
Originally Posted by
Gene
Dit is presies die rede waarom God alleen mag wraak neem - omdat die mens banuit 'n heel ander oogpunt na die situasie kyk, en God oor al die kennis beskik, terwyl die mens nie al die kante van die saak ken nie. As die mens moes wraak neem, sou dit heel anders daar uitgesien het....
Ek kan net saamstem hiermee Gene, want dit gaan uit en uit oor die mens se vermoë...

Originally Posted by
Gene
Weet jy CFJ, ek verstaan alweer nie heeltemal wat jy hier probeer sê nie... as jy sê dat dinge soos regverdigmaking en heiligmaking deel is van die uitverkiesing, dan beteken dit steeds dat alles God se werk is en dat Hy besluit wie Hy regverdig/heilig wil maak en wie nie. Daarteenoor is sy straf presies die teenoorgestelde. Hy straf ALLE wandade. Hy besluit nie na goeddunke wie Hy wanneer moet straf nie, want Hy is 'n regverdige God - Hy skeer ALMAL oor dieselfde kam. Die enigste rede waarom dit soms vir ons nie konsekwent lyk nie, is bloot omdat ons nie alles kan sien nie.
Soos hierbo onderstreep, dink ek dit gaan uit en uit oor die mens se vermoë. As mens oor redding (regverdigmaking), heiligmaking en verheerliking praat, is dit iets wat binne die mens se vermoë is? Kan die mens dit self vermag? As mens bloot na die mens se liggaam kyk en veral die werking van die mens se liggaam, dink ek daar is 'n les of twee wat mens moet oordink. Ons hart klop vanself en so is daar baie onwillekeurige spiere, waaroor die mens, soos in absoluut geen beheer het nie. Elke asemteug is in God se hand, nie ons s'n nie. Mens kan seker redeneer dat die mens self sy eie hart kan verswak, sy asem kan ophou ensovoorts, maar my argument gaan oor wanneer die mens wil lewe en die Here hierdie silwerdraad betreffende die organe afsny en iemand se asem of hartklopslag, op Sy bevel stop! Wie kan dit keer? Hoekom leef een langer en 'n ander korter? Hoekom haal een swaarder asem as 'n ander een? Is almal wat se silwerdraad afgebreek word, gelukkig genoeg dat hulle betyds hul saak kon regmaak?
Ek dink mens moet kyk watter beheer God oor sekere organe in ons liggaam het, gegewe die ultimatum van lewe of dood, soos hierbo verduidelik, om iets te verstaan van die geestelike realm. As God in die fisiese realm hierdie beheer het, hoekom sou Hy dit nie ook in die geestelike realm hê nie? As ons reken dit is regverdig dat in die fisiese realm, sekeres blind is, sekeres kreupel is en selfs misvormd is en ons op hierdie wyse dit prakties sien en nie een van ons dit kan ontken nie, hoekom erken almal van ons gegewe hierdie absolute feite, dat ons steeds 'n regverdige God dien? Tog, wanneer hierdie dinge in die geestes realm gebeur, dan maak van ons 'n onderskeid en dink ons God is nie regverdig nie? Weet ons wat regverdig is? Ek sal graag Skrif wil gee, waar ek met hierdie Skrif, 'n harde werlikheid van die geestes realm wil postuleer wat die mens nie wil aanvaar nie, gemeet teen 'n werklikheid in die fisiese realm, wat ons tog aanvaar. Hoekom is die mens so, wonder ek?
In Romeine 9 staan 'n gedeelte wat almal wil vermy, maar dit is 'n opsomming van vele ander dele en net in Romeine 9 vind mens hierdie saak so intens gestel...
Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie! Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil. Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan? Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie? Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie? En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?
(Rom 9:14-24 AOV)
Vir wie skryf Paulus hier as hy vra, ('Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord?')... en as hy die relaas so eindig of eerder stel, [En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het, juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid, ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?]?
Hy skryf verder oor geregtigheid en God se beheer daaroor, soos ons asemteug...
En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word; want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ‘n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.
(Rom 9:27-28 AOV)
In my eie verstaan en veral praktiese verstaan, so glo ek, moes ek leer dat God se beheer my vry maak en nie bind nie. Ek is nie 'n marionet in Sy hande nie, maar kry identiteit deur Hom. Dit is presies net mooi die teenoorgestelde wanneer mens Hom nie ken nie, dan is jy 'n marionet in satan se hande. (Die ironie is egter, dat die mens net mooi anderste om dink, want die mens dink hy is vry, terwyl hy gebind is en dink ook God bind hom, terwyl God vry maak) Ek was van nature gebind en as Hy my nie kom vry maak het nie, sou ek dit uit myself nooit vermag, begeer of bedink het nie. Ek dink hierdie hele debat oor volstrekte vry genade en vry wil (as vry wil nie volstrek is nie, bestaan dit nie), gaan oor een enkele beginsel, hoe erg was die sondeval? Was dit kritiek tot ons stand of was dit slegs iets wat ons in 'n bepaalde wyse terughou in ons stand om voor die Here geregtigheid te doen, heiligmaking te bewerk en verheerliking te bereik?
Hierdie laaste vraag hierbo, is die rede wat ek persoonlik glo, die rede is hoekom meeste mense oor hierdie saak verskil, waar ek myself die beste kon sien in my geestelike dooie toestand, my absolute gevalle wil, om God se geregtigheid (nie wat die mens dink geregtigheid is nie), God se heiligmaking (nie wat die mens dink dit is nie) en God se verheerliking (nie die mens se trots nie) te doen, in Sy vrymakende krag. Hy het my losgeskeur in die begin, Hy skeur my steeds los wanneer Hy my louter en dit alles, maak my vry, wanneer ek nie self dit sou kies nie. Ek kan dit wel aanvaar, maar aanvanklik was dit nie ek wat dit gekies het nie. So sal Hy ook Sy kinders verheerlik en Hy doen dit self, ons kan nie ons liggame self verander by die laaste basuin nie. As ons almal 100% kan saamstem, wat ek in voortvarendheid kan sê oor ons finale verheerliking, hoekom kan ons nie ook saamstem oor heiligmaking en regverdigmaking nie? Is dit ons, of God wat werk, terwyl Hy barmhartig is oor wie Hy wil, want niemand kan Sy wil weerstaan nie. Die Woord sê dit tog in duidelike taal, maar ek besef almal stem nie saam hieroor nie...
Bookmarks