Die meeste van julle het seker al gehoor van die Red Bull advertensie "fiasko"
Daar kan meer daaroor hier gelees word.
Nou ja, dit is genoeg om enige Christen vies te maak, maar kan daar 'n dieper betekenis hieraan gekoppel word ?Die advertensie, in die kenmerkende Red Bull-tekenprentstyl met “Jesus” en twee dissipels in ’n vissersbootjie, is deur honderde klaers as godslasterlik en in swak smaak afgemaak.
Die figure vang vis wanneer die Jesus-figuur skielik opstaan, uit die boot klim en op die water begin loop.
“Ag nee, is dit alweer een van jou wonderwerke?” vra ’n dissipel, waarop “Jesus” antwoord: “Dit is nie ’n wonderwerk nie, jy moet net weet waar die klippe is,” terwyl Hy op klippe onder die water versteek, trap.
Die volgende oomblik gly die Jesus-karakter effens op ’n klip en laat ’n “O, Jesus” glip.
Ek glo hierdie was veel meer as net 'n bemarkingsfoefie van Red Bull se kant af, eerder 'n litmus toets vir hoe ver Suid-Afrika al geval het. Red Bull het baie goed geweet wat die reaksie gaan wees, veral omrede hulle presies dieselfde teenstand met presies dieselfde advertensie in ander lande gekry het.
Hulle verskoning van "“Dit was nooit ons doel om mense in die gesig te vat nie." is dus niks anders as 'n infame leun nie en kan met 'n eenvoudige Google-soektog bevestig word.
Die vrae wat ons dus moet vra, hetsy vir onself of deur sommer direk die betrokke organisasies aan te vat is dit :
- As Red Bull geweet het die reaksie gaan negatief wees vanaf Christen-kringe, hoekom dit in elk geval bemark ?
- Hoe is hierdie advertensie in die eerste plek toegelaat deur die uitsaai-owerhede ? Sou dit ook toegelaat gewees het as daar gespot was met Mohammed ?
Bookmarks