Your Advert here
cure-real
Page 68 of 118 FirstFirst ... 185758596061626364656667686970717273747576777879 ... LastLast
Results 1,006 to 1,020 of 1759

Thread: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

  1. #1006

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by paidforinfull View Post
    2de aarde?

    'Bewoonbaar' en 'lewensvatbaar' is twee baie verskillende dinge.

    Ek is oortuig daarvan dat daar iets met daardie planeet verkeerd sal wees, en dat dit sal tekort skiet aan iets wat nodig is vir lewensvatbaarheid (temperatuur, suurstof, ens.)

    Net nog 'n gedagte:
    Se nou maar net daar is iewers 'n 'tweede aarde' wat lewensvatbaar is (en ek glo nie daar is nie), en mense kry dit reg om dit eendag te gaan koloniseer (wat baie onwaarskynlik is), of dat daar wel alreeds lewe is (wat ek ook nie glo nie, anders sou die Here dit vir ons genoem het), sou dit mos beteken dat Jesus Christus ook daarheen sou moes gaan om vir daardie wesens te sterf.

    Hmmmm..... ek dink nie so nie.
    Dit is BAIE goeie punte hierdie !
    Ek het al egter gewonder of daar sekere dinge is wat ons nie weet nie, bloot omrede dit nie in die Bybel staan nie, en dit perdalks niks met ons te make het nie. Indien daar wel "lewe" elders gevind word, in watter vorm ookal, wat beteken dit ? Gaan dit die fondamente van Christendom skud, of gaan dit bloot ons eie verstaan van God en Sy skepping vebreed ?

  2. #1007
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,469
    Blog Entries
    10

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post

    "How small we are how little we know"
    Fila, ons brein is tot veel meer instaat as waartoe ons dit voor gebruik
    Ek verwag 'n ontploffing van kennis met ons onverganklike liggame..... "For we will know as we are known"
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  3. #1008
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by paidforinfull View Post
    2de aarde?

    'Bewoonbaar' en 'lewensvatbaar' is twee baie verskillende dinge.

    Ek is oortuig daarvan dat daar iets met daardie planeet verkeerd sal wees, en dat dit sal tekort skiet aan iets wat nodig is vir lewensvatbaarheid (temperatuur, suurstof, ens.)

    Net nog 'n gedagte:
    Se nou maar net daar is iewers 'n 'tweede aarde' wat lewensvatbaar is (en ek glo nie daar is nie), en mense kry dit reg om dit eendag te gaan koloniseer (wat baie onwaarskynlik is), of dat daar wel alreeds lewe is (wat ek ook nie glo nie, anders sou die Here dit vir ons genoem het), sou dit mos beteken dat Jesus Christus ook daarheen sou moes gaan om vir daardie wesens te sterf.

    Hmmmm..... ek dink nie so nie.
    Iets wat my net opval, is dat die eerste aarde saam met die eerste hemel verbrand gaan word en 'n nuwe hemel (waarin geen ander aarde was nie) en 'n nuwe aarde geskep gaan word. Die vraag is, as daar nog 'n aarde bestaan, sal hierdie aarde deel van die bestaande hemel wees? Ek dink tog mens kan met redelike sekerheid aanvaar, dat die Bybelverhaal net sin maak met een aarde en 'n hemel wat hierdie aarde gediend is. Of die aarde die tegniese middelpunt van die heelal is, is 'n ope vraag, maar weereens kan mens vanuit die Bybelverhaal aflei dat die aarde sentraal staan in die skepping van God, beide nou en ook in die ewige bedeling.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  4. #1009
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    Dit is BAIE goeie punte hierdie !
    Ek het al egter gewonder of daar sekere dinge is wat ons nie weet nie, bloot omrede dit nie in die Bybel staan nie, en dit perdalks niks met ons te make het nie. Indien daar wel "lewe" elders gevind word, in watter vorm ookal, wat beteken dit ? Gaan dit die fondamente van Christendom skud, of gaan dit bloot ons eie verstaan van God en Sy skepping vebreed ?
    Fila,

    Ek dink jy vra realistiese vrae, maar tog wil ek glo dat die Bybel ons genoeg inligting gee om 'n tweede 'aarde', saam met die een wat ons op is, te bevraagteken.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  5. #1010

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by CFJ View Post

    My verstaan is ook soos joune, maar daar is tog 'n paar teorië en denkrigtings wat mens kan beloer, al is dit nou net vir interesantheidswaarde. Een so 'n teorie is dat alle lewe inderdaad hier op aarde geskep is, maar dat organismes van hier af na ander planete "gesaai" kon gewees het, veral tydens die Sondvloed toe water kilometers in die lug ingestoot was ( volgens 'n ander teorie ) .
    Nou vir hierdie organismes om die trippie te oorleef, en dan nog boonop op 'n plek te land waar hulle kan voortbestaan is weglaatbaar klein, maar, soos ek sê, net een van baie teorië oor die onderwerp.
    Soos ek op 'n ander plek alreeds geskryf het, vermoed ek dat daar wel iets soos "ET's" is, maar dat dit heel moontlik die gevalle engele en/of demone is wat die Bybel vir ons leer wel bestaan.

  6. #1011
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    My verstaan is ook soos joune, maar daar is tog 'n paar teorië en denkrigtings wat mens kan beloer, al is dit nou net vir interesantheidswaarde. Een so 'n teorie is dat alle lewe inderdaad hier op aarde geskep is, maar dat organismes van hier af na ander planete "gesaai" kon gewees het, veral tydens die Sondvloed toe water kilometers in die lug ingestoot was ( volgens 'n ander teorie ) .
    Nou vir hierdie organismes om die trippie te oorleef, en dan nog boonop op 'n plek te land waar hulle kan voortbestaan is weglaatbaar klein, maar, soos ek sê, net een van baie teorië oor die onderwerp.
    Soos ek op 'n ander plek alreeds geskryf het, vermoed ek dat daar wel iets soos "ET's" is, maar dat dit heel moontlik die gevalle engele en/of demone is wat die Bybel vir ons leer wel bestaan.
    Jip, mens besef nie altyd die effek van wat die vloed alles kon behels nie en die ET's verstaan ek ook soos jy.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  7. #1012

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Dit word warm in die noorde ! (bron )

    Weste maak reg vir dreigement

    2012-01-10 07:06

    Den Haag – Die Weste berei hom aktief voor vir ’n Iranse versperring van die strategiese Straat van Hormoes, waardeur sowat ’n derde van die wêreld se olie vervoer word.

    Iran het verlede week gedreig om die straat te sluit indien die Europese Unie (EU) sou besluit om ’n olieboikot teen hom af te kondig in reaksie op sy ontwikkeling van kernwapens. Luidens berigte het diplomate van die 27 EU-lidlande onderling reeds konsensus oor ’n boikot bereik, maar die formele besluit sal eers op ’n spitsberaad einde vandeesmaand in Brussel geneem word.

    Volgens die Duitse nuustydskrif Focus het die Internasionale Energie-agentskap (IEA) besluit om ’n groot deel van die wêreld se oliereserwes beskikbaar te stel as die Iraniërs hul dreigement uitvoer. Volgens die tydskrif word glo gepraat van 14 miljoen vate olie per dag – vyf keer meer as wat tydens die Golfoorlog van 1990-’91 beskikbaar gestel is.

    Ook sal Saoedi-Arabië sy olieproduksie aansienlik laat styg. Op dié manier kan gekeer word dat die internasionale olieprys deur die dak vlieg.

    Brittanje het juis Maandag aangekondig dat sy allermodernste torpedojaer, HMS Daring, môre uit Portsmouth na die Persiese Golf sal vertrek. Die skip, wat nog maar enkele maande in diens is, is in staat om enige missiel te onderskep en sal aangewend word om die seevaartroete deur die Straat van Hormoes te beskerm.

    Die Britte het Maandag gesê dit gaan hier om ’n vaart wat reeds lank beplan is. Britse media vertolk dit egter as ’n regstreekse boodskap aan die Iranse regime.

    Iran het gister uitdagend gesê hy gaan ’n tweede reeks vlootoefeninge hou om te wys dat hy die straat kan sluit as hy wil. Militêre kenners meen Iran sal sy dreigement op kort termyn deur die gebruik van seemyne, klein aanvalsvaartuie en mobiele missiele aan land kan uitvoer, maar hy is nie opgewasse teen die Weste se oorweldigende vuurkrag nie.

    Intussen het Iran self bekend gemaak dat hy ’n tweede uraanverrykingsfabriek in diens geneem het. Dit is geleë by Fordow, naby die heilige stad Kom, en is blykbaar heeltemal ondergronds aangelê om vernietiging uit die lug te bemoeilik.

  8. #1013

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Die Filadelfieer View Post
    My verstaan is ook soos joune, maar daar is tog 'n paar teorië en denkrigtings wat mens kan beloer, al is dit nou net vir interesantheidswaarde. Een so 'n teorie is dat alle lewe inderdaad hier op aarde geskep is, maar dat organismes van hier af na ander planete "gesaai" kon gewees het, veral tydens die Sondvloed toe water kilometers in die lug ingestoot was ( volgens 'n ander teorie ) .
    Nou vir hierdie organismes om die trippie te oorleef, en dan nog boonop op 'n plek te land waar hulle kan voortbestaan is weglaatbaar klein, maar, soos ek sê, net een van baie teorië oor die onderwerp.
    Soos ek op 'n ander plek alreeds geskryf het, vermoed ek dat daar wel iets soos "ET's" is, maar dat dit heel moontlik die gevalle engele en/of demone is wat die Bybel vir ons leer wel bestaan.
    Hier is 'n nuusberig oor hoe so 'n saaiproses moontlik kan gebeur.

  9. #1014
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  10. #1015
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,469
    Blog Entries
    10

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by CFJ View Post
    Nou waar kom hulle van Jesus te hore as hulle nie die Bybel het nie
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  11. #1016
    Join Date
    Sep 2002
    Location
    Little Jerusalem, S-Africa
    Posts
    3,485

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by Ta-An View Post
    Nou waar kom hulle van Jesus te hore as hulle nie die Bybel het nie
    Dit is juis die probleem, dit is 'n ander 'Jesus' wat so gevolg moet word en nie die Jesus van die Bybel nie.
    The Lord is our Shepherd
    die Here sal voorsien
    it’s the only method
    glo dit en jy sal sien

    The power of His glory
    is the punch line of this story,
    ek staan verwonderd en tog
    het U alles volmaak besorg

  12. #1017
    Join Date
    Jul 2002
    Location
    In the land that is desperate for PEACE
    Posts
    15,469
    Blog Entries
    10

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    So hulle berei die mense voor vir die koms van die vals messias??
    Fenris: "There are two ways to shoot an arrow into a bulls-eye You can shoot the arrow into the bulls-eye or you can shoot the arrow and paint the bulls-eye wherever it hits"

    Romans 12:19 Don't seek revenge ... give place to God's wrath. For it is written "Vengeance belongs to me; I will repay, says the Lord"

    Isa. 30:32
    And every blow of the rod of punishment, which the Lord will lay on him, will be with the music of tambourines and lyres; And in battles, brandishing weapons, He will fight them

    G_d was gracious He has shown favor

    What are you willing to die for? Now live for it!

  13. #1018

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    http://www.telegraph.co.uk/news/cele...believers.html

    Hierdie is 'n eienaardige artikel wat handel oor ateiste wat vir hulself 'n tempel wil bou. Taamlik simpel, veral as mens in ag neem atteiste glo nie in gelowe nie.

  14. #1019
    Join Date
    Dec 2009
    Location
    Gauteng, South Africa
    Posts
    187

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Quote Originally Posted by RR van Wyk View Post
    http://www.telegraph.co.uk/news/cele...believers.html

    Hierdie is 'n eienaardige artikel wat handel oor ateiste wat vir hulself 'n tempel wil bou. Taamlik simpel, veral as mens in ag neem atteiste glo nie in gelowe nie.
    Dit lyk of daardie skakel stukkend is. Hier's een wat lyk of hy werk:

    http://www.telegraph.co.uk/news/cele...believers.html

  15. #1020
    Join Date
    Oct 2008
    Location
    Kalahari
    Posts
    759

    Re: Nuusflitse rakende eindtye en verwante sake

    Die wêreld raak alhoemeer godslasterlik....

    http://www.channel24.co.za/Movies/Ne...3-yrs-20120131

Thread Information

Users Browsing this Thread

There are currently 6 users browsing this thread. (0 members and 6 guests)

Similar Threads

  1. Inligting Roelof se Eindtyd Nuusflitse
    By Phil Fourie in forum Gesprek oor die Eindtye en Aktuele sake
    Replies: 1122
    Last Post: Feb 9th 2011, 07:36 AM

Bookmarks

Posting Permissions

  • You may not post new threads
  • You may not post replies
  • You may not post attachments
  • You may not edit your posts
  •