David,
Hoe vreemd het die titel van buite gelyk, toe ek vanoggend hier aankom en ek moes net kom kyk, wat is 'scrabble' en 'balderdash'. Hoekom is mens nie verbaas om hierdie metafore uit die mond van iemand soos Julian Muller te hoor nie? Ongelukkig gaan baie val vir hierdie werklik oneerlike omgang met die waarheid en as ek so na hierdie twee kyk, dan lyk hulle vir mens vanuit die Woord van die Here as volg:
Scrabble:
So spreek die HERE: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel. Maar hulle het gesê: Ons wil daarin nie wandel nie.
(Jer 6:16 AOV)
So dan, broeders, staan vas en hou julle aan die voorskrifte wat julle geleer is òf deur ‘n woord òf deur ‘n brief van ons.
(2Thes 2:15 AOV)
Balderdash:
Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang deur die geveinsdheid van leuenaars wat gebrandmerk is in hulle eie gewete,
(1Tim 4:1-2 AOV)
want daar sal ‘n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ‘n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels.
(2Tim 4:3-4 AOV)
Bookmarks