Your Advert here
cure-real
Page 1 of 2 12 LastLast
Results 1 to 15 of 25

Thread: Wanneer het Satan en sy engele geval?

  1. #1
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,488

    Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Hierdie onderwerp split af van 'n ander gesprek of draad en gaan bloot hieroor, wanneer het satan geval?
    1. Was dit saam met Adam en Eva?
    2. Was dit voor Adam en Eva?

    ...en belangrik, waar in die Skrif kan mens dit bevestig, want daar was seker nie 2 afsonderlike sondevalle nie..., of was daar?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  2. #2
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,418
    Blog Entries
    16

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Hierdie onderwerp split af van 'n ander gesprek of draad en gaan bloot hieroor, wanneer het satan geval?
    1. Was dit saam met Adam en Eva?
    2. Was dit voor Adam en Eva?

    ...en belangrik, waar in die Skrif kan mens dit bevestig, want daar was seker nie 2 afsonderlike sondevalle nie..., of was daar?
    ek het al hieroor nagedink maar nog nooit 'n volledige studie daaroor gedoen nie. Ek sou beslis sê daar was net een sonde val, want ek sien nie skriftelike gronde vir meer as een nie. Die plek wat dikwels gebruik word om na lucifer se val verwys is daai plek in jesaja wat ek nie nou mooi kan onthou nie. Sover ek onthou spesifiseer dit nie 'n vaste tyd wat mens maklik binne Genesis kan plaas nie. Maar ek sal raai, van uit wat vir my sin maak (sonder dat ek nou dadelik 'n skrif daaraan kan heg, ek sal wel gaan kyk) is dat satan geval het voor adam en eva. My rede hiervoor is dat dit duidelik dat die slang (waarin hy gevaar het) met voorbedagte rade vir hulle verlei het. So hy was klaar besig om teen God te rebelleer. Ek dink die vraag hang baie af van of jy bedoel 'wanneer het hy van die pad af gegaan' of 'wanneer het hy uiteindelik uitgegooi .' dit maak vir my sin dat satan, nadat sy poging om God aan te vat nie gewerk het nie en hy 'verneder', hy besluit om dit wat hy beskou as 'n 'swak plek' in God se skepping aan te vat om so vir God 'terug te kry' en dan sommer ook te oorheers. Dit is vir my 'n baie interessante onderwerp. Ek sou ook wil weet (alhoewel ek klaar 'n idee het oor die antwoord) ook wil weet hoekom God, nadat Hy satan uitgegooi het, Hy nie ook satan van al sy magte gestroop het nie? Ek meen as jy 'n offisier het wat sy mag misbruik het, fire jy hom nie net nie, jy vat ook al sy mag weg. So duidelik het God nog 'n plan met hom gehad. Dis vir my altyd wonderlik hoe God satan se eie planne teen hom kan gebruik, selfs terwyl satan dink hy't gewen
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

  3. #3
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,488

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Iain,

    Dis 'n onderwerp wat ekself ook nie 100% seker is nie, maar dit wil vir my lyk dat Satan net voor Adam en Eva, maar in dieselfde tydvak geval het. Daar was immers reeds 'n boom van kennis van goed en kwaad en Adam en Eva mag nie daarvan ge-eet het nie, wat dus wys daarop dat sonde reeds moes bestaan het, maar tog het God Sy skepping as 'goed' (inteendeel, baie goed!) beskryf in Genesis.
    Toe sien God alles wat Hy gemaak het, en—dit was baie goed. En dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
    (Gen 1:31 AOV)

    Die vraag is nou, het God ook die engele geskape, as daar staan dat Hy alles gemaak het? Hier is 'n deel wat sê dat Lucifer deur God geskape was, volkome in die tuin van Eden was en dat daar eers toe onreg in hom bevind was...
    Jy was in Eden, die tuin van God; allerhande edelgesteentes was jou bedekking: karneool, topaas en jaspis, chrisoliet, oniks, sardoniks, saffier, karbonkel en smarag; en van goud was die werk van jou kassies en groewe aan jou; op die dag toe jy geskape is, is hulle berei. Jy was ‘n gérub met uitgespreide vlerke wat beskut, en Ek het jou gestel op ‘n heilige berg; ‘n god was jy; jy het gewandel tussen vurige gesteentes. Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. Weens die grootheid van jou koophandel het hulle jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe, en Ek het jou tussen die vurige gesteentes uit vernietig, o gérub wat beskut! Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp, Ek het jou oorgegee voor die aangesig van konings, dat hulle op jou neer kan sien.
    (Ese 28:13-17 AOV)

    Die tuin van Eden was spesiaal vir die mens geskep...
    Ook het die HERE God ‘n tuin geplant in Eden, in die Ooste, en daar aan die mens wat Hy geformeer het, ‘n plek gegee.
    (Gen 2:8 AOV)

    As ek dit nou reg het hier, dan was Satan of Lucifer nie gevalle voor die skepping begin is nie, maar na alles volmaak geskep was. Die presiese tyd van Lucifer se val weet mens nie, maar dit lyk of dit tussen die 6de dag en die opdrag aan Adam, dat hulle nie van die boom van kennis, van goed en kwaad mag ge-eet het nie, moet wees. Lucifer of Satan het soos ek hier aflei, geval net voor Adam en Eva in ongeveer dieselfde tydvak...

    Die groot vraag wat ek nou het, was daar dan twee sondevalle... eers Satan en sy engele en toe Adam of moet mens dit eerder sien as een aspek, waar die sondeval eers gemanifesteer het toe Satan se manipulasie tot volheid kon kom?
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  4. #4
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,418
    Blog Entries
    16

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Ja dit is meestal hoe ek dit ook sien, ek sien steeds net een sondeval. M.a.w ek sien satan se val en adam se val as gesaamentlik een. Want ek sien nie dat dit so beskryf word nie
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

  5. #5
    Join Date
    Apr 2007
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    1,704

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Ferdi, ek verstaan ook dat die Satan waarskynlik in net voor Adam en Eva se sonde geval het.
    Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."

  6. #6
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Ja, ek stem saam, die duiwel het geval voor Adam ... want dit was sy val wat Adam se val veroorsaak het..... Satan het agv sy sonde, Adam (Eva) versoek..... ketting reaksie??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  7. #7
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    759

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Ek dink die meeste is eens dat satan voor Adam geval het. Ek twyfel egter of die val van satan Adam se val veroorsaak het. Die verantwoordelikheid van die sondeval is die mens en sy keuse wat hy gemaak het. (en veral die swakker geslag)

  8. #8
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post

    Okay, miskien nie veroorsaak nie maar wel aanleiding gee tot of, beinvloed...
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  9. #9
    Join Date
    Feb 2008
    Location
    Suidkaap
    Posts
    1,052
    Blog Entries
    1

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    nou kom daardie eeue oue vraag weer na vore .... :

    God het gesê : moenie hiervan eet nie..... die slang het aan Eva 'n ander storie vertel.... Eva het geëet en aan Adam gegee om te eet ..... Adam het saam geeet .......

    later, toe God vir Adam konfronteer, antwoord hy : .... die vrou wat U my gegee het .......

    so, wat nou :

    wie se skuld was die sondeval / .... ????

    God wat die keuse aan Adam voorsien het......?
    satan wat Eva verlei het.... ?
    Eva wat die vrug geneem en geeet het wat God verbied het ...?
    Of le die sondeval in Adam se optrede .... ?

    die satan darenteen, is nooit voor enige keuse gestel nie, hy was 'n engel, 'n gerub, 'n dienskneg van God .......

    maar sy trots het hom tot 'n val gebring .......
    Ps 139 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar! Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon, ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

  10. #10
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,486
    Blog Entries
    10

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Quote Originally Posted by mari View Post
    nou kom daardie eeue oue vraag weer na vore .... :

    God het gesê : moenie hiervan eet nie..... die slang het aan Eva 'n ander storie vertel.... Eva het geëet en aan Adam gegee om te eet ..... Adam het saam geeet .......

    later, toe God vir Adam konfronteer, antwoord hy : .... die vrou wat U my gegee het .......

    so, wat nou :

    wie se skuld was die sondeval / .... ????

    God wat die keuse aan Adam voorsien het......?
    satan wat Eva verlei het.... ?
    Eva wat die vrug geneem en geeet het wat God verbied het ...?
    Of le die sondeval in Adam se optrede .... ?

    die satan darenteen, is nooit voor enige keuse gestel nie, hy was 'n engel, 'n gerub, 'n dienskneg van God .......

    maar sy trots het hom tot 'n val gebring ......
    .
    Is dit nie die eerste val nie...... "Pride came to a fall"
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  11. #11
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,418
    Blog Entries
    16

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Quote Originally Posted by mari View Post
    nou kom daardie eeue oue vraag weer na vore .... :

    God het gesê : moenie hiervan eet nie..... die slang het aan Eva 'n ander storie vertel.... Eva het geëet en aan Adam gegee om te eet ..... Adam het saam geeet .......

    later, toe God vir Adam konfronteer, antwoord hy : .... die vrou wat U my gegee het .......

    so, wat nou :

    wie se skuld was die sondeval / .... ????

    God wat die keuse aan Adam voorsien het......?
    satan wat Eva verlei het.... ?
    Eva wat die vrug geneem en geeet het wat God verbied het ...?
    Of le die sondeval in Adam se optrede .... ?

    die satan darenteen, is nooit voor enige keuse gestel nie, hy was 'n engel, 'n gerub, 'n dienskneg van God .......

    maar sy trots het hom tot 'n val gebring .......
    die skuld lê beslis nie by God nie, alhoewel ek glo Hy die situasie sien kom het en 'n plan met dit in gedagte gemaak het. Maar die skuld is vierkant op die skouers van die laaste drie: satan, adam en eva. Al drie het teen God gesondig en daarom is al drie gestraf
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

  12. #12
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    759

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Die skuld van die sondeval is 100% die van die mens. Die mens het die vrug geëet en is daardeur verdoem.

  13. #13
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,418
    Blog Entries
    16

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Ja 100% die mense se skuld m.a.w adam en eva se skuld is gelyk. En satan het ook skuld, anders sou God hom nie gestraf het nie
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

  14. #14
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    759

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Die mens is skuldig, want hy het oortree. Adam en Eva het albei oortree en is dus skuldig. Dit is 'n Bybelse beginsel dat elkeen vir sy eie dade gestraf sal word. Daar is nie iets soos die skuld dra vir ander of die geslag dra die straf van hulle vaders nie. Genadig het God egter besluit dat Sy Seun ons skuld kan dra.

  15. #15
    Join Date
    Feb 2004
    Location
    Stellenbosch, South Africa
    Posts
    6,418
    Blog Entries
    16

    Re: Wanneer het Satan en sy engele geval?

    Quote Originally Posted by Kalahari View Post
    Die mens is skuldig, want hy het oortree. Adam en Eva het albei oortree en is dus skuldig. Dit is 'n Bybelse beginsel dat elkeen vir sy eie dade gestraf sal word. Daar is nie iets soos die skuld dra vir ander of die geslag dra die straf van hulle vaders nie. Genadig het God egter besluit dat Sy Seun ons skuld kan dra.
    ja daaroor stem ons saam. Maar, sonder om die draad te ontspoor wil ek weet: geneties oorerflike goed soos alkoholisme en ander. Dit is tog dikwels die gevolge van wat vorige geslagte gedoen het. Is dit nie dalk wat bedoel word by Exodus 34:7 nie? Ek wonder net. Is die negatiewe gevolge van 'n daad nie maar dieselfde as 'n soort natuurlike straf vir daai daad nie?
    "I am come that they might have life, and that they might have it more abundantly."

    in all your ways acknowledge Him, and he will make your paths straight.

    Many are the afflictions of the righteous; But Jehovah delivereth him out of them all.

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Engele wat aan mense verskyn...
    By CFJ in forum Vrae en menings oor die Bybel
    Replies: 19
    Last Post: Nov 13th 2009, 10:36 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •