http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuu...-hier-20120311
Angus: ‘Bly net hier’
2012-03-11 21:42
Cobus Claassen
Polokwane. – Hou op negatief wees en kritiseer. Vergeet sommer ook van emigreer.
Dít was eergister mnr. Angus Buchan se boodskap hier aan sowat 5 000 mans wat ’n genadelose Bosveldson op die plaas Snymansdrift buite Polokwane getrotseer het vir ’n Mighty Men-saamtrek.
Dié charismatiese Skot het gesê hy loop deesdae baie mense raak wat moedeloos is en by die kruispad van hul *lewe is weens misdaad, stygende lewenskoste en die regering wat nie mense se belange voorop stel nie.
“Die besluit in baie mense se koppe is: Moet ons emigreer? Koop of verkoop? Hulle sien nie meer vir hulself ’n toekoms in die land nie.
“Om te emigreer gaan nie help nie; jy gaan jou probleme weer in Australië raakloop.
“Die oplossing lê nie in die parlement nie. Dit is gewone mense wat die land by hul huise, op die plaas en in die kantoor gaan verander.
“Ek sê vandag vir julle die beste kom nog (in die land).
“Maar julle moet eers jul huise in orde kry.”
Hy het gesê mense wat ’n verskil wil maak, moet eers rigting in hul lewe kry en die aangesig van God soek.
“Ek is positief. Waar anders ter wêreld kry jy manne en seuns wat ’n hele naweek in die son sit? Hulle is honger vir die waarheid en dit is Christen-mans wat die voorbeeld moet stel.”
Hy het pa’s wat nie in hul seuns se lewe betrokke is nie die leviete voorgelees.
“Om ’n baba te maak vat sekondes, maar om ’n pa te wees vat ’n leeftyd. Koester jou seun en wees onvoorwaardelik lief vir hom.”
Buchan het ná die tyd in ’n onderhoud aan Beeld gesê “die lewe op die pad” begin hom vang.
Hy reis die laaste paar jaar die wêreld vol om te preek.
“Ek is eensaam en mis my vrou en die plaas. Daar is baie opofferinge, maar hoe wonderlik is dit nie om die reistog saam met die Vader te stap nie. Ek hervat elke oggend om 04:00 my reistog wanneer ek met stiltetyd begin.”
Mnr. Francois Brits, die eienaar van Snymansdrift, het gesê die saamtrek sal beslis weer volgende jaar op sy plaas gehou word.
“Daar is ’n groot behoefte in dié streek. Selfs petroljoggies vra uit oor wat op die plaas gebeur.
Dit is my droom dat mans van alle bevolkingsgroepe volgende jaar sal kom,” het Brits gesê.




Reply With Quote







Ek dink net die bree gemeenskap mis uit op hieride uitreike. Sal dit nie wonderlik wees as ons die skole se stadions ook kan vol kry nie. Skool kinders is more se leiers, so ons moet ook daar invest.








Bookmarks