Pastoor Roelof het gisteraand begin met sy aanbieding van Openbaring. Na 2 jaar se studie en maande se voorbereiding is dit ook deel van sy doktersgraad in teologie waarmee hy besig is. Sy aanbieding gaan elke Woensdagaand en Sondagaand wees terwyl Pastoor Dries op sy beurt gaan aanvul met boodskappe oor die wederkoms op Sondae oggende. In totaal gaan dit 'n lywige stukkie studie oor die eindtyd wees. Dit gaan vir die hele maand van Februarie duur en miskien langer sou die tyd te kort wees.
Hierdie skakel is nie 'n besprekings draad nie, maar ek wil julle graag ingelig hou oor die vordering. Het reeds gisteraand met die inleiding en Hoofstuk 1 "amazing" dinge gehoor soos bv:
1.) Wat beteken "nou" in vers een.
2.) Wie is die 7 geeste
3.) die 3 Eenheid reeds te sien in hoofstuk 1
Dit maar 'n paar. Ek sal die hele reeks met tyd in Windows Media Player formaat op my webblad plaas om af te laai vir die wat belangstel. Julle kan ook reeds op my webblad 'n klein video aflaai van die advertensie wat ek gemaak het waarvan Pastoor Roleof se vrou die temalied geskryf en gesing het. Kyk regs in die middel van die blad. AWESOME!





Reply With Quote


Bookmarks