Diversiteit?
Ek plaas hierdie onderwerp onder Christene antwoord nie-Christene, want daar bestaan 'n tendens onder baie kerke om sg. "diversiteitsforums" op die been te bring waar die bedoeling is om in gesprek en dialoog te tree met ander kulture, kerkverbande en ook mense met 'n ander geloof. Die neiging is egter eerder om die Christelike unieke identiteit prys te gee en as't ware hande te vat oor geloofsgrensgrense en kultuurgrense heen. Ek het self bietjie gaan deel neem aan die diversiteitsforum van die NG kerk en probeer uitvind of hulle die Christelike identiteit prysgee in so 'n forum, en of hulle werklik "diverse" geloofsoortuigings toelaat, en 'n artikel oor diversiteit geskryf.
Wat is julle gevoel hieroor?
Joh 8:32 "And you shall know the truth, and the truth shall make you free."
Bookmarks