 'n blad wat se as mens die boek wil bestel kan mens dr. Mouton kontak. (Wysiging: oops, sorry, ek het nou net Son of the South se skakel gekry wat wel werk. Ek sal dit daar gaan lees.)
In elk geval, ek wil net noem dat geloof in evolusie vreeslik gevaarlik is, want as dit sou waar wees (wat dit definitief nie is nie) sou God en sonde nie bestaan nie.
Christene kan nie in evolusie glo as hulle die Woord van God as waarheid aanvaar nie.
Ons gemeente het 'n DVD gekyk waarin Wetenskaplikes bewys het dat die Skepper bestaan ("The Case for the Creator" deur Lee Strobel), want selfs een sel is so gekompliseerd dat dit onmoontlik sou wees om uit niks uit te kon vorm nie.
God IS.
Blessings
B.
-----------------------------------------------------------------------------------------------------------------
"for in Him we live and move and have our being."Acts 17:28
1 Cor. 2:10 "but God has revealed it to us by his Spirit. The Spirit searches all things, even the deep things of God." (NIV).
Bookmarks