Your Advert here
cure-real
Results 1 to 13 of 13

Thread: Behoede die kinders

  1. #1
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Behoede die kinders

    So tien dae gelede het daar 'n baie slegte ding gebeur met een van die dogtertjies in my dogter se graad 3 klassie. Ons verwag mos dat die wereld meer en meer boos sal word, maar wanneer dit so naby aan ons gebeur, dan ruk dit ons weer opnuut wakker. 'n Netjiese jong man het toegang tot die skoolgronde gekry, waar normaalweg goeie sekuriteit gehandhaaf word, en die dogterjie gemolesteer.

    Hierdie is nog 'n 'eye opener':

    Hoe sal ons tog ons kinders kan spaar van hierdie dinge, sonder om hulle kosbare onskuld prys te gee?

    Toe ons grootgeword het, het ons Ma's ons geleer om nie met 'vreemde omies' te praat nie. Mens kan vandag maar net jou kop skud daaroor, want tóé kon jy nog met jou lewe vertrou op enige persoon in univorm en 'n geel 'piesangvên' het toe nog vertroue en gesag ingeboesem. Vandag weet ons dat sulke steriotipes glad nie altyd reg is nie. Buitendien is dit skynheilig en verwarrend om as samelewing die een oomblik vir jou kind te sê: "Kom nou Kosie, groet die Oom, moet tog nie so skaam wees nie." en dan net in die volgende asem: "Moenie met 'n vreemdeling praat nie."

    Nee, daar moet 'n beter manier wees. As mens 'Stranger Danger' Google, is daar 'n magdom inligting, waarvan party beter is as ander. Hier is so lank 'n engelse dokument wat in pdf formaat afgelaai kan word. Help 'n bietjie om nog GOEIE ADVIES saam te stel...

  2. #2

    Re: Behoede die kinders

    Die video is absoluut skokkend.

    Dit is baie maklik om te sê "ek sou sus, of so, gedoen het in daardie geval " , maar sou mens ? Ek dink dit is nodig dat almal hiervan kennis neem en die nodige kopskuif maak om maar volgende keer die risiko van 'n konfrontasie op die hals te haal terwille van ons kinders.

    Ek het 'n hele ruk terug so 'n eienaardige geval beleef : Stap by 'n SPAR in, en hier loop 'n dogtertjie van so 5 jaar amper in my vas oppad uit. Die ogies is groot soos pierings en ek sien dadelik hier is fout. Vat haar aan die handjie en sê " kom ons gaan soek vir mamma" . Sy loop toe saam met my op en af tussen die rakke, dood-happy want die groot mens sorg mos nou. Kry toe uiteindelik die pappa, en die is sommer so half vieserig vir my, weet nie regtig hoekom nie maar hy kon ook sien ek het redelike on-Christelike idees oor sy houding. Net daar en dan besluit ek dat al maak ons my seuntjie vas aan my of sy mamma, gaan hy nooit verder as wat ek hom kan sien en beheer in die publiek nie. Hy is gewoonlik nie mal oor die idee dat hy nie kan rondhol as ons in die dopr is nie, maar dit is absoluut nie onderhandelbaar nie.

  3. #3
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Behoede die kinders

    Mense val my baie keer aan as ek vir hulle se dat my dogter (14) nie eers teogelaat word om alleen by die voorhek uit te gaan nie. Jy piep haar op is hulle antwoord. Dan antwoord ek doodeenvoudig dat ek aan die Here moet rekensakp gee eendag van wat ek met my kind gedoen het en hoe ek haar opgevoed het.

    Dit is my blouoog appel die!
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  4. #4
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Behoede die kinders

    Ek hoor op RSG vanoggend die regering wil van volgende maand af HIV toetse op skool kinders begin doen (met die ouers se toestemming). Geen wonder die moreel het al so verval nie want ons regering moedig seks voor die huwelik aan. In hulle "campaign" se hulle dat die kinders hulle maar kan "geniet" solank hulle net voorsorg tref. Ek dink hulle moet die regering vir HIV toets en dan sommer by Zuma begin.

    Sal jy toestemming gee? Ek sal beslis nie omdat ek weet my kind is nog onskuldig en as ons hulle in die vrese van die Here grootmaak (en dan self vir hulle die storie van die "birds and the bee's" vertel en in opvoed) dan kan ons ook op die Here vertrou dat hulle nie in die "strik" sal trap nie. Jare gelede by die jeug toe Pastoor Roelof nog jeug leier was het hy altyd vir die tieners gese 'n seun en 'n meisie kuier in die sitkamer en NIE in 'n kamer nie. Ek dink dit is 'n goeie maatstaf om te hou, veral in vandag se lewe!
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  5. #5
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,461
    Blog Entries
    10

    Re: Behoede die kinders

    Fila... nogals snaaks as mens kyk na die velkleur van die mense wat weg gedraai het, and die wat gehelp het nê
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  6. #6
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Behoede die kinders

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Fila... nogals snaaks as mens kyk na die velkleur van die mense wat weg gedraai het, and die wat gehelp het nê
    En dan sien mens net weer hoe belaglik stereotipes is.

  7. #7
    Join Date
    Jun 2008
    Location
    Central South Africa
    Posts
    961

    Re: Behoede die kinders

    'n Bekeerde satanis het blykbaar in 'n onderhoud gesê hulle teiken altyd eerste die slordige kinders. Daarna sal hulle fokus op die kinders wat juweliersware dra of tatoeermerke het. Natuurlik gaan dit glad nie oor die fisiese nie, maar dit dien slegs as leidraad vir die geestelike verwaarlosing van die kinders. Hy vertel verder dat die kinders wie se ouers vir hulle bid vier engele om hulle het en onaantasbaar vir hulle is. Interessant...

    Ons moet beslis meer bid soos ons geleer is: "Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose."

  8. #8
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,461
    Blog Entries
    10

    Re: Behoede die kinders

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    En dan sien mens net weer hoe belaglik stereotipes is.
    Net so SoS
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  9. #9
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Behoede die kinders

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    'n Bekeerde satanis het blykbaar in 'n onderhoud gesê hulle teiken altyd eerste die slordige kinders. Daarna sal hulle fokus op die kinders wat juweliersware dra of tatoeermerke het. Natuurlik gaan dit glad nie oor die fisiese nie, maar dit dien slegs as leidraad vir die geestelike verwaarlosing van die kinders. Hy vertel verder dat die kinders wie se ouers vir hulle bid vier engele om hulle het en onaantasbaar vir hulle is. Interessant...

    Ons moet beslis meer bid soos ons geleer is: "Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose."
    Baie interessant SOTS. Ek wens partykeer dat mens wel in die geestelike realm in kan sien om daardie engele te kan sien wat jou dierbares vir wie jy bid, beskerm. My skoonmammie het sterk profetiese gawes gehad en het 2 keer in haar lewe engele met haar fisiese oge gesien. Maar dis ongelukkig nie vir almal beskore nie. Daar moet ons geloof inskop dat ons GLO dat die Here die beskerming sal gee waarvoor ons vra.

    Dan bid ek saam met my oorlede vader : Dankie Here dat U ons bekerm het van gevare waarvan ons nie eers bewus was nie.

  10. #10

    Re: Behoede die kinders

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    So tien dae gelede het daar 'n baie slegte ding gebeur met een van die dogtertjies in my dogter se graad 3 klassie. ...
    Nog 'n berig van 'n verkragting by 'n skool. Die skokkendste is die manier hoe die grootmense die saak hanteer het : "cover" eerder hulleself as om die kind te wil help.

    Dit is van kardinale belang dat kinders hulle ouers genoeg vertrou om die vrymoedigheid te hê om met hulle hieroor te kan gesels en dadelik te vertel as so iets gebeur, of selfs al lyk dit net asof daar so 'n gevaar is.

  11. #11
    Join Date
    Oct 2007
    Location
    Bredasdorp district
    Posts
    954

    Re: Behoede die kinders

    My hart bloei vir die ou gr 1 seuntjie.... En dit in die begin van sy skoolloopbaan. G'n wonder hy het ernstige emosionele probleme nie. Die volwassenes se hantering van die saak val in die kategorie: Dit is hoe dit NOOIT hanteer moet word nie!

  12. #12

    Re: Behoede die kinders

    Nog 'n storie wat mens sommer wil laat huil : een van die seuntjies in die berugte kinderporno saak wil vir sy maaitjie askuus sê vir al die lekike goed wat hy gedoen het ......

    Berig

    ’n Agtjarige seun wil vir ’n sewejarige meisie wat in pleegsorg sy oupa en ouma was “askies” sê vir dit wat hy in opdrag van die grootmense aan haar moes doen.

    Die seun het ook gesê sy ma het nie die “slegte dinge” wat sy pa, grootouers en ander familielede glo met hom gedoen het, gekeer nie, is gister in die Pretoria-Noord-landdroshof getuig.

    “Sy het níks gedoen nie!” het die seun, met sy vuisies gebal, hard deur geklemde tande gesê.

  13. #13
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,484

    Re: Behoede die kinders

    Quote Originally Posted by Son of the South View Post
    'n Bekeerde satanis het blykbaar in 'n onderhoud gesê hulle teiken altyd eerste die slordige kinders. Daarna sal hulle fokus op die kinders wat juweliersware dra of tatoeermerke het. Natuurlik gaan dit glad nie oor die fisiese nie, maar dit dien slegs as leidraad vir die geestelike verwaarlosing van die kinders. Hy vertel verder dat die kinders wie se ouers vir hulle bid vier engele om hulle het en onaantasbaar vir hulle is. Interessant...

    Ons moet beslis meer bid soos ons geleer is: "Lei ons nie in die versoeking nie, maar verlos ons van die bose."
    Ek verstaan dat die bekende kaptein Jonker wat spesiaal aangestel is/was in die Polisie om satanisme te beveg, baie van bekeerde sataniste gebruik gemaak het. Van hierdie voormalige sataniste getuig dat hulle byvoorbeeld kon sien as iemand van vooraf kom en so mens 'n gelowige in Jesus is. Hulle het dan doelbewus so vêr as moontlik verby sulkes geloop. Ek het ook op 'n stadium 'n TV opname gesien waar sataniste getuig het van die hel en die blywende indruk wat dit by my gelaat het, is dat sataniste amper met groter oorgawe getuig oor die hel as wat gelowiges getuig van die hemel. Mens vergeet soms wat die waarde van sataniste vir die waarheid is, omdat hulle soveel meer bewus is van die geestelike dimensie (soos byvoorbeeld die engele wat hulle sien en ook satan se amper virtuele teenwoordigheid by hulle) en so jammer dit vir sulkes is, so verblydend is die realiteit van hul getuienisse.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 1 users browsing this thread. (0 members and 1 guests)

Similar Threads

  1. Bid vir kinders
    By Willem in forum Gebed, Getuienisse en Bediening
    Replies: 58
    Last Post: Oct 6th 2011, 11:31 AM
  2. Hoe dissiplineer jy jou kinders?
    By Lanie in forum Families vir Christus
    Replies: 25
    Last Post: Mar 1st 2011, 08:36 AM
  3. Die effek van TV op kinders
    By Son of the South in forum Families vir Christus
    Replies: 21
    Last Post: Dec 6th 2010, 08:33 AM
  4. Jou kinders en Halloween???
    By Francois Marais in forum Families vir Christus
    Replies: 20
    Last Post: Oct 22nd 2010, 07:40 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •