ja daaroor stem ons saam. Maar, sonder om die draad te ontspoor wil ek weet: geneties oorerflike goed soos alkoholisme en ander. Dit is tog dikwels die gevolge van wat vorige geslagte gedoen het. Is dit nie dalk wat bedoel word by Exodus 34:7 nie? Ek wonder net. Is die negatiewe gevolge van 'n daad nie maar dieselfde as 'n soort natuurlike straf vir daai daad nie?
Daar het self 'n paar van my familie se bloedlyn vloeke wat gebreek is in my lewe. Daar was byvoorbeeld al 'n alkoholis in my bloedlyn. So ek het daai een sommer gou afgesny. Ek het ook al gesien hoe mense van sulke goed verlos word. Ek dink homoseksualiteit kan dalk ook hiermee te make hê, want ek dink daar is beslis genetiese faktore wat 'n rol speel. Ek glo gene is die wyse waarop dit gewoonlik versprei. Dit pas ook met die idee dat dit tot die derde of vierde geslag aanhou, want dit werk geneties ook so, so ver ek weet
Nou wil ek weet wat is die verskil tussen die negatiewe (en onvermydelike, soos by die FAS geval) gevolge en 'n soort natuurlike straf wat op die kinders neerkom. Ek stem saam dat elkeen sy eie sonde dra, maar nie noodwendig die gevolge daarvan nie, en ek verstaan Exodus 34:7 dat dit juis dit sê (so daar is die Skrif) dat dit aandui dat die gevolg van sondes 'n bloed lyn vloek kan wees. Ek sien die sondeval as een groot bloedlyn vloek waar elkeen meer geneig is om te sondig as gevolg van al die sondes wat voor hulle gegaan het. Daarom kan net God dit keer.
En wat van dit: Joshua 7. Achan sondig. Daar is net een man wat sondig, of so lyk dit. Maar wat sê God vers 11 (NIV jammer vir die engels): israel has sinned; they have violated my covenant, which i commanded then to keep... Etc. Duidelik wys dit dat God die hele Israel verantwoordelik hou vir een man se sonde al het meeste van (en kon meeste van hulle) hulle nie eers daarvan geweet nie (hulle moes uitgewys word) tog straf God op die ou end, deur Joshua, nie net vir Achan nie, maar sy hele familie. Ek is seker ek kan ander sulke gevalle uitwys as jy my tyd gee.
Trouens, dit is vir my duidelik dat God in 'n baie keer 'n soort limiet het van hoeveel sonde hy kan vat. Asof die sonde van 'n nasie of groep 'n sekere graad of frekwensie bereik waarna God op grootskaal intree. Jy noem dat Israel dikwels na God terug gedraai het. Maar ek is seker daar was in hierdie 'goeie tye' mol sonde was (ek glo dis onmoontlik om heeltemal te ophou sondig, al kan mens daaraan werk). So m.a.w God het nie na een sonde skielik besluit om Israel te straf nie. Dit was eers na 'n kritiese massa bereik is, wat daar straf (bv uitlewering aan ander nasies). Jesus sê ons moet dissipels van die NASIES maak. As nasies gered kan word, beteken dit hulle kan ook sondige nasies. Hoekom anders sou God israel vra om hele nasies uit te wis (m.a.w vroue, 2 jarige kinders, ALMAL EN ALLES). Dis soos 'n vrot appel of kwarentyn. Jy moet afgesonder (en soms afgesny) word omdat jy die siekte kan versprei. Gaan jy my sê dat ALMAL in sodom presies dieselfde graad van sondigheid gehad het? Ek twyfel. Maar God weet wanneer iets gered kan word en wanneer dit 'n verlore saak is. As God kon sien dat sodom (selfs tien mense) was wat dalk gered kon word dan was daar hoop, en was hulle miskien vandag nog daar. God het beide 'n persoonlike en globale fokus. Hy reageer beide op individue en op hele groepe saam. So ja, 'n persoon se sonde is elke persoon se eie verantwoordelikheid, maar die oorsaak en gevolg daarvan is nie noodwendig nie.
Bookmarks