
Originally Posted by
RR van Wyk
Ek sal graag julle menings wil hoor hieroor. Ek plaas dit hier waar almal toegang het om dit te lees, want ek dink dit is van kardinale belang.
Wat is ons as Christenne se rol in hierdie land? Hoe is ons veronderstel om op te tree teenoor geweld, moord, verkragting, diefstal en die ander honderde onmenslikhede wat daagliks in hierdie land plaasvind?
Dit is asof die kerk aan stilswye lei. Ons is 'n geslote gemeenskap wat ons in kerkgeboue opsluit. Selfs die ACDP, wat sogenaamd 'n Christelike party hier is, is taamlik baie stil.
En terwyl ons aan stilswye lei en net onder mekaar kla oor die toestand, raak dit net al erger. Hoe erger dit raak, hoe moeiliker gaan dit word later om dit stop te sit.
Baie mense maak staat daarop dat die wederkoms nie meer ver is, dat Jesus binnekort al die goed sal stop. Die probleem wat ek hiermee het is ons as kerk het nog heeltemal teveel werk om te doen, glo ek, voordat Jesus kom. Die oes is nog te klein...
Ek sal graag julle menings ook wil hoor.
Bookmarks