cure-real
Page 3 of 4 FirstFirst 1234 LastLast
Results 31 to 45 of 55

Thread: Facebook Gevaarlik?

  1. #31

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Goeie plasing Dawid. Ek wonder ook baie watter rol persoonlike voorkeure op mense se geesteslewe speel.(Watter rol speel persoonlike voorkeure op myne?) Partykeer, soos die voorbeelde wat jy hierbo noem, klink die mense taamlik baie teenstrydig met wat die Bybel sÍ, wat die Bybel ons leer.
    Baie mense se roepings en stemme wat jy noem as pretensie is seker waar. Alhoewel dit vir my klink na om soos met vuur te speel, sulke mense kan nie werklik glo in 'n ware lewende God nie, anders sou hulle die nagevolge daarvan vrees.

    Op 'n ander draad op die engelse kant het iemand ook vir my gesÍ ek moet nie "persoonlike voorkeure" op ander afdwing nie. Dit is nie die eerste keer wat ek hiervan hoor nie. Om dood eerlik met jou te wees, stoei ek bietjie met hierdie een. Hoe op aarde onderskei jy hierdie persoonlike voorkeure van wat die Bybel ons leer? Partykeer is dit so na aan dieselfde, partykeer eenders, dat ek sukkel om onderskeid te tref.
    Hoe ek voel oor facebook, vertel my, is dit maar my persoonlike voorkeur, of is dit 'n waarskuwing gerig op my van die gevare van facebook en die honderde redes hoekom ek ongemaklik daaroor voel? Wat is die verskil tussen intuisie en persoonlike voorkeur?

    Waar kom hierdie woord "persoonlike voorkeur" nou eintlik vandaan en is dit nie maar net 'n verskoning wat Christenne gebruik as hulle nie hou van wat iemand anders sÍ nie?
    Wanneer vermaan jy 'n mede Christen, en wanneer dwing jy jou persoonlike voorkeure op iemand anders af?

    Jy het my baie gegee om te kyk na, om baie meer in diepte te ondersoek. Om veral meer in diepte na myself te kyk.

    Facebook is gevaarlik. Vir party minder as ander. Maar so is die res van die wÍreld ook gevaarlik. Het ek 'n probleem met mense wat deelneem aan facebook? natuurlik nie. Daar is heelwat mense wat die woord verkondig op facebook. Dis glad nie 'n plek wat gesien kan word as 'n plek met 'n tekort aan Christenne nie. So ek is seker ek kan my energie beter spandeer op ander gebiedde.

    Ek verstaan egter dat mens nie net moet sit en wag totdat jy 'n "stem" hoor voordat jy die woord verkondig nie, dis seker wat jy eintlik bedoel het. Maar mens moet versigtig wees om bossies te gaan en jou eie ding te doen sonder leiding. Geskiedenis het al gewys hoe problematies dit is.

  2. #32

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Ek stoei regtig hard met hierdie persoonlike voorkeur ding. Al wat ek kan sÍ, deur myself te ondersoek, dat juis die feit dat ek 'n Christen is, dat ek die waardes het wat ek het, getroud is, ens. my tot dusver verhoed het om deel te wees van facebook. Noem mens dit persoonlike voorkeur?
    Ek is nie heeltemal oortuig nie. Kan ek myself so baie krediet gee? My sondige natuur? As ek nie so lief was vir my Skepper nie het ek seker lankal by facebook aangesluit. Maar dan moet ek ook bysÍ dat ek nooit facebook gesien het as opsie om die evangelie uit te dra nie. Nog alteid net gesien as 'n euwel.

    'n paar jaar van nou gaan mense seker vir my sÍ dis my persoonlike voorkeur dat ek nie gay is nie... tye verander...


    Ek wil niemand ontstel of kwaadmaak deur wat ek sÍ nie. Ek probeer net sin maak van hierdie onderwerp. Ons sieninge verskil partykeer nogal drasties.

  3. #33

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Ek het amper die hele naweek spandeer op hierdie onderwerp. Toevallig het die preek sondagoggend ook aangesluit by dit.

    Mens moet baie duidelik onderskeid tref tussen "groentjie" Christenne en "ouer" Christenne. Mens erken die groentjies partykeer nogal vinnig uit. Daar is natuurlik niks daarmee verkeerd om 'n groentjie te wees nie, dis maar net waar jou geestelike groei is, en dit is beter as om glad nie 'n Christen te wees nie.
    Dawid, dit wat jy genoem het, van die mense wat gesÍ het: "God het vir my gesÍ", terwyl die Bybel vir jou sÍ dit kan nie wees nie, hierdie persoon praat nonsens, ek ly af dat dit jou vreeslik ontstel? Waarom laat jy 'n ander se onkunde, se soekke na die waarheid, jou so laat ontstel?

    As ons die Bybel lees, dan lees ons in die ou testament van die ou profete en Joodse leiers, waardeur God duidelik, met 'n duidelik herkenbare stem praat, of deur drome, of 'n brandende bos, of hoe ookal. Baie dink dit is hoe God steeds met die mens komminukeer... lankal nie meer nie!

    Dit is baie meer persoonlik, baie nader en intens, soveel so dat jy dit baie keer verwar met jou eie denke. Die Heilige Gees, die deel van God in elkeen van ons. Die vervulling van die wet, want die Heilige Gees is soveel beter as 'n geskrewe wet, deurdat die wet op ons harte is. Wie besef dit? Wie herken daai stem? Daardie invloed op jou lewe?

    'n Christen, wat sy lewe oorgee aan sy Skepper, wie kan sÍ hy het persoonlike voorkeuses? Kan daar werklik so iets bestaan? Mens sal natuurlik redeneer elkeen het 'n keuse om te maak wat hy wil, om te kies. Maar hoe suiwer is daardie keuse van jou? Kan mens werklik steeds daardie keuse appart hou van die invloed van die Heilge Gees, of speel die Heilige Gees juis 'n integrale rol in die keuses wat jy maak?

    Natuurlik het ons 'n keuse om te luister, of nie te luister. Wat ek wel weet, is dat as ek teen die Heilige Gees in my gaan, teen die wet wat op my hart geskrywe is, dan sondig ek. Dan bedrieg ek myself. dan maak ek my lewe vir myself moeiliker. Dan gaan my Huwelik in gedrang kom, of my verhouding met ouers of vriende en familie. Die Heilige Gees in jou en my is die rooi liggie wat sÍ oppas, wees versigtig. Party is dalk sensitiewwer as ander vir hierdie waarskuwings, of baie dink dalk hy sal dit kan oorkom, of dis nie so erg soos dit lyk nie.

    Wat het facebook daarmee tedoen? alles. Soos baie goed in die lewe voel ek ongemaklik daaroor. Die rooi ligte, die waarskuwingtekens. Sal ek ongehoorsaam wees as ek sommer skielik nou by Facebook aansluit? Ek glo so.
    Geld dit vir almal? Ek weet nie. Ek weet nie hoe werk die Heilge Gees in ander, ek weet net hoe werk Hy in my. Ek kan nie vir ander voorskryf nie, ek kan net vra dat hulle eerlik is met hulself. Ek sal nooit weet nie, maar jy en God wel.

  4. #34
    Join Date
    Jun 2009
    Location
    Pretoria, South Africa, South Africa
    Posts
    603
    Blog Entries
    4

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Wonder of dit 'n hack was of 'n verkoop transaksie...

    http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuu...fiele-20110207

    Leanť du Plessis

    Suid-Afrikaners is onder die sowat 250 000 mense wie se persoonlike inligting deur ’n Amerikaanse afspraakwebwerf van Facebook afgesteel is.

    Die webwerf www.lovely-faces. com beloof om jou met “jou liefdesmaat” in verbinding te bring.

    Hulle het mans en vroue in kategorieŽ verdeel op grond van inligting wat die niksvermoedende slagoffers op Facebook weergegee het. Die slagoffers word gekategoriseer as “sagsinnig”, “agteraf”, “snaaks” of “gemaksugtig”.

    Die skeppers van diť webwerf verdeel die mense ook volgens nasionaliteit.
    Gebruikers van die webwerf kan op enige mens se naam klik en word dan na ’n beskrywing van die persoon gelei.
    Me. Chris Gandy, ’n Amerikaner wat as “sagsinnig” beskryf word, is een van die onwetendes wie se profiel gekaap is.
    “Sy hou van Apple-studente, Tuckermax en Jeanette Howell-fotografie,” beskryf die webwerf haar belange.
    Dit is dieselfde belange wat sy op Facebook geskryf het vir haar vriende om te sien.
    Gebruikers kan haar daarna ’n punt uit vyf gee op grond van hoe “oulik” sy is.
    Daarna word hulle direk na haar Facebook-profiel gelei.
    Die webwerf is glo ’n eksperiment om mense te waarsku hoe gevaarlik sosiale netwerke op die internet is, het mnre. Paolo Cirio en Alessandro Ludovic, die skeppers van die afspraakwebwerf, aan Mailonline.com probeer verduidelik.
    “Facebook is ’n eindelose koel plek vir soveel mense, maar dit word terselfdertyd ’n goudmyn vir identiteitsdiefstal waaroor die gebruiker nie beheer het nie.
    “Dis die hele aard van Facebook en die sosiale media in die algemeen,” lui ’n verklaring op hul webwerf.
    Die base van Facebook het hulle sterk teen die webwerf se misbruik van hul gebruikers se inligting uitgespreek.
    Hulle het gesÍ hulle gaan “die nodige stappe” doen.
    “Om mense se inligting te steel, is ’n skending van ons bepalings en voorwaardes.
    “Ons het al voorheen sterk regstappe teen sulke maatskappye gedoen en ons sal dit in diť geval ook doen,” het mnr. Barry Schnitt, Facebook se direkteur van beleidskommunikasie, aan Wired.com gesÍ.
    Hoe steel mens net 'n profile van FB af? Maak vandag nie saak wat mens doen nie, maar lyk my die cyber voetspoor wat mens laat, moet mens maar mooi oppas...
    'Y'varekh'kha ADONAI v'yishmerekha.[May ADONAI bless you and keep you.]
    Ya'er ADONAI panav eleikha vichunekka.
    [May ADONAI make his face shine on you and show you his favor.]
    Yissa ADONAI panav eleikha v'yasem l'kha shalom.
    [May ADONAI lift up his face toward you and give you peace.]'

    Bemidbar 6:24-26
    [Numbers 6:24-26]

  5. #35
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,694

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Net in opvolging van vorige plasings wat al op hierdie draad verskyn het. Ons bediening op Facebook groei met "leaps and bounds". Het in Januarie vanjaar begin om gereeld 'n paar stigtelike gedagtes en kort stukkies lering uit die Bybel op my muur op facebook te plaas. Het gou agter gekom dat daar 'n paar ander ouens is wat dieselfde idee gehad het en ons het begin saamwerk. Vroeg in Februarie het ons ons eie "bladsy" op facebook oopgemaak wat saamgaan met ons tydskrif, "Die volle wapenrusting". Ons het op verskillende maniere die boodskap uitgedra en mense ingelig oor ons aksie en die ding het begin groei. Op die oomblik het ons meer as 7000 kontakte en die ding groei nog steeds.

    Ons het ook reeds begin met gereelde daaglikse oordenkings op ons bladsy en noem dit "Pitkos vir die Gees". Ons kontakte op die blad het gestem vir hierdie naam. Verder het ons uit die 7000 kontakte 'n spesiale groep gestig vir mense wat georganiseerd Bybelstudie wil doen en in die fundamentele waarheid van die Bybel onderrig wil word. Daar is reeds meer as 150 mense aktief in die groep betrokke. Ons het ook reeds begin met reelings om ons eerste konferensie te hou. Die mense van die 7000 wat binne bereik van Pretoria is gaan uitgenooi word vir 'n konferensie in September en dan wil ons daarvandaan rondbeweeg in ander gebiede ook.

    www.facebook.com/wapenrusting

  6. #36

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Dankie Dawid, dit is lekker om so nou en dan goeie nuus ook te hoor!!

  7. #37

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Dit is inderdaad goeie nuus, dankie vir die terugvoer David !

  8. #38
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,996
    Blog Entries
    10

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Die mense van die 7000 wat binne bereik van Pretoria is gaan uitgenooi word vir 'n konferensie in September en dan wil ons daarvandaan rondbeweeg in ander gebiede ook.

    www.facebook.com/wapenrusting
    Onthou van my

    En ek is facebook illiterate... wat is die teaching oor die "WAPENRUSTING" ??
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  9. #39

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Onthou van my

    En ek is facebook illiterate... wat is die teaching oor die "WAPENRUSTING" ??
    Ons kan tegnologie tot ons voordeel gebruik. So op 'n ligter noot. Ek hoor dat "Youtube", "Twitter" en "Facebook" gaan saamsmelt. Hulle gaan dit nou "YouTwitFace" noem.

  10. #40
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,996
    Blog Entries
    10

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Ons kan tegnologie tot ons voordeel gebruik. So op 'n ligter noot. Ek hoor dat "Youtube", "Twitter" en "Facebook" gaan saamsmelt. Hulle gaan dit nou "YouTwitFace" noem.


    .
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  11. #41
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,694

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Onthou van my

    En ek is facebook illiterate... wat is die teaching oor die "WAPENRUSTING" ??
    Ta-an, jy hoef nie eers facebook litterate te wees om te gaan kyk wat ons leer nie. Kliek op die link en as jy daar op die Wapenrusting se blad is, kyk aan die linkerkant vir "video's" en kliek daarop.
    Dan sal jy by 'n bladsy uitkom met nou alreeds 39 kort video's, +- so 10 minute elk. Kyk hulle van nommer een af. Die fundamentele verstaan van die Bybel word daarin uitgelÍ.
    www.facebook.com/wapenrusting

  12. #42
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,996
    Blog Entries
    10

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Quote Originally Posted by David2 View Post
    Ta-an, jy hoef nie eers facebook litterate te wees om te gaan kyk wat ons leer nie. Kliek op die link en as jy daar op die Wapenrusting se blad is, kyk aan die linkerkant vir "video's" en kliek daarop.
    Dan sal jy by 'n bladsy uitkom met nou alreeds 39 kort video's, +- so 10 minute elk. Kyk hulle van nommer een af. Die fundamentele verstaan van die Bybel word daarin uitgelÍ.
    www.facebook.com/wapenrusting
    Ok David...watter een is nr.1

    EDIT oops ok ek sien ....heel onder begin #1
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  13. #43
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    1,029

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Ok David...watter een is nr.1

    EDIT oops ok ek sien ....heel onder begin #1
    Ek moes ook eers bietjie soek. Ek is nie dom nie, ek het net bitter min tyd en daar is klomp goed wat my aandag opeis.

    Ek kon darem so tydjie afknyp om die eerste enetjie te kyk: baie sinvol. Dankie, David, sodra ek 'n kansie het sal ek graag nog 'n paar kyk.

  14. #44
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,996
    Blog Entries
    10

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    Ek is nie dom nie,
    Dis die winter SoS.... die temperatuur was -1 gisternag hier by ons Brrrrrrr
    The LORD is my Miracle

    G_d was gracious He has shown favor


    Hope is a seed
    God plants in our hearts
    to remind us
    there are better things ahead.
    -Holley Gerth


  15. #45
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Newcastle, KwaZulu-Natal, South Africa
    Posts
    1,694

    Re: Facebook Gevaarlik?

    Ek waardeer julle belangstelling ....

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bespreking Choking game is gevaarlik
    By Etienne Marais in forum Families vir Christus
    Replies: 2
    Last Post: Jul 10th 2009, 04:53 PM
  2. Inligting Harry is gevaarlik
    By Etienne Marais in forum Alles en nog wat
    Replies: 18
    Last Post: Jul 6th 2009, 10:47 AM
  3. Inligting Slipknot se musiek is gevaarlik
    By Etienne Marais in forum Alles en nog wat
    Replies: 3
    Last Post: Jun 14th 2009, 05:03 PM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •