Your Advert here
cure-real
Page 2 of 2 FirstFirst 12
Results 16 to 24 of 24

Thread: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

  1. #16
    Join Date
    Dec 2010
    Location
    South Africa
    Posts
    8

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Kom ons kyk wat die Kerk van vandag vir ons bied. Gaan ons kerk toe om die Woord te hoor of net ons eie ego te streel. Matt 21:12-17 praat van die reiniging van die tempel. Baie van vandag se kerke voel vir my soos`n handelshuis waar geld prioriteit nommer een is. JESUS het in die tempel ingegaan en dit van binne skoon gemaak. Die Woord van GOD moet daar suiwer verkondig word en ongesuiwerde elemente moet verwyder word. Wanneer laas of heellaas, hoor ons nog bekeringsboodskappe van die kansel af? Kerke word soos maatskappye bestuur waar. Vanaf vers 18 tot vers2 in Matt 21, word daar gepraat van die verdroogdevyeboom. As JESUS vandag by kerke moet instap en kom eet van die vye(Woord) daar, gaan HY niks vind nie as net leë banke en sê:"Laat daar uit jou tot in ewigheid nooit weer vrugte(Woord) kom nie"! Wil ons hê dit moet gebeur? Wil ons kerke soos gedroogde vyebome wees, waar geen vrug(Woord) gedra word nie? Nee, kerke moet baie meer sending bewus wees, want dit was JESUS se groot opdrag in Matt 28:19, "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies en doop hulle in die Naam van die VADER, en die SEUN en die HEILIGE GEES, en leer hulle om alles te onderhou wat EK hulle beveel het. As ons nie hierdie opdrag uit voer nie, broers, is ek bevrees, kan die kerke maar hulle deure toemaak.

  2. #17
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,530

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Hi Merweda,

    Ek dink jy raak 'n baie belangrike punt aan, dat as Kerke nie meer uitgaan na 'n verlore wêreld nie, hulle beperkte bestaansreg het. Daar is wat sending betref 'n baie groot leemte, maar aan die anderkant kan mens dit aanvaar, bloot omdat dit voorspel was dat dinge so sou wees. Tog is daar weer sending-uitreike aan die anderkant, waar mense hulleself stuur en nie van die Here gehoor het nie. Miskien is hulle nie teen die evangelie nie, maar die vraag is, kan mens uit jouself gaan sendingwerk doen, as die Here jou nie gestuur het nie? Dit lyk so half of baie romantiseer oor sendingwerk en meer agter avontuur aan is as iets anders, maar ek glo tog dat selfs hier, kan die Here Sy eer in Sy opdrag laat geld...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


  3. #18
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,459
    Blog Entries
    16

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Sendingwerk (of evangeliesasie) gebeur te min maar dit gebeur darem nogal. Dit is deels dit wat my ek probeer sê het deur my vorige poste. Die lewens bloed van 'n kerk (en die kerk as geheel) is sy lewensbloed. Sonder dit gaan die kerk beslis uitsterf. 'n mens is geneig om daaraan te dink as iets wat mens in die buite land gaan doen. Maar dit kan net in jou die buurt ook wees. By my kerk (ek noem dit net as voorbeelde) het ons verskeie sulke bedienings. Ons stuur elke jaar mense na Indië, Malawi, Zambië, Sommige Europese lande, selfs Zimbabwe. Maar daar is ook 'n bediening waar mense na kroeë en nagklubs gaan om daar die evangelie te verkondig. Dit werp baie goeie vrugte af. Ek het self al 'solewinning sommer op Stellenbosch kampus gedoen. Al wat kommerwekkend is, is dat daar te min mense in die kerk betrokke word by hierdie bediening. Ons kerk is redelik groot en as almal in spring en deelneem sal ons regtig 'n verskil maak. So op die oomblik gaan dit baie daaroor om mense te laat besef dat apart van ander rolle wat hulle speel, hulle eintlik ook aan so iets moet deelneem. Baie mense is te bang om met mense te gaan praat. Bang vir wat mense gaan sê en vir harde grond. Maar ons sal, met die Here se genade, tog eendag almal aanboord kry.
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."


    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.


    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

  4. #19
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,166

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post
    Ek sal graag julle menings wil hoor hieroor. Ek plaas dit hier waar almal toegang het om dit te lees, want ek dink dit is van kardinale belang.

    Wat is ons as Christenne se rol in hierdie land? Hoe is ons veronderstel om op te tree teenoor geweld, moord, verkragting, diefstal en die ander honderde onmenslikhede wat daagliks in hierdie land plaasvind?

    Dit is asof die kerk aan stilswye lei. Ons is 'n geslote gemeenskap wat ons in kerkgeboue opsluit. Selfs die ACDP, wat sogenaamd 'n Christelike party hier is, is taamlik baie stil.

    En terwyl ons aan stilswye lei en net onder mekaar kla oor die toestand, raak dit net al erger. Hoe erger dit raak, hoe moeiliker gaan dit word later om dit stop te sit.

    Baie mense maak staat daarop dat die wederkoms nie meer ver is, dat Jesus binnekort al die goed sal stop. Die probleem wat ek hiermee het is ons as kerk het nog heeltemal teveel werk om te doen, glo ek, voordat Jesus kom. Die oes is nog te klein...

    Ek sal graag julle menings ook wil hoor.
    Die geweld, moord diefstal en verkragting in ons land het baie wye repperkussies. Hier op Lighuis wil Christene vanuit hulle verstaan van die Bybel sin uit die gebeure maak, maar dit is ook teoloë wat tans met die goed worstel. Hier is 'n uiters relevante artikel waarvan ons in hierdie worsteling kennis moet neem.
    Attached Files Attached Files

  5. #20
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    968

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Dankie David

    Die slotgedagte hou beslis vir ons 'n sleutel: "Ons moet daagliks bid dat die Here ons en ons gesinne van die Bose sal bewaar." Die gelowiges móét die sout wees wat die verderf teëhou, deur daaglikse totale oorgawe aan God en Sy bewaringskrag.

  6. #21
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    968

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Ek wil tóg 'n gedagte byvoeg. Die verderf het nie ewe skielik gekom nie. Bietjie vir bietjie is alles wat goed en heilsaam is afgebreek.

    Ek was in 'n tegniese hoërskool, wat op daardie stadium by implikasie 'n seunskool was. Nou hoe dink julle hou mens bykans 'n duisend 'normale' jongmanne op die regte pad? Wel, onder andere was ons onderhoof 'n meester op die gebied van kindersielkunde. So het die skool ook 'n reel gehad oor haarstyl: nie te lank nie, nie te kort nie, nie gekleur nie en geen byderwetse style nie. As jy 'n GROOT rebel in die skool was, het jy 'n 'step' in jou hare laat sny. Dan was jy nou 'mean'. So, wat was die doel van daardie 'onsinnige' militaristiese reel? Dit het tog die verderf teëgehou, deurdat rebelse jong mannetjies hulle nie tot erger wandade gewend het nie.

    So, hoe breek 'n mens 'n samelewing se moraliteit totaal af? Wel, jy begin nie by moord en verkragting nie. Jy begin by die klein dingetjies, soos ontagsaming van verkeersreels, rommelstrooiing ens. Later word dit heeltemal aanvaarbaar om te skei en hertrou...op 'n dag skrik ons wakker en siedaar: moord en verkragting.

    Die feit dat dit ons vandag skok is dalk maar 'n teken van God se genade. Dat Hy ons oë daarvoor oopmaak, sodat ons die wereld se verlorenheid kan besef, terwyl daar nog 'n kans op redding is.

    Die kerk MAG NIE net soos die wereld wees en lyk nie!

  7. #22
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,459
    Blog Entries
    16

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Die van julle wat die burger lees sal dalk die volgende raak gelees het " Ek sukkel om te verstaan waarom mense die NG Kerk swartsmeer as hulle nie daar gelukkig is nie. Ons lewe in 'n vry land. Vind 'n ander kerk of los die kerk. Moslem en Jode sal nie op hul moskees/sinagoges en gelowe kritiek lewer nie." dit is vir my 'n interessante punt. Jy sal nooit hoor dat 'n sinagoge leeg loop of dat Moslems wonder oor die rol van die moskee nie. Dis vir my nogal 'n jammerte dat dit altyd lyk of Christene so sukkel om eenheid te bewerkstellig. Ons is so geneig om na mekaar te hap. En dit kan 'n baie aantreklike gesig vir die res van die wêreld wees nie
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."


    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.


    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

  8. #23

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Quote Originally Posted by 14390876 View Post
    Die van julle wat die burger lees sal dalk die volgende raak gelees het " Ek sukkel om te verstaan waarom mense die NG Kerk swartsmeer as hulle nie daar gelukkig is nie. Ons lewe in 'n vry land. Vind 'n ander kerk of los die kerk. Moslem en Jode sal nie op hul moskees/sinagoges en gelowe kritiek lewer nie." dit is vir my 'n interessante punt. Jy sal nooit hoor dat 'n sinagoge leeg loop of dat Moslems wonder oor die rol van die moskee nie. Dis vir my nogal 'n jammerte dat dit altyd lyk of Christene so sukkel om eenheid te bewerkstellig. Ons is so geneig om na mekaar te hap. En dit kan 'n baie aantreklike gesig vir die res van die wêreld wees nie
    Waarom sal Satan onenigheid in moskees en sinagoges wil skep? Om die mense die gleentheid te gee om 'n vars kykie na Christenskap te gee? Ek twyfel.
    Onenigheid is JUIS by ons, want die waarheid is Christus. Satan haat daardie waarheid en probeer gedurig wanorde skep in ons kerke. Hoe meer suksesvol 'n kerk, of hoe meer 'n kerk se prioriteite en leerings in lyn is, hoe groter is die aanvalle.

  9. #24
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,530

    Re: Watter rol het ons as kerk in hierdie land?

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post
    Onenigheid is JUIS by ons, want die waarheid is Christus. Satan haat daardie waarheid en probeer gedurig wanorde skep in ons kerke. Hoe meer suksesvol 'n kerk, of hoe meer 'n kerk se prioriteite en leerings in lyn is, hoe groter is die aanvalle.
    Dit is een van die redes hoekom ek glo dat byvoorbeeld die NGK, verdedig kan word (gegewe omstandighede nou en in die verlede), want die NGK het verseker nie van 'n leuen afvallig geraak nie, nie soos baie beweer hulle altyd nog 'n leuen was nie. Daar is in 'n sekere sin 'n baie positiewe rigtingwyser in Kerke wat afvallig word, hulle moet iewers in hul verlede die waarheid besit het...

    Jehovah Getuies as nog 'n voorbeeld, word net eenvoudig nie afvallig nie, gaan kyk maar hoe stabiel is die omgewing waarin hulle opereer. 'n Leuen kan nie afvallig raak nie...
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg


Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Watter dienskneg is jy?
    By Kalahari in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 10
    Last Post: Nov 9th 2010, 07:19 AM
  2. Bespreking Wanneer is 'n kerk nie meer 'n kerk nie ?
    By Die Filadelfieer in forum Alles en nog wat
    Replies: 25
    Last Post: Jan 25th 2010, 05:53 AM
  3. Watter Kerk?
    By MercyChild in forum Alles en nog wat
    Replies: 8
    Last Post: Jan 4th 2009, 09:44 PM
  4. Watter Bybel?
    By Lanie in forum Alles en nog wat
    Replies: 6
    Last Post: Nov 16th 2008, 08:10 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •