Your Advert here
cure-real
Page 66 of 118 FirstFirst ... 165556575859606162636465666768697071727374757677116 ... LastLast
Results 976 to 990 of 1759

Thread: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

  1. #976

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    As mens na die nuusberigte loer lyk dit of Iran al hoe meer internasionale fokus begin raak. Ek vermoed egter dat dit nie so eenvoudig gaan wees om Iran sommer net aan te val nie.

    ‘Israel wil Iran aanval’2011-11-09 23:30

    Leopold Scholtz
    Gissings dat Israel, moontlik met Amerikaanse en Britse hulp, gereed staan om ’n reeks lugaanvalle op Iranse kerninstallasies uit te voer, het gister deur internasionale media weerklink.

    Die gissings is aangehelp deur ’n verslag van die Internasionale Atoomenergie-agentskap (IAEA) wat daarop neerkom dat Iran oor sy kernprogram gelieg het.

    Die land hou vol hy ontwikkel kernenergie net vir vreedsame doeleindes, maar die *IAEA se bevinding is dat Iran aktiwiteite uitvoer “wat relevant is vir die ontwikkeling van ’n kernploftoestel”.

    In ’n verslag wat die IAEA eergister in Wene, Oostenryk, uitgereik het, word ook gesê dat Iran missiele ontwikkel wat kernplofkoppe ’n paar honderd kilometer ver kan laat ontplof. Die verslag bevat gedetailleerde inligting van die ontwikkeling van allerlei onderdele en rekenaarprogramme wat net vir kernbomme toepaslik is.

    Die verslag is gegrond op eie navorsing, inligting van die organisasie se 35 lidstate, asook flenters inligting van Iran self.

    Pres. Mahmoed Ahmadinedjad van Iran het gesê die verslag is op “ongeldige” inligting gegrond. Iran sal “geen haarbreedte” van sy kernprogram afwyk nie.

    ’n Iranse generaal het met “verskriklike wraak” gedreig as die land aangeval word.

    In Israel het mnr. Ehud *Barak, minister van verdediging, gesê daar is geen planne vir so ’n aanval nie, maar “alle opsies is op die tafel”.

    Hy het in ’n onderhoud met The Jerusalem Post bygevoeg hy is nie optimisties dat die Verenigde Nasies op sanksies teen Iran sal besluit nie.

  2. #977

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Die ding is, die wêreld neig om outokratiese regerings omver te werp en uit te skop. Alle sterk gesonde lande word afgebreek met die front dat dit vir die beste is en dit ten goedde van menseregte is. Terwyl dit op die langtermyn tot onstabilteit en chaos lei.

    Die lys van lande word net al langer. Egipte is natuurlik 'n meer onlangse voorbeeld. Iran GAAN val, dit is net 'n kwessie van tyd. Dit is wat die regeerders van die wêreld wil hê. Al vat dit nog twintig jaar..

    Hulle soek wêreldwye demokratiese eenvormigheid en beheer. Lande soos Iran staan net in hulle pad.

  3. #978
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post

    Dit is presies wat besig is om te gebeur RR en mense is maar naïef oor baie dinge rondom hulle en in ons eie land, sien ons die vrugte hiervan. Alhoewel mens seker kan aanvoer dat daar foute in 'Apartheid' was, kan mens ook aanvoer dat baie van hierdie foute in 'Apartheid' gefabriseer was en uitgebuit was, sodat demokrasie en mensregte in plek kon kom. Apartheid as beginsel, waar segregasie volke afsondelik plaas, is in die pad van 'n eenwêreld-regeringstelsel en mens moet werklik blind wees, om nie te sien wat demokrasie eintlik maar is nie. Dit is die regering van die gepeupel en as die massas regeer, regeer Satan, so eenvoudig soos dit.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  4. #979

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    'Sirië lyk ál meer soos Libië'

    2011-11-17 07:01

    Amman – ’n Aanval deur oorlopers uit die Siriese weermag Woensdag op ’n intelligensiekompleks aan die buitewyke van Damaskus het die gevaarligte laat flikker dat die volksopstand teen pres. Ba­shar al-Assad in ’n volskaalse gewapende konflik kan ontaard.

    Hewige internasionale druk word tans op Assad uitgeoefen om die bloedvergieting stop te sit. Volgens die Verenigde Nasies (VN) het meer as 3 500 mense gesterf sedert die onrus in Maart begin het.

    Aktiviste het gesê vegters van die Vrye Siriese Magte het in die vroeë oggendure met masjiengewere en vuurpyle op ’n groot kompleks van die lugmagintelligensie gevuur.

    In die vroeë maande van die opstand was pogings deur veiligheidsmagte om die opstand te onderdruk verantwoordelik vir die meeste geweld. Sedert Augustus is daar egter al meer berigte van oorlopers uit die weermag en gewapende burgers wat terugveg.

    Ministers van buitelandse sake van Arabiese lande het Woensdag in Rabat, Marokko, vergader nadat Sirië se skorsing uit die Arabiese Bond van krag geword het.

    “Van vandag (Woensdag) af sal ons Sirië se skorsing uit die Arabiese Bond toepas,” het die Marokkaanse minister van buitelandse sake, Taieb Fassi Fihri, gesê.

    Turkye, tans ’n skerp kritikus van sy voormalige bondgenoot, het gesê Sirië het versuim om gehoor te gee aan ’n Arabiese vredesplan om die onluste stop te sit.

    Ahmet Davutoglu, die Turkse minister van buitelandse sake, het Sirië met Libië vergelyk, waar rebelle kol. Muammar Gaddafi op ’n vernederende wyse gevang en doodgemaak het.

    “Die regime moet aan die publiek se eise voldoen,” het hy gesê. “Die menseslagting in Sirië en die bloedvergieting kan nie so aangaan nie.”

    Intussen het koning Abdullah van Jordanië Maandag die eerste Arabiese staatshoof geword wat Al-Assad aangeraai het om uit te tree. – Reuters

    (bron)

  5. #980

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Pentagon tests hypersonic flying bomb

    2011-11-17 22:34
    Washington - The Pentagon on Thursday held a successful test flight of a flying bomb that travels faster than the speed of sound and will give military planners the ability to strike targets anywhere in the world in less than a hour.

    Launched by rocket from Hawaii at 11:30 GMT, the "Advanced Hypersonic Weapon," or AHW, glided through the upper atmosphere over the Pacific "at hypersonic speed" before hitting its target on the Kwajalein atoll in the Marshall Islands, a Pentagon statement said.
    Kwajalein is about 4 000km southwest of Hawaii. The Pentagon did not say what top speeds were reached by the vehicle, which unlike a ballistic missile is manoeuvrable.
    Scientists classify hypersonic speeds as those that exceed Mach 5 - or five times the speed of sound - 6 000km/h.
    The test aimed to gather data on "aerodynamics, navigation, guidance and control, and thermal protection technologies," said Lieutenant Colonel Melinda Morgan, a Pentagon spokesperson.
    The US Army's AHW project is part of "Prompt Global Strike" programme which seeks to give the US military the means to deliver conventional weapons anywhere in the world within an hour.
    On August 11, the Pentagon test flew another hypersonic glider dubbed HTV-2, which is capable of flying 27 000km/h, but it was a failure.
    The AHW's range is less than that of the HTV-2, the Congressional Research Service said in a report, without providing specifics.
    The Pentagon has invested $239.9m in the Global Strike programme this year, including $69m for the flying bomb tested on Thursday, CRS said.
    - AFP

    BRON

  6. #981

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Ek het nie woorde nie..... wie se skuld is dit hierdie, as dit nie ons almal sin is nie ?

    Kids died in desperate hunt for food

    2011-11-21 10:32 Cape Town - Four young children died after walking for kilometres in the sweltering North West heat to find food, a report said on Monday.

    The four - 2-year-old Onkarabile, 6-year-old Nkune, 7-year-old Mapule and 9-year-old Sebengu - went in search of 27-year-old Kedibone Mpulele, the mother of the younger two and sister of the older two, who is pregnant and had gone off earlier that morning to find something to eat for the children, reported the Pretoria News.

    The bodies of the younger two children were found three days later, and the bodies of the older children were found about two weeks after they set off on their journey from an informal settlement named Verdwaal, about 25km outside Lichtenburg in North West.

    Mpulele had decided to walk 18km to a farm in hopes of getting food for the family.

    The family hadn’t had a proper meal in weeks, the last being mielie meal.

    The municipality, police and farmers assisted in paying for the burial of the four children.

    - News24

    (bron)

  7. #982
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post

    Nou wat sal die berig te make he met Eindtyd Nuusgebeure?
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  8. #983

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Nou wat sal die berig te make he met Eindtyd Nuusgebeure?

    Dalk 'n teken van die samelewing se apatiese houding teenoor on naastes ?
    Dalk 'n skadubeeld van die hongersnode wat die aarde gaan tref ?

    As jy nie iets pertinent te sê het nie, hoekom enigsins pos Johnny ?

  9. #984
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Johnny View Post
    Nou wat sal die berig te make he met Eindtyd Nuusgebeure?
    My eerste afleiding was hierdie een Johnny..., En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. (Mat 24:12)
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  10. #985

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Dalk is Johnny se probleem dat dit nie oor Israel gaan nie... Dit is 'n jammer dat mense alteid eers moet sterf voordat so 'n saak begin aandag kry..

  11. #986
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    My eerste afleiding was hierdie een Johnny..., En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel. (Mat 24:12)
    Yip....kan nie met die stelling stry nie, maar die Eindtyd Nuusgebeure is veel dieper as die stelling.
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  12. #987
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Weighing in at 30,000 pounds, a new bomb for US

    WASHINGTON — The US Air Force has a new 30,000-pound bomb in its arsenal designed to penetrate targets buried deep underground, a spokesman said Tuesday.

    The Air Force started taking delivery of the giant bomb, the "Massive Ordnance Penetrator," in September, said Lieutenant Colonel Jack Miller.

    Under an August 2 contract worth $32 million, the aerospace firm Boeing is due to produce eight of the giant MOP bombs to fulfil the Air Force's "operational needs," according to Miller.

    The Air Force could not say how many of the conventional bombs have been delivered so far, but the MOP is seen as a weapon made for going after underground bunkers and tunnels in North Korea or Iran.

    The MOP bomb, with more than 5,000 pounds (or nearly 2.5 tons) of explosives, is supposed to fit on a B-2 stealth bomber to strike at underground sites hiding weapons of mass destruction.

    About 20 feet (six meters) long, the GPS-guided bomb "will defeat our adversaries? WMD before they leave the ground," according to an official description posted on the website of the Defense Threat Reduction Agency and US Strategic Command.

    http://www.google.com/hostednews/afp...cbafe95753.d11
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  13. #988
    Join Date
    Mar 2009
    Location
    Vaalpark, Sasolburg, South Africa
    Posts
    4,705

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Egypt's Cabinet Resigns Amid Deadly Clashes

    Egypt's state television says the Cabinet has submitted its resignation to the ruling military council amid days of deadly clashes between police and pro-democracy protesters. The state news agency MENA reported Monday the Cabinet members will continue to perform their duties until the military council decides whether to accept...
    http://wn.com/
    "The Lord has chosen Zion, He has desired it for His dwelling." (Psalm 132:13)

    Skakels:
    Persoonlike Webblad
    Facebook
    Gemeente Webblad
    Video op Youtube

  14. #989

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Ek het nie woorde nie..... wie se skuld is dit hierdie, as dit nie ons almal sin is nie ?

    Kids died in desperate hunt for food

    2011-11-21 10:32 Cape Town - Four young children died after walking for kilometres in the sweltering North West heat to find food, a report said on Monday.

    The four - 2-year-old Onkarabile, 6-year-old Nkune, 7-year-old Mapule and 9-year-old Sebengu - went in search of 27-year-old Kedibone Mpulele, the mother of the younger two and sister of the older two, who is pregnant and had gone off earlier that morning to find something to eat for the children, reported the Pretoria News.

    The bodies of the younger two children were found three days later, and the bodies of the older children were found about two weeks after they set off on their journey from an informal settlement named Verdwaal, about 25km outside Lichtenburg in North West.

    Mpulele had decided to walk 18km to a farm in hopes of getting food for the family.

    The family hadn’t had a proper meal in weeks, the last being mielie meal.

    The municipality, police and farmers assisted in paying for the burial of the four children.

    - News24

    (bron)

    Opvolg van hierdie storie. Interesant om te let dat "Gift of the givers" 'n moslem liefdadigheidsorganisasie is.

    Verpletter na vier kinders van honger sterf
    2011-11-26 23:05

    Hanri Wondergem
    Vier kinders wat van die honger gesterf het nadat hulle kilometers ver in die bloedige son gestap het om kos te soek, klink soos ’n verhaal uit Somalië.

    Maar dis ’n Suid-Afrikaanse tragedie.

    ’n Hartseer me. Martha Mmupele (44) het die afgelope week in haar tweeslaapkamerhuisie in Verdwaal, Itsoseng, sowat 20?km van Lichtenburg in Noordwes, Rapport van haar kinders en kleinkinders se lot vertel.

    Op 24 Oktober het haar twee seuns Sebengu (9) en Mapule (7) en twee kleinkinders Nkune (6) en Onkarabile (2) agter die twee jongstes se ma, me. Elizabeth Mmupele (27), aangestap.

    Elizabeth was op pad na Martha, wat tydelik op ’n plaas gewerk het, om kos te soek.

    “Daar was toe al ’n paar dae lank nie kos nie,” verduidelik Martha.

    Elizabeth het nie besef haar honger seuns en boeties volg haar nie en die kinders het verdwaal.

    Op 27 Oktober is die lyke van Nkune en Onkarabile op ’n plaas gekry. Op 8 November is Sebengu en Mapule se lyke ’n paar kilometer verder gekry.

    “Hulle is dood van die honger, die dors en die son,” sê Martha hartseer. “Hulle het ver geloop en dit was so warm, maar hulle was honger. My hart is seer van die swaarkry.”

    Martha is sieklik, maar sy probeer werk. Haar man het tydelike werk, maar die betaling is min.

    Sy kry nie staatsubsidie nie, ook nie vir haar suster se twee weeskinders wat nog by haar woon nie omdat sy nie ’n identiteitsdokument het nie.

    “Daar was probleme met die spelling van my van. Ek het in Junie vir my ID-boekie aansoek gedoen, maar ek het hom nog nie gekry nie. So ek kry nie ’n sent by die staat nie.

    “Die mense hier kry almal swaar.”

    Me. Grace Lond, ook ’n inwoner van Verdwaal, beaam dit.

    “Daar is nie kos in my huis nie.” Sy kyk na haar kleuter, Onkarabetsi (2), op haar skoot. “Hy gaan vanaand honger slaap.”

    Buite speel kinders met boepmagies en maer beentjies in die stofstrate, hul glimlagte amper te groot vir hul vermaerde gesigte.

    “Hier is nie werk vir almal nie en die grants is min. Ons oorleef deur te vra,” sê Lond.

    Die organisasie Gift of the Givers het Verdwaal Woensdag besoek en R200?000 se kospakkies uitgedeel om die ergste hongerpyne te stil.

    Hulle gaan weer Dinsdag om kos uit te deel, maar gaan vergesel word deur dieetkundiges om die wanvoeding te ondersoek.

    “As ’n nasie het ons misluk. Ons moraliteit, spiritualiteit en menswees is in ’n warboel. Óns kinders sterf in óns Afrika in óns teenwoordigheid ’n voorkombare dood,” skryf mnr. Allauddin Sayed van Gift of the Givers.

    Die aand is daar meer as tien monde om te voed.

    Pap en een stukkie hoender, “wat ’n maatskaplike werker gebring het”, word op ’n vuur gaargemaak, want daar is nie elektrisiteit of lopende water nie.

    Almal begin dadelik eet. Martha besef niemand het vir haar ingeskep nie. Die kospotte is leeg.

    Elizabeth, wat sewe maande swanger is, deel maar met haar ma.

    Wat hulle môre en oormôre gaan eet, weet niemand nie.

    Vir meer inligting skakel Gift of the Givers by 080 078 6911 of besoek www.giftofthegivers.org.

    ***

    Skaars 100 km van Verdwaal staan 52 kinders in ’n ry om kospakkies te kry. Hulle is leerlinge aan die Swartruggens Gekombineerde Skool.

    Me. Tanya Venter, ’n ma van twee, is die organiseerder van die kosprojek. Sy verduidelik dat onderwysers hulle laat weet as hulle vermoed ’n kind ly honger of kry nie genoeg voedingstowwe in nie.

    “Party van die kinders kom vra self,” sê sy. Volgens haar is hulle nie altyd seker van die kinders se huislike omstandighede nie, maar die kospakkies is moontlik baie van die kinders se enigste maaltyd vir die dag.

    Skenkings maak die projek moontlik en vrywilligers berei een voedsame maaltyd per dag voor. Ras, geslag en ouderdom maak nie saak nie – as kinders honger is, moet hulle eet, sê sy.

    “’n Kind met ’n vol magie het meer selfvertroue en kan beter konsentreer.”

  15. #990

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    'n Bietjie goeie nuus vir 'n slag:
    http://israeltoday.co.il/News/tabid/...S/Default.aspx

    Dit lyk asof die Christen geloof darrem stewige fondamente in Israel begin kry. Ek hoop dit vat goed flam!!

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 9 users browsing this thread. (1 members and 8 guests)

  1. Philip dT

Similar Threads

  1. Inligting Roelof se Eindtyd Nuusflitse
    By Phil Fourie in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 1122
    Last Post: Feb 9th 2011, 07:36 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •