Wandel waar Jesus geloop het …
Israel, die Heilige land!
22 Aug. - 2 Sept. 2011


Toerleiers
Past. Dries en Margie van As Past. Roelof en Jana Grové
Liewe vriende
Na verskeie ernstige oorwegings en praktiese implikasies het ons besluit om ons vorige
Toerplan, wat vier dae in Turkye sou insluit, te verander. Ons bied nou aan u ‘n opwindende
toerplan wat Israel van suid na noord insluit, met talle plekke wat nie normaalweg deur
toergroepe besoek word nie.
Die datum is vasgemaak en die sitplekke op El Al bespreek – al wat u moet doen is om so gou


moontlik te
registreer en u paspoort in orde te kry om u deelname te verseker! Daar is

alreeds ‘n groot belangstelling. Laaste datum vir registrasie

15 April 2011.

Toerprys

R 24 990.00 per persoon wat deel. [Persone wat enkelkamers verlang betaal

R 7 050.00 ekstra]


Alles ingesluit [Vervoer, verblyf, versekering, twee etes per dag, fooitjies]
Deposito van R 2 670.00 betaalbaar by registrasie
Prys bereken op 40 deelnemende persone en @ R 7.50/$ [Finale prys word bereken
op sterkte vd Rand teen finale betaling]

Wisselende brandstof en lughawebelasting mag ook die finale prys beïnvloed.
Groep reisversekering vir persone onder 70
Depositos is ten volle terugbetaalbaar totdat daar ‘n minimum van 15 betalende
passasiers is. Daarna word dit by kansellasie verbeur.


Kontakpersone en nommers:
Pastoor Dries van As Pastoor Roelof Grové

082 413 8043
082 925 6295
016 971 4959 (Huis)
016 971 1882 (Huis)
016 971 1422 (Kantoor)
Voordat u registreer of betaal kontak ons eers asb!

SKEMATIESE UITEENSETTING VAN DIE REISPLAN

Dag 1: Maandag, 22 Aug, JOHANNESBURG – TEL AVIV

Ontmoet mekaar om 08:00 by die El Al toonbank van die O.R.Tambo Internasionale Lughawe. [Die wat naby Vaalpark woon vertrek 6:30 per bus na OT lughawe] Vertrek om 11:00 na Tel Aviv per oordag vlug. Reis na aankoms in Israel per bus na Berséba in die Negev woestyn waar ons oornag in die Leonardo Negev Hotel.

Dag 2: Dins, 23 Aug, BERSEBA - EILAT

Arriveer midoggend in Eilat en boek in by die Caesar Hotel. Geniet ‘n drie ure bootvaart op die Rooi See, braai ingesluit, en swem vanaf boot in die wonderskone blou water. Res van die dag vry om Eilat te verken.

Dag 3: Woens, 24 Aug, EILAT

Dag vry. U kan die beroemde stad in die berge nl. Petra in Jordanië gaan besoek, of swem saam met die dolfyne, of ‘n besoek bring aan die asemrowende onderwater observatorium, of duik [ Kostes addisioneel.], of net die dag rustig deurbring.


Die idee is ‘n kort vakansie voordat ons met die geestelike toer begin.

Dag 4: Don, 25 Aug, TIMNA PARK - MASADA - DOOIE SEE


Reis noordwaarts begin. Besoek replika van tenttabernakel in Timnapark by Salomo se kopermyne, reis per kabelspoor na die kruin van Masada, by die Dooie See, waar 960 Jode die magtige Romeinse Ryk uitgedaag het, dryf op die soutwater en oornag in die Leonardo Inn Hotel.

Dag 5: Vry, 26 Aug, EIN GEDI – QUMRAN – JERIGO – TIBERIAS


Besoek Ein Gedi waar Dawid vir Saul geskuil het. Daarna doen ons aan by Qumran waar die Dooie See rolle ontdek is. Indien moontlik besoek ons ook die oorspronklike doopplek van Johannes die Doper, waarna ons deur Jerigo, die oudste stad in die wêreld ry. Besigtig daar die berg van versoeking, Saggeus se vyeboom en Elisa se fontein. Reis verder na

Tiberias aan die See van Galilea, waar ons inboek in die
Prima Too Hotel.

Dag 6: Sat, 27 Aug, DIE SEE VAN GALILEA EN GOLAN HOOGLANDE

Besoek die plekke waar Jesus vir drie jaar gewoon, beweeg en bedien het, soos Kapernaum, Mensa Christi, Berg van Saligsprekinge en Banias. Vaar per boot op die see van Galilea, besoek die bootmuseum en besigtig 2000jr oue ‘Jesus’ boot. Geniet ‘n tradisionele ‘Petrus’ visete. Reis op die Golanhooglande en besoek die Tel Fager loopgrawe waar hewige gevegte met Sirië in 1967 plaasgevind het. Kyk ook van hier uit oor Sirië en die Damaskuspad waar Paulus tot bekering gekom het. In die aand geniet ons die talle interessanthede van die Tiberias waterfront.

Dag 7: Son, 28 Aug, NASARET – KARMEL – ROSH HANIKRA – CAESAREA – JERUSALEM


Reis vandag na Nasaret waar Jesus opgegroei het. Besoek ‘Nazareth Village’ en sien hoe mense in Jesus se tyd geleef het. Vandaar beweeg ons oor die Jisreël [Armageddon] vlakte na die kruin van berg Karmel waar Elia met die Baälprofete afgereken het. Dan reis ons na die heel Noord Westelike Grens van Israel, na Rosh Hanikra waar ons per kabelspoor die asemrowende kalksteengrotte op die grens van Libanon besoek. Op pad na Jerusalem doen ons aan by Caesarea waar Pilates gewoon het, en waarvandaan Paulus sy sendingreise onderneem het. Oornag vir die volgende vyf nagte in die Ramat Rachel Hotel in Jerusalem.

Dag 8: Maan, 29 Aug, BETHLEHEM – HERODIAN

Besoek vandag die geboortedorp van Jesus waar ons oa die Herdersvelde aandoen. Besoek daarna een van Herodus se paleise nl. die Herodian.

Dag 9 & 10, Dins & Woens, 30 & 31 Aug, JERUSALEM

Besoek gedurende hierdie twee dae al die belangrike plekke soos die Olyfberg, tuin van Getsemane, Kajafas se huis, Bovertrek, Dawid se graf, Golgota en tuingraf. Wandel deur die strate van die ou stad, bid by die Klaagmuur ens. Lê ook ‘n opwindende besoek af by ‘Die stad van Dawid’, en loop deur die beroemde tonnel wat Hiskia gegrawe het. Doen ook aan by die Yad Vashem museum waar die hartseer verhaal vd Holocaust uitgebeeld word. In die aande is ons vry om oa te gaan wandel in Ben Yehudastraat met sy talle Joodse winkeltjies en interessante naglewe.

Dag 11: Don, 1 Sept JERUSALEM

Dag vry om Jerusalem op u eie te verken – sien aangehegte lys van besienswaardighede.

Dag 12: Vry, 2 Sept , word om 1:30 na lughawe oorgeplaas vir dagvlug na Suid Afrika.

Arriveer ongeveer 14:00 in Suid Afrika met groot heimweë!

Belangrik!
Bogenoemde toerplan is slegs die basiese skedule. Ons agent is ‘n gebore

Israeli wat die land deur en deur ken, – ter enigertyd kan ons van die roete afwyk om

plekke te besoek waarvan ander toergroepe nie bewus is nie.

Wat u ook moet weet!
Ons neem u na Israel om u die ‘storie agter die storie’ te gaan vertel. Dit gaan veral oor ‘n geestelike ondervinding en ‘n ontmoeting met die Here Jesus. Na hierdie toer gaan u u Bybel en die eindtye beter verstaan. U gaan die belangrikheid van Israel as God se horlosie besef, en u gaan in u geestesoor die voetstappe van die Messias hoor!
Sien daarna uit om saam met u in die voetspore van Jesus te gaan wandel!

OPSIONELE PLEKKE OM OP EIE TE BESOEK - JERUSALEM

[Nie ingesluit in prys]
Gedurende die afdag in Jerusalem is u natuurlik vry om die stad op u eie te verken.[Taxis en busdienste is veilig en
goedkoop.] Hier dink ons aan:

Die Tempelinstituut, waar verskeie artikels vd die derde Tempel vertoon word. [Klein fooitjie]

Verskeie museums soos oa die beroemde ‘Israel Museum’. [Klein fooitjie]

Die Westelike muur Tonnels. [Klein fooitjie]

Die moderne Malha Mall, ook bekend as die Jerusalem Mall, inkopiesentrum.

Die Knesset of Joodse Parlement.

Oosterse winkeltjies in die Ou Stad.

Plekke waar ons was, maar waar u persoonlik meer tyd wil deurbring, soos die Klaagmuur ens.

As toerleiers kan ons u ook begelei op ‘n nie-amptelike toer na interessante plekke in die Ou Stad, met sy vier wêrelde

in een, nl die Joodse- ; Christen-, Armeense-; en Moslem kwartiere.

In die aande verf ons natuurlik die omgewing waar ons oornag se strate rooi, bv. die waterfront van Tiberias,
Ben Yehudastraat in Jerusalem ens.
“ .. gaan na die land
van Israel ..!”
Matt. 2:20